Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag geweer
- SinWolf
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Dag manne…
Ek het die naweek my scope afgehaal en geweer skoon gemaak, maar ek het 'n "Fixed" scope mounting, wat beteken ek sal nou eers weer moet gaan inskiet…
Dit is baie gemakliker om geweer mooi skoon te maak sonder n scope...
Nou, ek sien al hoe meer en meer Quick Release (QR) of Quick Detatch (QD) scope mounts is "Repeatable"... Nou "Repeatable" beteken dat scope se POI altyd terug sal wees op zero tussen afhaal en terug sit van scope...
Wat is die gevoel op QR of QD scope mounts op 'n jag geweer ?? Ek verstaan die ounes gebruik dit BAIE op hulle taktiese gewere… Maar wat van jag/langafstand gewere?
Dankie

-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Sinwolf, ou Tod Snorre is self 'n voorstander van QD ringe en net een goeie teleskoop wat afgewissel word tussen gewere. Ek het dit probeer en kom nie elke keer dieselfde POI kry nie en moes dus elke keer weer zero....
Aim small, miss small
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Ek het baie verskillende fabrikate probeer op my 375, na amper 'n jaar se gesukkel wat hulle net nie zero behou het nie het ek na Recknagel (ERA) beweeg wat my amper soveel as die geweer gekos het, maar nou werk dit ek kan lading ontwikkeling groepe skiet en tussen elke skoot die teleskoop verwyder en WEET zero is reg. Ek het 90% oopvisier gejag en teleskoop in tas gedra, indien verderskoot geskiet moes word het ek in veld teleskoop opgesit dus moet ek 100% vertroue he in die kombinasie. Dis AL wat zero 100% behou wat ek getoets het. Ek het al gehoor dat warne met piccatini rail behou zero maar dit het ek nie self getoets nie, aangesien die opsit van piccatini rail my visiere toe sal maak.
My antwoord is dus as jy regtig 100% seker wil wees as jy teleskoop verwyder en terugsit gaan jy maar recknagels moet koop.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- SinWolf
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Ek kyk na die INNO-mounts...
Maar moet besluit tussen "Fixed Mounting" of "Repeatable Quick Release" mounting...
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... CwXJd-mUP_

Last edited by SinWolf on Mon Jul 22, 2019 10:04 am, edited 2 times in total.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Ek het Warne QD ringe vir dovetail mounts op my 416 Rigby en in 4 jaar het hy nog altyd sy POI behou. Ek haal die scope nogals baie af met jag en het ook al verskeie Big Bore kompetisies met hom geskiet. Geen probleem.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Tot op 200m het ek 'n weglaatbare klein verskil gehad op my 375R. Op die 6.5-284, op 500m+, was die verskil aansienlik groter....Smitstertjies wrote:Ek het Warne QD ringe vir dovetail mounts op my 416 Rigby en in 4 jaar het hy nog altyd sy POI behou. Ek haal die scope nogals baie af met jag en het ook al verskeie Big Bore kompetisies met hom geskiet. Geen probleem.
Aim small, miss small
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Eugene, was die vraag nie jaggeweer nie?Eugene wrote:Tot op 200m het ek 'n weglaatbare klein verskil gehad op my 375R. Op die 6.5-284, op 500m+, was die verskil aansienlik groter....Smitstertjies wrote:Ek het Warne QD ringe vir dovetail mounts op my 416 Rigby en in 4 jaar het hy nog altyd sy POI behou. Ek haal die scope nogals baie af met jag en het ook al verskeie Big Bore kompetisies met hom geskiet. Geen probleem.
As ek verder as 200 m skiet sou ek ook nie QD mounts oorweeg nie. Hy moet dalk meer spesifiek wees in kaliber en applikasie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- SinWolf
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Dit is vir n jaggeweer… Ek sal graag tot en met 300m-350m wil kan skiet… Dit is 'n 30-06.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Ek het maar op die stukkie reageer, op 'n jaggeweer sal dit verseker werk, maar ek sal nie die goedkoopste opsie gebruik nie....SinWolf wrote:Dag manne…
Ek het die naweek my scope afgehaal en geweer skoon gemaak, maar ek het 'n "Fixed" scope mounting, wat beteken ek sal nou eers weer moet gaan inskiet…
Dit is baie gemakliker om geweer mooi skoon te maak sonder n scope...
Nou, ek sien al hoe meer en meer Quick Release (QR) of Quick Detatch (QD) scope mounts is "Repeatable"... Nou "Repeatable" beteken dat scope se POI altyd terug sal wees op zero tussen afhaal en terug sit van scope...
Wat is die gevoel op QR of QD scope mounts op 'n jag geweer ?? Ek verstaan die ounes gebruik dit BAIE op hulle taktiese gewere… Maar wat van jag/langafstand gewere?
Dankie
Aim small, miss small
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Eish. Daai langafstand misgelees. Ek moet seker leer om n man van die gereg nie op n maandagoggend te betwyfel nie

