Middag manne.
Watter motivering gee julle gewoonlik om 'n addisionele handwapen te motiveer? Ek dra sedert 1990 'n .45 pistool en is nie van plan om enigiets in hierdie opsig te verander nie. Ek is maar 'n dinosouris soos die wapen self.
Vandag het ek egter 'n splinternuwe Ruger SR9 by VLT in Pretoria opgetel vir R3999-00 en kon die aanbod nie laat verbygaan nie. Nou sit ek ook met 'n Barbie pistool ("Plastic is fantastic").
Ek beoog om op die toegewyde sport- en jagstatus te steun en het sovêr op die motivering gesit dat ek die pistool wil gebruik by SA Jagters se posliga skiet en teiken skiet. Die rede wat aangevoer is, is dat ek nie my selfverdediging wapen wat al 28 jaar oud is wil opskiet vir kompetisie nie, dit is ligter en het 'n hoër magasynkapasiteit. Die ammunisie is ook goedkoper. Dan kan dit gebruik word om beseerde plaasdiere of bokke van kant te maak, want gewere is te kragtig op kort afstand.
Enige ander voorstelle vir die motivering sal waardeer word.
Artikel 16 nuwe pistool
- Parker
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Re: Artikel 16 nuwe pistool
Dit klink reg om die SA Jagter roete se posliga skiet te wil gebruik. Heg sommer die hele printout van die SA Jagters se jaarprogram aan wat hierdie dan aandui.
Nou motiveer jy daardie spesifieke kaliber/pistol so dat hy totaal en al verskil van jou huidige wapen ens ens ens.
Hulle keur maklik af met rede dat "aansoeker kon nie oortuig waarom sy huidige wapen nie voldoende sou wees om te doen wat nuwe wapen beter sal doen".

Stoot lood!
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Artikel 16 nuwe pistool
As jy nie reeds 4 wapens het nie kan jy hom motiveer vir Geleentheids Sportskiet. So nie is jou motivering hier bo 100%. Heg sommer daai hofuitspraak van my skoonseun aan
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Artikel 16 nuwe pistool
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Artikel 16 nuwe pistool
Dankie Fanta. Daardie hofuitspraak is reeds by Pretoria vir 'n .22 aansoek en gaan ook saam met hierdie een ry. Ek het dit destyds toe jy dit opgesit het gestoor op my rekenaar!
Ek probeer maar steun op die feit dat my .45 te swaar, te oud is en die magasynkapasiteit te min is. As ek nie pasop nie glo ek myself dalk en kyk met ander oë na my 1911 yster. Die hele bedoeling is om die SAPS te oortuig van die verskille tussen die wapens en dat die nuwe pistool soveel "beter" is vir die beoogde gebruik.
Dankie ook Parker. Gelukkig het ek hierdie jaar met my huidige pistool deelgeneem aan sulke aktiwiteite en sal bewyse aanheg. Ek probeer juis motiveer dat die nuwe speelding sal help om my puntetelling te verbeter.