Warm rook van vleis

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Warm rook van vleis

Post by Methos »

Hi Almal

Ek het gedink ek sal so ligte 'guide' oor warm beroking van vleis opsit want ek het gesien daar is heelwat vrae daaroor.

Warm verroking van vleis is wat die amerikaners Barbeque noem. Dis nie die engelsmanne wat met 2 blookies charcoal 'n pakkie vark bangers probeer gaar kry nie ;)

'n Groot gedeelte van die BBQ is 'Low and slow'. Dis maar baie soos ons potjie maak - ons vat minder goeie stukke vleis en met bietjie liefde en aandag word hy baie lekkerder as 'n goeie T-bone steak.

Om die vleis te rook het jy egter die regte gereedskap nodig. 'n Roker soos die een wat ek gebou het is ideaal

viewtopic.php?f=181&t=68448

maar 'n Weber ketel kan ook gebruik word sonder enige probleme. As ek net een brisket of 'n klompie ribbes of een vark skouer moet maak gebruik ek die Weber. Kom ons vat nou bv die boston butt of te wel vark skouer wat se voorste stuk afgesny is. Hy word mooi gesmeer met 'n droë rub. Ek sit sout, suiker, gerookte paprika en peper in my rub. Ek smeer die vark stuk met mosterd - maak nie saak watter nie - dis maar sodat die rub vas sit. Gooi hom baie mildelik oor.

Nou op die weber maak jy 'n vuur verkieslik in 'n Weber aansteker en laat die kole reg word. Nou gooi hom aan die een kant uit en krap als uit aan die ander kant. Jy kan kole mandtjies gebruik as jy wil. Jy wil niks kole onder die vleis hê nie. Ek koop elke jaar vir my 'n waentjie vrag kersie hout. Ek neem dan my saag en saag dit in sulke 10cm stukkies. Ek sit twee of drie op die kole. Dis hier waar jou rook vandaan kom. Laat hulle lekker aan die brand kom en sit dan jou vleis op aan die kant sonder kole met die vetkant bo, soos die vet smelt sal dit die vleis bedrup.

Sit die deksel op en speel met die dempers sodat die Weber se tempratuur so by 150 grade rond is. Dis vinniger as wat die amerikaners dit doen maar ons wil darem vandag ook eet. Die hout moet so dun amper blou ligte rokie maak. Nie bolle swart rook nie want anders gaan jou vark soos skoorsteen proe.

Daar is baie metodes om die vuur aan die gang te hou. Kyk gerus na die snake metode maar ek het 2 braaiers en steek sommer net nog 'n skoorsteen kole aan en laat dit brand to grys en vul dan die ander kole aan sodra tempratuur begin val. Ek kyk hom so elke 2 ure. Hier by 5 of 6 ure rond begin die mense al honger raak ;)

Vat 'n vleis termometer en druk hom in die dikste stukke van die vark. Die interne tempratuur moet hier tussen 87 en 90 grade wees. Haal dan of en draai toe in foelie en sit in koelerboks. Laat hy rus vir 'n uur en dan gaan jy tewerk met 2 groot vurke, of jy kan bear claws bestel op die internet. Jy skeur dan die vark in fyn repe. Die vet ook. As die vel hard geword het, vat mes en kap in stukkies en dit gaan ook by. Proe nou die vark en as jy wil kan jy nog van die rub bymeng en ook 'n BBQ sous van jou keuse. Daar is hope styl eom van te kies. Kyk gerus op Internet, North Carolina vs South Carolina vs Memphis etc etc etc. Mosterd basis, Tamatie, asyn etc etc speel daarmee soos jy wil.

Nou kan dit geëet word op lekker sagte buns met kool slaai - pork sliders soos die amerikaners dit noem. Of met slasa geëet word op taco's. Dit is 'n baie goeie vleis want hy het baie gebruike. Slaai, wraps etc etc etc.

As jy teveel het gooi in ziplock sakkie met so paar lepes appel sap in in vries hom dan. Is baie lekker vir by huis kom en ontvries en eet binne 20 min.

Geniet
Post Reply