2019 Jag. Kom deel jou geluk.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ok manne hier is dit nou as jy wonder of ons jou bok en jag trip se foto's wil sien.
Ja ons wil.
Wens iemand geluk
Geniet ander se sukses
Koop sommer nog 'n geweer.
Daar is genoeg negatiewe dinge daar buite so kom raak positief hier.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190530/cc1a8c6fdb1db4e54a0c1fe02bf319d2.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190530/c4861cf15e6544803ee2171104b0a74d.jpg
Koos Barnard se bokke.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190530/c4861cf15e6544803ee2171104b0a74d.jpg
Koos Barnard se bokke.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Dankie vir die hulp Tau. Hier is die storie.
Ek was op 'n private jag op Otterskloof in die Vrystaat en het 'n .243 gebruik wat deur Danie Joubert vir my aanmekaar geslaan is. Dit is op 'n Oberndorf Mauseraksie gebou en Danie het pasmaak teleskoopbasisse gemaak. My tyd was min vir ladings ontwikkel so ek het sommer net 80gr Sierras gevat en 'n minimum lading met Varget-kruit gebruik. Die groepering was aanvaarbaar vir skote tot op 200m en dis wat ek toe sommer gebruik het. Ek het 'n Swarovski 3-10x42-teleskoop op die geweer gemonteer.
Soos die geluk dit wou hê het my besoek geval tussen die jagte van twee groot groepe, so ek het die 14 000ha-eiendom vir ses dae net vir myself gehad. My doel was nie om 'n klomp bokke te skiet nie, ek wou net twee skiet. Die blesbok het eerste aan die beurt gekom en dit het my nogal lank geneem want die area waarin die blesbokke loop is baie oop. Na een vrugtelose en baie lang bekruiptog het die bokke my gewaar - die hele vlakte was vol wild... springbokke, blesbokke en swartwildebeeste. daarna het dit gesykkel want die bokke het so in die ooptes gebly dat ek glad nie naby genoeg kon kom nie. Net so na die middag sien ek toe 'n blesbokram wat lê redelik naby aan 'n gedeelte waar daar 'n paar bome en bosse is. Ek het begin bekruip maar die ram het my ook gewaar. Toe hy opspring en in my rigting kyk het ek plat in die gras gaan lê en maar net gewag. Na sowat 15 minute het hy na links gestap, maar aanhoudend in my rigting gekyk. Dit wou voorkom asof hy nie geweet het waarna hy kyk nie. Skuins links voor my het twee kareebome gestaan, ongeveer 10m uit mekaar. Die ram het agter die verste een verdwyn maar nie aan die ander kant te voorskyn gekom nie. Na sowat 10 minute se wag het ek besluit om reg agter die twee bome langs te bekruip tot by die voorste boom wat 'n grote was. Daar aangekom het ek plat op my maag gaan lê en versigtig onder die takke langs omgeskuif tot langs die stam. Die blesbok het toe sowaar agter die boom gaan lê op 'n mishoop. Hy het skuins na my toe gelê en gedurig rondgekyk. Die onderste deel van sy lyf was agter die gras wat tussen die boom en die mishoop was. Eers wou ek die bok in die kop skiet want hy was net 151m ver. Maar omdat hy so rondgekyk het en ek alleen was, het ek besluit om die veilige roete te gaan en vir die blad te skiet. Ek wou egter hê dat hy opstaan, maar dit het nie gebeur nie.
Na sowat 'n uur het ek na hom geroep maar hy het net rondgekyk sonder om op te staan. Ek wou nie te hard roep nie omdat ek bang was hy sou net opspring en weghardloop. Teen daardie tyd het my rug so seer begin raak dat ek besluit het om hom met 'n hoë skouerskoot te te probeer plattrek. Dit het gelukkig gewerk en die 80gr-koeëltjie het die ram op die plek gedood.