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Smitstertjies wrote:Eish. Daai langafstand misgelees. Ek moet seker leer om n man van die gereg nie op n maandagoggend te betwyfel nie![]()
Aim small, miss small
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
Tussen al vier my gewere met "picatinny rails" en betroubare monterings is daar gewoonlik 'n klein verskiwing van zero as ek teleskoop afhaal en terugsit. Ek sou dit nie vir langer skote vertrou nie. Ek kan heeltemal insien dat daar voordele is in 'n geweer wat soms met oop visiere, en soms met teleskoop op geskiet word om QD monterings te hê, maar oor die algemeen word hierdie tipe gewere nie op 300m plus afstande aagewend nie.SinWolf wrote:Dag manne…
Ek het die naweek my scope afgehaal en geweer skoon gemaak, maar ek het 'n "Fixed" scope mounting, wat beteken ek sal nou eers weer moet gaan inskiet…
Dit is baie gemakliker om geweer mooi skoon te maak sonder n scope...
Nou, ek sien al hoe meer en meer Quick Release (QR) of Quick Detatch (QD) scope mounts is "Repeatable"... Nou "Repeatable" beteken dat scope se POI altyd terug sal wees op zero tussen afhaal en terug sit van scope...
Wat is die gevoel op QR of QD scope mounts op 'n jag geweer ?? Ek verstaan die ounes gebruik dit BAIE op hulle taktiese gewere… Maar wat van jag/langafstand gewere?
Dankie
Ek sou nie klomp geld betaal vir QD monterings op 'n jaggeweer wat ek altyd met die teleskoop op gaan skiet nie. As jy teleskoop gereeld wil afhaal, sou ek eerder pic rail en goeie ringe opsit.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag ge
....,maar ou Snorre doen dan 'n "field zero" voor hy aangaanEugene wrote:Sinwolf, ou Tod Snorre is self 'n voorstander van QD ringe en net een goeie teleskoop wat afgewissel word tussen gewere. Ek het dit probeer en kom nie elke keer dieselfde POI kry nie en moes dus elke keer weer zero....
As ek reg onthou is die idee van QD ringe, volgens hom, dat dit jou buigbaar maak indien daar iets fout gaan met jou geweer of teleskoop.
Albei my roere se teleskope is in QD ringe en skiet gewoonlik binne 'n kwart MOA na hermontering.
Vir jag tot op 350m is ek nie veel gepla nie. My hart klop meer as dit.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Gevoel op "Quick Release" (QR) scope mounts op 'n jag geweer
Party onfikse manne se hart klop eerder in Mrad as MOAGawie(13mm) wrote:....,maar ou Snorre doen dan 'n "field zero" voor hy aangaanEugene wrote:Sinwolf, ou Tod Snorre is self 'n voorstander van QD ringe en net een goeie teleskoop wat afgewissel word tussen gewere. Ek het dit probeer en kom nie elke keer dieselfde POI kry nie en moes dus elke keer weer zero.....
As ek reg onthou is die idee van QD ringe, volgens hom, dat dit jou buigbaar maak indien daar iets fout gaan met jou geweer of teleskoop.
Albei my roere se teleskope is in QD ringe en skiet gewoonlik binne 'n kwart MOA na hermontering.
Vir jag tot op 350m is ek nie veel gepla nie. My hart klop meer as dit.

Sent from my iPhone using Tapatalk