Oos Kaap Kudu

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
vetbeer
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Wed May 02, 2018 3:00 pm

Oos Kaap Kudu

Post by vetbeer »

Kudu.jpg
Goeie dag almal,hierdie kudu so 3 weke terug geskiet op ons plaas so 40km van Jansenville af.Ek het vroeg oggend op n randtjie gaan sit en die veld vir n hele tydjie lank bekyk.Na n hele ruk het ek besluit om maar die aftog te blaas en n ander plek te gaan soek.Toe ek opstaan en omdraai staan die kudu vir my en kyk vanaf die oorkanste randtjie, seker so 40m weg van my af.Ek het vinnig die geweer in my skouer gesit en die nodige gedoen.Geweer was my ou 303 gelaai met pmp 174gr sagte punte(my herlaaide patrone was klaar).Een skoot deur die blad en die kudu het net daar geval.Die kudu karkas het 137kg geweeg.

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
slagdop
Full Member
Full Member
Posts: 173
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm

Re: Oos Kaap Kudu

Post by slagdop »

Mooi gedoen. Ek is so bietjie jaloers. Het al so paar dae al geloop in die klowe en koppies in baviaanskloof net buite willowmore, baie spoor en vars drolletjies gesien, maar nog nie 'n kudu nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Oos Kaap Kudu

Post by Frederik »

Geluk Vetbeer mooi gedoen.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Oos Kaap Kudu

Post by tau »

vetbeer wrote:
Kudu.jpg
Goeie dag almal,hierdie kudu so 3 weke terug geskiet op ons plaas so 40km van Jansenville af.Ek het vroeg oggend op n randtjie gaan sit en die veld vir n hele tydjie lank bekyk.Na n hele ruk het ek besluit om maar die aftog te blaas en n ander plek te gaan soek.Toe ek opstaan en omdraai staan die kudu vir my en kyk vanaf die oorkanste randtjie, seker so 40m weg van my af.Ek het vinnig die geweer in my skouer gesit en die nodige gedoen.Geweer was my ou 303 gelaai met pmp 174gr sagte punte(my herlaaide patrone was klaar).Een skoot deur die blad en die kudu het net daar geval.Die kudu karkas het 137kg geweeg.

Groete
:):

Ek het al 4 seisoene jaarliks in Jansenville gaan jag en kon nog net een Groot bul huistoe bring. Daardie oop plase jag moeilik. As die bulle jou sien verdwyn hy oor die draad na die buur plaas. Koeie en jong bulle is makliker.

Baie geluk!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply