2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Ja die groot naweek het aan gebreek.
Dit was tyd dat my dogter (9jaar oud) haar eerste bok plat trek.
My groot vriend Wouter Roets het dit goed gedink dat ek en Nats saam alleen in die veld ingaan om die spesiale geleendheid te deel. Geen gids of iemand net ons 2.
Hy het vir ons sy plaas beskikbaar gestel, en ook vir Nats haar eertse bok geskenk.
Baas Wout my groote ou vriend. Ek dank God dat hy vir my en jou in vriendskaps band gestel het. Ons deel 2 passies wat hoogste dele in ons lewens tel, ons gesin en jag/gewere.
Dankie vir die besonderse fantastiese naweek wat ons saam met jou en jou amasing gesin kon deel. Julle is sout van die aarde en 'n vriendskap tussen ons, ons vrouens en kinders is gesme? wat vir ewig sterk sal staan.
Dankie ook aan Janus en sy vrou vir die tydjie wat hulle daar was en lekker saam gekuier het.
Oom Koos baie dankie vir jou ook wat die naweek met ons gedeel het en al die stories wat ons kon uitruil.
Manne hier gaan hy.
Die veld was reig en ek en sussa het besluit ons gaan 'n draai ry net om te kyk hoe die veld lyk en wat die wind maak, die plan was om toe maar te gaan voorsit omdat so reig is, maar nie voor ons eers bietjie probeer stap en kyk het nie.
Ons het toe by water/lek gat gaan sit later nadat ons deur die veld gestap het die voertuig was so 500meter weg gelos en ons het so detour deur die veld gevat.
So 20 minute teen die sinkdam se wal gesit en rooibok ooi kom in. Sy weet nie van ons nie, die skadu bedek ons goed.Die probleem is elke keer as sy tot stilstand kom dan staan sy agter 'n bos en daar is geen skoot nie. So hou sy vir ons 'n uur lank op aandag en toe skielik kom daar 'n warrel in die wind en sy ruik ons, weg hol sy toe.
Sus is redelik omgekrap maar sy het baie goeie geduld aan die dag gel?. Ons besluit toe om die voertuig te gaan gaal en koppie koffie te gaan nuttig en dalk na minder reig area te gaan. Net by die voertuig aan gekom en oor die skouer geloer daar staan troppie rooibokke, ek s? toe nee wat die koffie moet wag kom ons gaan kyk of ons hulle kan bekruip. Ons bekruip hulle toe tot so 160meter, maar ek was nie heel oplettend nie en mis die blouwilde beeste wat in die veld regs van ons staan. Toe hulle weg vlieg weet ek nie wie het groter geskrik ons of hulle nie, noodloos om te s? die rooibokke kry toe ook 'n skrik en is met blits daar weg. Ons hou die rigting dop waarin hulle beweeg en ek maak 'n berekende besluit om net in die pad te kom en effens aan te stap, dit tel toe absoluut in ons guns, want kort voor lank sien ons die eerste ram daar voor oor die pad beweeg. Ons stap toe vinnig nader om bietjie afstand op te maak. Die wind was mooi in ons guns en get bietjie sterker gewaai so die voetstappe se klank was ook redelik gedemp.
Ek maak toe die Harris bipod se pote oop en Natalese gaan sit plat op haar agterstewe. Sy steun haarslef toe effens deur met haar rug teen my bene te gaan sit. Sy haal toe die K98 aksie van die 243 oor en druk een van die Hornady Interbond 85gr rondtes in die kamer oor. Ek gebruik my Leupold RX 600 Rangefinder en die afstand meet toe 218meter. Ek vra haar of sy reg voel want dit is ver, en ek weet in my agter kop ons het net geoefen tot op 100meter. Sy s? toe dat sy reg is en voel sy kan maar skiet. Daar stap toe nog 2 knyp koppe oor en ek s? vir haar "AS Hulle stil staan en jy het die skoot kan jy maar gooi" Ek fluit 'n eerste keer, maar die twee hou net aan stap. Ek fluit toe effens harder en toe gaan staan hulle en kyk in ons rigting. Sy vra toe, "Pa, kan ek maar skiet?" en ek antwoord "Ja my kind" en net daar loop die skoot. Aan die ander kant hoor ek hoe klap die skoot kliphard en ek weet dit is 'n 'Solid shot" my hart klop in my keel my bors is breed en sy kyk vir my en s? "Pa hy is daar, ek het hom" Die twee Knypkop ramme vlieg dar weg beweeg regs oor die pad en toe paar sekondes later beweeg net eeen weer links oor en ek weet daai ram l? net daar iewers.
Ons stap nader en ek wys vir haar hoe mens 'n merker moet h? waar die bok omtrent was, ook kry sy kans om die bloed op die grond te sien en sommer vinnig tel sy op hoe om die spoor te volg en daar l? hy.
Ek het nog net 2 keer in my lewe so trots gevoel. Die Dag toe sy gebore is, die dag toe sy op 6jarige ouderdom Springbok klere vir Karate gekry het en nou met die eerste bok. Dit was amazing.
Die skoot het presies op die knoppe getref, effen laer as wat mens kan s? is perfek, maar dit was my fout want met die opgewondenheid het ek vergeet om vir haar te s? om klein bietjie ho?r te mik. Maar nogtans in my o? perfekte skoot.
Pa en dogetr Natalese
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/011.jpg[/img]
Oom Wout by
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... /017-1.jpg[/img]
Sus word gedoop
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/020.jpg[/img]
Nou is sy deel van die jagters geledere
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/021.jpg[/img]
mamma het toe ook nie teleur gestel nie. Sy het 'n pragtige vet blesbok ooi geskiet.Sy het quarter toward gestaan na links Sy het ook met die 243 Win geskiet
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/115.jpg[/img]