Ek het die rooibok twee dae later geskiet nadat ek sewe ramme van die oggend net na 9-uur begin jag het totdat ek die groot ram uiteinelik net so na 4-uur geskiet het. Die deel waarin ek die rooibokke gejag het kan 'n mens maar 'n vallei noem. Dis 'n plat stuk tussen twee baie hoë rante (eintlik berge). Aan die voet van die een rant loop 'n rivier met digte bosse. Nadat ek die rooibokke gewaar het vanaf die rant (met die verkyker) het ek hulle begin bekruip. Die wind het egter baie gewarrel en my telkens weggegee. Die ramme is later in 'n ruie bosklofie aan die voet van die een rantereeks in. Daar het ek lank na hulle gesoek en was drie keer binne 50m van hulle af sonder om 'n oop skoot te kry. Die wind het my elke keer weggegee en na die laaste keer is die ramme weer uit die klofie in die plat valleigedeelte in. Onder hulle was die ram wat ek geskiet het. Hy het uitgestaan bo die ander wat grootte betref (ligaamsbou) en ek wou hom graag skiet.
Toe die bokke uit die boskloof hardloop het die groot ram weggeswaai van die ander en koers gekies na die digte bome langs die rivierloop. Ek het hom dopgehou van 'n rotsknoppie af totdat hy in die digste deel van die bosse verdwyn het. Na 'n paar minute het ek hom weer dofweg tussen die bosse sien beweeg deur my verkyker. Hy het 'n paar treë gestap en toe gaan staan. Toe weer gestap en verdwyn. Na 'n paar minute se wag het ek besluit om die vlakte te kruis, wyd om die plek te loop waar ek hom gesien het en die berg/rant aan die anderkant van die rivier te klim. Ek sou dan agter die rant langs beweeg tot bo die plek waar ek hom laas gesien het en hoop hy is nog daar. Na seker goed 'n uur was ek op die kruin van die rant met die rivier en digte bosse reg onder my. Skuins regs van my het 'n klompie blouwildebeeste uit die bos gekom. van die ram was daar geen teken nie en ek het begin dink dat hy reeds aangestap het. Maar toe trek 'n beweging reg onder my, my aandag. Die rooibok het sy stert geswaai. Hy het in 'n baie digte kol bome gestaan en ws selfs met die verkyker redelik moeilik omte sien. Daar was geen manier om te skiet nie agv die baie takke. Ek het sowat drie meter laer geklim na 'n lekker plat rots waaroor ek kon skiet en gewag.
Na seker so 15 tot 20 minute het die blouwildebeeste nader aan die rooibok beweeg en toe stap hy skielik na regs en gaan steek in 'n oop kolletjie vas. Hy was 102m reg onder my. Sy nek en kop ws agter takke so ek het vir die blad geskiet en die 80gr Sierra het met 'n luide "dup" getref. Die ram het weggespring maar skaars 30m verder neergeslaan. Ek is berg af en het gou die pens uitgehaal. Daarna het ek aangestap na die lodge toe wat so 'n bietjie oor die 2km weg was. daar aangekom het die plaaswerker vir my gesê ek moet hom net verduidelik waar die bok lê hy sl dit sommer met die trekker gaan haal. Hy het na donker eers teruggekom met die nuus dat hy nie die bok kon kry nie.
Ek kon dit nie glo nie want ek het mooi verduidelik. Ons is toe saam daar weg met my bakkie en die GPS. Toe ons van die bakkie af stap en die digte bos nader sê die man (Thabiso is sy naam): "Meneer moet tog mooi rondom in die bosse lig, ek het die witrenosterkoei met die klein kalfie en 'n bul hier sien af beweeg teen skemer. Toe weet ek hoekom hy nie die bok wou kry nie. Ons is versigtig vorentoe... deur die rivier en toe in die digte kol bosse in. Volgens die GPS was die bok nog so 40m weg. Net toe stap ons tussen die renosters in. Regs van skaars 5m weg het ek een groot vaal lyf gesien en toe kraak die bos links en regs van ons. ek weet nie wie die grootste geskrik het nie, ons of die renosters, maar as die takke so breek en jy weet nie of die diere storm of weghardloop nie, kry jou voete vlerke. Voor jy kon sê witrenoster was ek in die mik van 'n soetdoring. Thabiso het soos 'n skim net verdwyn. Toe die bos stil raak het ek na hom geroep. Hy was ongedeerd en ons is katvoet verder na die bok toe. daar aangekom het ek besef twee man gaan te moeilik dra in die ruie bos en thabiso is maar 'n liggewig. Ek vra hom toe om te help dat ons die ram op my skouers tel sodat ek hom kan dra (net oor die 300m na die bakkie toe). Thabiso het egter glad nie daarin belanggestel nie. Hy het net die bosse dopgehou. Ek kon hom nie oortuig dat witrenosters eintlik nie gevaarlik is nie. "Meneer kan ek nie asb maar die bok môre kom haal nie, vra hy toe." Ek moes maar toegee.
