Hi almal,
Ek deel graag een van my lekkerste jagte nog wat ek en Ruben saam gehad het.
Ons was so 40km buite Nylstroom op die Vaalwater pad. Dit was ek met twee vriende en ons kinders. Die naweek het oor die kinders gegaan. Lekker tyd met hulle te spandeer en dat hulle skiet geleentheid kry.
Ons het eers Vrydag so 17:15 op die plaas gestop. Die tannie wou nog dat ons vinnig 'n draai ry maar ek moes nog eers gaan tent opslaan. Ek en Ruben het tent op geslaan. Terwyl ek die res van die goed uit pak en op hul plek kry voor dit donker raak, het Ruben die vuur aan gesteek en met die oom van die plaas begin jag stories praat.
Net na donker het die res van die geselskap daar gestop. Gelukkig was hulle tente kla op geslaan en kon net af pak met 'n koue ding in die hand. Ons het elke aand net lekker vleis van die vuur geeet en ek het vir ons 'n vars broodjie in die varkie gebak.
Saterdag oggend 4:20 maak Ruben my wakker en vra of ons maar kan op staan. Ek kyk op die horlosie en vra of is hy nou mal dis dan 4:20 die oggend. Hy antwoord toe maar hy hoor dan die oom se hoender haan wat kraai. Ek het lekker gelag want dis die kappok wat kraai met dag breuk. 5:00 is ek en hy uit die tent en drink 'n lekker koffie langs die vuur.
Net na 7:00 het ons gou die gewere geskiet en almal was reg vir jag. Sommer vinnig na ons af gelaai is kry ons die rooibokke saam drie jong kudu bulle. Die wind is ons guns en ons bekruip hulle lekker naby tot op so 60m. Hy skiet die ram mooi in die bors en hy val net daar. Hy het met die 30-06 geskiet wat gelaai is met Barnes TTSX 180gr punte.
Na middag ete en 'n vinnige slapie is ons weer terug veld toe. Van 14:30 tot die laaste skoot het ek en hy 4.7km gestap. Ons het net voor son onder weer die rooibokke gekry. Gras was hoog en mens sien net nek en kop wanneer hulle hul koppe optel. Ek kyk deur die verkyker en Ruben oor die skietstok deur sy teleskoop. Ons sien toe die ram. Toe die ram weer sy kop op tel toe loop die skoot. Sal bietjie op 'n ander draad vertel hoe daai barnes nie so lekker op die kop skoot gewerk het nie. Skoot was halwe duim te laag. Ons het gelukkig die bok heeltyd gevolg en gesien waar hy val in die lang gras. Dit was so 500m van waar hy geskiet was.
Wat die ervaring vir my so lekker gemaak het was kwaliteit tyd saam my seun, die basiese geriewe, lekker stap en jag, kinders wat waardeer om dit te kan doen en natuurlik lekker vriende om die vuur.
Ruben se eerste Rooibok
Punt wat herwin is. In die lies gekry.
Ruben se tweede Rooibok
Lekker jag terwyl ons in tente slaap
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Lekker jag terwyl ons in tente slaap
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Die kamp
Man vat 'n middag slapie met 'n lekker uitsig
Daai broodjie met 'n konfyt
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Baie geluk. Mooi storie, lekker jag kamp. Die jongman skiet fluks met die 30-06
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Pragtig! jissie Daai is 'n baie mooi bok vir 'n man se eerste!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Lekker!!!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Lekker lekker
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Baie geluk daardie 2de ram het paar lekker horings.
Nogal verbaas dat die 30-06 om nie pla nie met die terugskop nie mooi gedoen.
Nogal verbaas dat die 30-06 om nie pla nie met die terugskop nie mooi gedoen.
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Hy skiet regtig gemaklik met die roere. Hy het altyd met die silencer op geskiet maar van die begin van die seisoen af oefen hy sonder die silencer. Belangrike faktor is hy pas lekker agter die kolf in, trek hom styf vas en hy is nie bang vir die skop nie. Daai Armtec kolf werk regtig goed met daai geweer. Dink die ander faktor is ek laai nie warm ladings nie. Skiet daai 180gr teen 2450fps.Frederik wrote:Baie geluk daardie 2de ram het paar lekker horings.
Nogal verbaas dat die 30-06 om nie pla nie met die terugskop nie mooi gedoen.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S