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Jagtersdok
Jy kan opreg trots voel.
Hoop net jy het n haelgeweer ook want jy gaan hom nodig h? oor n paar jaar met so n pragtige dogter.
S? vir hulle baie geluk.
Mooigegooi.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Baie netjies my maat, se geluk aan jou meisie kind en aan vroulief ook.
Wouter dis n baie mooi gebaar van jou!!!
Groetnis

- Dewie
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Halo oom Jagtersdok
Baie geluk met oom se dogter en vrou,
hule bokke lyk sommer mooi
Dit moes seker baie lekker gewees het
Groete
Dewie
Baie geluk met oom se dogter en vrou,
hule bokke lyk sommer mooi
Dit moes seker baie lekker gewees het
Groete
Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Dok Neels,
Baie geluk my ou groot maat! Dis beslis 'n voorreg om so iets met jou gesin te deel!
(Jy moet maar 'n nuwe camo baadjie kry, daai ene se nate het geskeur sien ek)
Baas Wout!
Ou hings! Dis great van jou om so vir die jong jagtertjies te sorg!
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Baie geluk Neels!!!
Dis nou n lekke manier om familie tyd te he.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Jagtersdok!
Ai man - ek kry sommer 'n knop in my keel as jy so van jou dogter en vrou praat! Man se gesin is die belangrikste aardse se?ning wat die Goeie Vader ons kan gee.
Baie geluk aan Natalese en vroulief en mag julle nog vele sulke dae in die veld saam beleef!!
Wouter - jy klink ook vir my na sout van die aarde!! Aardse goed kan nie opmaak vir die plesier wat dit mens gee om dit te deel met dankbare mense nie. Baie mooi gebaar.
Groetnis.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Dis nou 'n lekerrrr storie om die Woensdag mee af te sluit...Ek's seker al die betrokke partye gaan dit vir altyd onthou en nog lank daaroor gesels om die vure!
Klink my nog 'n nuwe jagter is gebore
Klink my nog 'n nuwe jagter is gebore
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Ja na al die ops en afs met die vuurwapenwet ens. is dit baie lekker om te vind dat familibande so gesmee word. Kinders is die jagtoekoms en ek is bly om te sien al meer dames begin deelneem. Dankie aan almal wat hierdie mooi verhaal bymekaar gebring het. Ons kinders is en bly spesiaal vir ons.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Wow - baie gelluk !!!
Seker die wonderlikste gevoel wat daar is !!!
Dis darem maar lekker om so trots te wees !!!

.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Dok,
Baie geluk aan jou dogter op haar eerste bok, Ken die gevoel ou maat, onbeskryflik soos jy tereg se, stem saam met Geno daai baie lyk aan vlarde met die bors wat so breed staan, weereens geluk. Ps. dit is ook groot karakter en vertroue om jou kind te laat skiet op 218m wanner jy weet net tot 100m is ingeoefen veral op eerse skoot op dier. Dit wys maar net weer vertoue het geen keer nie.
Wout, die ander manne het dit al klaar gese en Dok ook, sal dit maar weer seg, Sout van die aarde mense wat so iets vir 'n kind moontlik en spesiaal maak.
Groete
JP

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Dok
Dit was vir my n voorreg en n absolute plesier om hierdie met jou en jou wonderlike gesin te kon deel. Ek kan nie in woorde uitdruk hoe lekker dit is om hierdie passies van my met iemand soos jy wat dieselfde daaroor voel te kan deel nie.
Ek se weer dat ek is bitter bly dat jy hierdie spesiale gebeurtenis op die manier met jou dogter kon deel. Ek dink ons almal sal bitter graag op die manier ons kinders wil laat kennis maak met die jagveld. Jou dogter is n pragtige kind en jy kan met reg daai hemp van jou se nate bars met n breebors!
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
300Winmag
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
O ja - ek wou nog s? - Daaaaaarrr gaan jou jag budget!!!!

- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Neels
Baie geluk aan jou vrou en dogter met hulle bokke en geluk aan jou want dis n uitstekende gebaar om hulle bloot te stel aan die jag lekkerte....gewoonlik is hulle mos maar net saam en dan geniet hulle dit nie eintlik nie al se hulle so.
Dis n oomblik wat mens in die anale opteken as n "groot oomblik"
Groetnis vorentoe

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Baie geluk, en dit is lekker om te sien dat 'n pa saam met sy dogter iets doen en nie net hulle na die geleentheid vat nie.
Geluk aan vrou lief ook.
Ek het ook 2 dogtertjies en hulle hengel saam met my en hulle vra altyd wanneer gaan ons dit weer doen.
Mens kry sommer daai lekker gevoel dat hulle dit so waardeer.
Geniet die biljong en droe wors.
Groete
Stadsjapie

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 540
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Mooi man.
Jy gee ons manne met net ooitjies
hoop.
My indoktrinasie begin vroeg.
[img width=360 height=480]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... -00025.jpg[/img]

- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
neels my ou vriend
ek sien vanoggend eers jou post ek was weg met werk en kon nie post nie
wat n ongelooflike jag geleentheid was dit nie vir julle twee nie. dit is voorwaar n baie groot geleentheid in julle lewens en dis daar vir ewig ge-sement. net iemand wat dit al ervaar het waar daai eerste bok geskiet word en dis pa en seun of pa en dogter sal daai gevoel van geluk en trots ken. is daar n naam vir daai oomblik se emosie want trots en geluk kom seker eers later
ek sal al my geld wed daar was seker n skelm nattigheidjie in die oog se hoek ook n? dok neels. 
Nats jy is n doringkie jong
dis n bitter ver skoot vir iemand jou ouderdom maar ek weet pappa het jou mooi geleer en daai roer sommer skerp geslyp vir jou.
wouter wat n besondere geskenk wat jy vir haar gegee het dit was baie groot van jou jy sal geseen word
neels se vir mamma dis net so mooi bok daai dit klink my julle het n bevange naweek gehad
nou is dit vas ou maat nou gaan jou budget les opse hehe dis deel van die prys omdat mens hulle leer jag en skiet
groete en seen vir jou en familie
geniet elke trotse oomblik
ek sien vanoggend eers jou post ek was weg met werk en kon nie post nie
wat n ongelooflike jag geleentheid was dit nie vir julle twee nie. dit is voorwaar n baie groot geleentheid in julle lewens en dis daar vir ewig ge-sement. net iemand wat dit al ervaar het waar daai eerste bok geskiet word en dis pa en seun of pa en dogter sal daai gevoel van geluk en trots ken. is daar n naam vir daai oomblik se emosie want trots en geluk kom seker eers later
Nats jy is n doringkie jong
wouter wat n besondere geskenk wat jy vir haar gegee het dit was baie groot van jou jy sal geseen word
neels se vir mamma dis net so mooi bok daai dit klink my julle het n bevange naweek gehad
nou is dit vas ou maat nou gaan jou budget les opse hehe dis deel van die prys omdat mens hulle leer jag en skiet
groete en seen vir jou en familie
geniet elke trotse oomblik
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- BLOUVALKIE
- Sr. Member

- Posts: 267
- Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
hallo oom neels
baie geluk met oom se dogter en vrou daai blesbok is mooi en ook daai rooibok.
oom kan maar trots wees op hulle.
lekker dag
BLOUVALKLIE

HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Baie geluk dit is n woderlike ervaring
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Dok en Wout
Die manne het al alles gese en +1 daarop, is net lekkerder as vrou en kinders ook geniet wat pa geniet dit maak dit soveel makliker om n nuwe geweer te koop of beter scope ens. Dit gaan nou wel jou sak van nou af harder stamp maar geld kan nie die ervarings wat gedeel gaan word koop nie.
Blok.
ps ek sien Dewie en Blouvalk het al klaar kom vlerk gooi, pasop vir daai twee netnou kry hulle die skoot hoog, en moet jy n haelpomp koop.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Dewie
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
ps ek sien Dewie en Blouvalk het al klaar kom vlerk gooi, pasop vir daai twee netnou kry hulle die skoot hoog, en moet jy n haelpomp koop.
[/quote]
HAHAHA oom Blok

[/quote]
HAHAHA oom Blok
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Baie dankie almal
Ja ek geniet dit vreeslik dat my gesin my liefde vir jag saam met my deel
baas Wout
Ons sou dit nerens anders wou doen as daar by julle nie, weereens baie dankie
Ja ek geniet dit vreeslik dat my gesin my liefde vir jag saam met my deel
baas Wout
Ons sou dit nerens anders wou doen as daar by julle nie, weereens baie dankie
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Baie geluk aan almal
Hoop maar vir almal se part hulle kan eendag soortgelyke oomblik saam hulle seun/dogter/vrou beleef.
Kan net lekker wees om jou passies te deel met die familie.

Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: 2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Netjies Netjies
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !