Die regte lugdruk vir apps?
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Die regte lugdruk vir apps?
Ek wil hoor by die ouens wat weet, as jy met Strelok pro die lugdruk meet met bv n iphone is dit die regte lugdruk? Soos ek verstaan moet jy nie barometriese druk gebruik nie maar stasie druk. Ek het n weatherflow meter en wil ook weet of die lugdruk wat hy gee die korrekte meting is?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Die regte lugdruk vir apps?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Die regte lugdruk vir apps?
Barometriese druk is aangepas vir hoogte bo see vlak. As jy dit gebruik, moet jy jou hoogte bo seevlak ook invoer om die korrekte druk te bepaal. Stasie druk is jou werklike druk waar jy tans is en is immers die nommer wat belangrik is, en moet dus net so ingevoer word (sonder hoogte bo seevlak). Altwee maniere gee dieselfde resultaat, maar dis belangrik om die verskil te verstaan sodat jy die regte nommer(s) gebruik.
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: Die regte lugdruk vir apps?
Baie dankie Gbyleveldt nou is my volgende vraag. Wat kan ek gebruik om stasie druk korrek te meet? Gee die Weatherflow windmeter die regte druk of is dit net die Kestrel’s?
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Die regte lugdruk vir apps?
Op Strelok gaan ek as volg te werk.
Wanneer ek zero word die volgende 3 veranderlikes ingesit: Temperatuur, Humiditeit en Stasie druk in hPa.
Ek gebruik n Kestrel. Maak seker dat jou reference altitude op jou Kestrel na nul gestel is, dan sal jou Baro lesing altyd in stasie druk wees, maak nie saak waar jy jouself bevind nie.
Daarna gebruik ek slegs die Density Altitude funksie as ek skiet. Jy kan ook jou slimfoon gebruik om jou stasiedruk min of meer te bevestig teenoor jou Kestrel. Hier waar ons skiet op die hoeveld is stasiedruk meestal in die omgewing van 850 hPa, en by die kus sal dit meer na 1020 hPa se omgewing neig.
Ek ken ongelukkig nie die weatherflow nie.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Die regte lugdruk vir apps?
Sorry meester, ken hom nie. Ek gebruik ook Kestrel. Eks seker jy sal jou antwoord by die Weatherflow manne kry. As ek moes raai, sal Smitstertjies se advies hierbo heel moontlik korrek wees.Eight wrote:Baie dankie Gbyleveldt nou is my volgende vraag. Wat kan ek gebruik om stasie druk korrek te meet? Gee die Weatherflow windmeter die regte druk of is dit net die Kestrel’s?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Die regte lugdruk vir apps?
Ek gebruik Weatherflow op dieselfde manier. Smitstertjies se advies is korrek.