Ek het die volgende oggend halfvier reeds gery Kaap toe, so Thabiso het toe die bok alleen gaan haal. Ek sou graag by wou wees om die ram te weeg want ek dink dis die swaarste rooibok wat ek ooit in my lewe geskiet het.
Nou ja, so het my storie op Otterskloof toe geloop.
Mooi loop

Shakes
- Newbie

- Posts: 28
- Joined: Mon Apr 30, 2012 9:13 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Het verlede naweek 'n baie lekker jag in Tolwe gehad.
Groep van 9 manne darem so 22 diere bymekaar gemaak vir bakkie ry.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Daardie Blouwildebeeste in die agtergrond ek wil een van hulle hierdie naweek daar op die plaas skiet en ek wil hom met my 3006 skiet met 180 gr Rhino penetrators.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 384
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ek kon ook darm sover 1 wildebees op die bakkie laat ry vir die jaar !
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Vasbrand
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Wed Feb 10, 2016 12:29 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Kon darm al 2 blesbokke plat trek so maand terug in Kroonstad se area. Swaarste blesbok het 51kg uitgeslag..
Hoogtepunt van die jag is n vriend wat 3 blesbokke op 380m, 385m en 417m net sy 308 Thompson geskiet het..
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190530/c8925e1395339ec26e231857be243b52.jpg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ek en n vriend het Saterdag gou vir die oggend op ‘n plaas in Greylingstad gaan SWB skiet. Die plaas is volop met diere so daar was nie lank gewag om iets onder oe te kry nie.
Hierdie ene het vir my gestaan en kyk, my prakties uitgedaag om hom aan te vat. Gemors was dat hy net kop, bors en voorbene gewys het. Daar was nie sprake van n bladskoot nie, maar gelukkig was hy net so oor die 120m so ek kon maklik onderskei tussen die onderkant van die bors en die borshare.
Ek besluit toe om die skoot te neem, net so 3 duim bo die onderkant van die bors. Hierdie bul was verseker nie lus om tou op te gee nie, so hy spin toe daar weg maar maak dit net so 50m. Hy het so n klomp keer wheelies gegooi, al in die rondte, toe besluit hy hy sal maar gaan rus vir ‘n bietjie. Die hele tyd het ek en my vriend ons roere op hom om seker te maak die turbo skop nie te hard in nie.
Nou, die manne praat van die lood pille wat wildebeeste gesond maak, maar dit wil my blyk soliede koper werk net so goed. Die 165gr GMX is regdeur die hart en het fantasties gewerk. Ons het hom in die lies, reg onder die vel gekry. Die punt is geweeg op 163.9gr, so lyk my al wat hy verloor het was die plastiek gedeelte van die punt self.
Die plaas is ook vol Blesbokke en die versoeking was groot om een van hulle ook plat te trek. Ek moes myself maar in toom hou, ek het immers nog twee trippies hierdie seisoen beplan. Mamma gaan kwaad wees as ek nog ‘n vrieskas moet koop omdat ek nie matigheid kan toepas nie.

FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Lekker manne. Paar mooi bokke wat al geskiet is.
Ek en Ruben het daar in Vryburg se wereld gaan draai.
Elkeen het 'n blesbok, springbok en rooihartbees geskiet.
Springbokke was van die bakkie af met die 243. Blesbokke het ons bekruip en met die 243 met die silencer het ek en hy vinnig direk na mekaar elkeen 'n blesbok geskiet. Hul het nie idee gehad waar die eerste skoot vandaan gekom het nie.
Ruben se Rooihartbees het ons ook gestap. Hy het die bul met die 375 geskiet. Met die silencer en kwik in die kolf is die recoil op die geweer baie min vir die kaliber. Mannetjie skiet baie lekker van die skietstokke af.
Sien uit na ons volgende jag einde Junie in Naboom se wereld.
Ek en Ruben het daar in Vryburg se wereld gaan draai.
Elkeen het 'n blesbok, springbok en rooihartbees geskiet.
Springbokke was van die bakkie af met die 243. Blesbokke het ons bekruip en met die 243 met die silencer het ek en hy vinnig direk na mekaar elkeen 'n blesbok geskiet. Hul het nie idee gehad waar die eerste skoot vandaan gekom het nie.
Ruben se Rooihartbees het ons ook gestap. Hy het die bul met die 375 geskiet. Met die silencer en kwik in die kolf is die recoil op die geweer baie min vir die kaliber. Mannetjie skiet baie lekker van die skietstokke af.
Sien uit na ons volgende jag einde Junie in Naboom se wereld.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Netjiese manne. Dankie vir die deel.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Baie geluk met die bokke.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Nou daardie blouwildebeeste in die agtergrond het toe geval die naweek maar hier is my storieNicoSmit wrote:Daardie Blouwildebeeste in die agtergrond ek wil een van hulle hierdie naweek daar op die plaas skiet en ek wil hom met my 3006 skiet met 180 gr Rhino penetrators.
Donderdag middag is ek net na 13:00 uit Pretoria weg plaas toe daar anderkant Nylstroom Ek het my ander jagpelle by die Kranskop petroport gekry en van daar af is ons toe plaas toe . Oom Google het ons tot by die plaas hek gebring . Maar daar was 2 hekke reg oor mekaar en geen bordjies nie toe draai ons maar regs en beland toe mooi op die verkeerde plaas na 'n oproep na die plaas eienaar is ons toe terug na die grond pad en vat toe die linkerkantse hek .Gelukkig het dit toe mooi uitgewerk en ons is toe so bietjie later as wat ons beplan het op die plaas .
Na daar gou afgepak is, is ons saam met die bakkie uit om 'n gekweste bwb te gaan soek wat een van die ander jagters wat vroeer op die plaas was geskiet het . Die veld daar is baie ruig en al hoe jy daar skiet is maar jy soek met die bakkie en as jy iets kry klim jy af en probeer dan op die voet te skiet van loop en jag is daar nie sprake nie so jy kan net in die padjies loop. Teen laat migddag is die bwb nog nie nie gekry nie en die soekery is tot die volgende oggend laat oorstaan.
Ek en die gids is die volgende oggend te voet na 'n ou kraal waar ons gaan sit en wag het vir bwb of rooibokke maar die oggend het niks opgelewer nie en so teen 12:00 het die bakkie ons kom oplaai . Op pad terug na die kamp het ons so draai gery na 'n pan waar dit darem oop was . Die volgende oomblik toe spring daar 'n trop bwb uit die bos reg voor ons in (as jy dit gewaag het om af te klim was hulle weer terug in die ruigtes ) het 'n mooi jong koei reg langs die pad oop en alleen gaan staan so +/-75 m en die skoot was aan ek het die kruishaar mooi in die middel van die bok net agter die blad gesit en lood gegooi sy het hoog in die lug gespring toe die 180gr Rhino penetrator haar tref .Toe is dit ghaos dit was net bwb wat orals uit die bosse gepeul het . Vir 'n oomblik het ek haar uit die oog verloor toe die trop na die pan se kant hardloop en daar is dadelik gekyk vir een wat dalk gekwes kan wees maar die doodsbalk van haar het enige twyfel soos mis voor die son laat verdwyn . Sy het skaars 20 tree ver gehardloop voor sy geval het met 'n mooi longskoot.
Rooibokke was volgende op die spyskaart maar na 'n hele oggend en middag se soek het ek maar toe die aand na 'n lekker Skaapkerrie potjie en 'n Germaanse versnappering besluit dat die beter opsie maar dan 'n blesbok sal wees . Ons het met die bakkie die bosse ingevaar Saterdag middag en gaan soek .Na 'n gesoek het ons hulle in die bosse teen die lyndraad gekry maar hulle is met die spoed van witlig weer terug in die bosse .Toe is dit maar afklim en agter hulle aan maar daar was geen skiet kans gewees nie die bosse was te ruig gewees en ek wou nie 'n kans vat om soos Rambo deur die bosse te skiet nie. Na amper 'n uur se kat en muis spelery beweeg hulle toe in die pan in en toe begin die bekruip maar sodra ons in skiet afstand kom beweeg hulle weer net so entjie voorentoe .Uit einde was ek laat toe die bakkie kom en doen toe maar 'n Vrystaat bekruip met die bakkie en op 200m gaan staan die bok mooi plank dwars en kyk vir my dis toe die 30 06 met 'n 165 Hornady interlock sy ding doen en hom so laat styer toe hy getref word . Die jag was een van die moeilikste nog en ongelukkig is altwee bokke van die bakkie afgeskiet in die bosveld nogal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- 30-0Kwes
- Full Member

- Posts: 133
- Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
My Swb van Saterdag. Bull was 90.8kg Sondag toe ek hom aflaai by slaghuis.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
desert fox
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Dec 09, 2015 10:12 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Goeie werk manne!
Ek moet nog vasbyt tot middel Julie vir ons jag...

.22 Voere
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ
"Hou die doppe in die lug!"
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ
"Hou die doppe in die lug!"
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Woutie hou tog net jou kep op dat die foto's mooi kan weesdesert fox wrote:Goeie werk manne!
Ek moet nog vasbyt tot middel Julie vir ons jag...
Geluk aan die manne weereens. Ons besef nie aldag hoe bevooreg ons is nie. Ek is nou lus vir wilds biltong!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Wow dit is groot vir SWB. Baie geluk.30-0Kwes wrote:My Swb van Saterdag. Bull was 90.8kg Sondag toe ek hom aflaai by slaghuis.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ja is n lekker groot bees, die een wat Stompe 2018 so lekker ver geskiet het was net so oor die 90kg na 2dae se hang en ons het gepoep om hom rond te dra
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- 22-250 Sniper
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Goeie naweek gehad met n paar oulike skote ek is veral trots op my Rietbok hy het n kopskoot op 407 mt gevat [IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201906 ... f6523f.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201906 ... 5f0515.jpg[/IMG]
Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk

GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
22-250 Sniper wrote:Goeie naweek gehad met n paar oulike skote ek is veral trots op my Rietbok hy het n kopskoot op 407 mt gevat //uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/16a3dabaf43ad714ef9a072640f6523f.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/ab4ea49dacc362af945e3817ee5f0515.jpg
Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Baie geluk. Hoeveel slag so rietbok uit?22-250 Sniper wrote:Goeie naweek gehad met n paar oulike skote ek is veral trots op my Rietbok hy het n kopskoot op 407 mt gevat
Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Môre julle,
Ons klomp was die naweek bietjie Aberdeen toe.
Ek kon darem 'n kudu bul en 4 springbokke plattrek.
Dit was 'n baie lekker jag naweek en ons kon darem 'n hele klompie bokke huis toe bring.
Groete
Ockert
Ons klomp was die naweek bietjie Aberdeen toe.
Ek kon darem 'n kudu bul en 4 springbokke plattrek.
Dit was 'n baie lekker jag naweek en ons kon darem 'n hele klompie bokke huis toe bring.
Groete
Ockert
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
lekker Ockert, hoe is bokke se kondisie?
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Die bokke se kondisie is baie goed. Die kudu is eintlik al 'n ouerige bul, maar nie baie groot nie. Hy moes in die droogte groot geraak het, want sy karkas is nie baie groot nie en hy het ook amper niks strepe nie. Hy het so 126 kg karkas met vel geweeg.ruaanb wrote:lekker Ockert, hoe is bokke se kondisie?
Die springbokke was ook baie mooi. So ook die ander wild wat ons geskiet het.
Groete
Ockert
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Was saam met 'n vriend op 'n koedoejag in Ellisras, kon darem nou nie die kans laat verbygaan om padkos bymekaar te maak vir die trip in Junie na Namibië nie...
https://i.imgur.com/UADY8cT.jpg
https://i.imgur.com/UADY8cT.jpg