Koos Barnard wrote: Fri May 22, 2020 1:58 pm
Dag Tau
Ek stem nie heeltmal saam met jou stelling dat mense etiese reëls geskep het om hulself beter te laat voel omdat hulle diere doodmaak nie (altans nie ek nie). My stel reëls oor jag het eintlik bitter min met etiek te doen maar eerder met die bevrediging wat ek uit die jag put. Vir my is dit erg kunsmatig en damn vervelig om in 'n bakkie rond te rits tot die dier staan en dan die sneller te trek (en hier praat ek nou van jag vir my plesier, nie wild skiet om uit te dun of om noodsaaklike vleis vir die pot te kry nie). Vir my is daar geen adrenalien en geen opwinding om van 'n bakkie af te skiet nie of om 'n dier met 'n voertuig te soek nie. Buffeljag val vir my in daardie spesiale klas van, kom ons noem dit maar plesierjag of spesiale jag of uitdagende jag. Dis verseker so dat sommige mense net soveel bevrediging uit 'n jag put as hulle 'n dier van die bakkie af skiet as wat ek daaruit put om een te bekruip en op kortafstand te skiet. Die vraag is net hoekom gaan jag jy 'n buffel? Is dit bloot om hom by jou trofeelys te voeg of soek jy darem iets spesiaal. Kom ons vergeet van die jongman se skietwerk. Die hele manier hoe die buffel gejag is met die Cruiser (hulle het darem afgeklim vir die eerste skoot) stel jag in Suid-Afrika bloot aan groot kritiek. Ongelukkig kan ons nie meer sê f@k die buiteland en alle buitelandse jagters nie want hier maak ons soos ons wil. Ek het nou gesien net op ons tydskrif se facebookblad hoe verleë jagplase is om bookings te kry met die Covid-storie. Die feit is, ons is afhanklik van buitelanders en hoe ons jagte aanbied, gaan bepaal wie en hoeveel mense ons land besoek.
Die storie van dood is dood, maak nie saak hoe nie gaan nie by my af nie. Dit kan jy doen as jy vleis móét hê of 'n groot aantal dier binne 'n kort tydperk moet skiet. As jy iets spesiaals jag soos 'n buffel of leeu of selfs 'n koedoe en jy het mense van die buiteland moet jy vir hulle die jag spesiaal maak (by gebrek aan 'n beter beskrywing). Dit gaan oor jagbevrediging nie oor etiek nie. Ek het geen probleem om 'n 1000 diere van 'n voertuig af te skiet as ek moet nie, maar dit bly 'n kunsmatige uitdun-operasie en nie jag nie (dis my persoonlike mening). Ek wil die dier ordentlik jag om soveel as moontlik uit die ervaring te haal. Dis die jagte wat ek onthou en oorvertel rondom aandvure.
Die probleem met hierdie tipe video's waar buffels so gejag word is dat oorsese mense dit as die norm begin sien. Hulle dink dis hoe dit in Suid-Afrika gedoen word - jy skiet mak wild van bakkies af (of jy klim darem af en staan voor die bakkie). Daar is genoeg mense oorsee wat 'n "ware" Afrikajag wil beleef want hulle lees Ruark, Harry Manners ens en dan sien hulle sulke video's. Raai waarheen gaan daardie mense as hulle wil buffel jag? Hulle kyk elders en vermy Suid-Afrika.
Mooi loop
Oom weet hoe lief ek vir oopvisier jag is en om hard te werk vir my bok. Ou Nico Harris skud net sy kop as ek uit die berge kom flenster, moeg en gelukkig. EK gaan nou ongelukkig met OOm verskil.
Oom sê Oom stem nie saam met my stelling dat etiek en "mooi jag " mens gemaakte reëls is nie, maar dan noem Oom dadelik dat " die bevrediging wat ek uit jag put". Ek kry daardie presies dieselfde bevrediging uit 'n lekker ordentlike stapjag waar die bok mooi val na die eersteskoot. Op die einde van die dag is die oor my persoonike gevoel en ek is groot genoeg om dit te erken........'n mate ego streël. Net soo party ouens goedvoel om 'n bok op 600m te kan piets. Party mense kry genot om te rook, ek doen nie. Gaan ek nou loop vertel almal wat rook is verkeerd? En ja 'n Springbok wat so bene optrek na hy 'n Vmaz helmethou gekry terwyl ek oor die spieel van die bakkie skiet is ook lekker.
Dan die massiewe groot OLIFANT in die kamer, hoekom is een tipe dier belangriker of meer spesiaal om te skiet as ander? Weereens gaan ek myself voor die bus gooi, ek was al op grootkat jagte en wil self nooit ooit 'n Leeu skiet nie. Maar ek sal Swart wildebeeste skiet sonder om 'n foto te neem want hy is nie spesiaal nie. Daar is ons mos verkeerd. Kyk hoe kerm die groenes as jy Kameelperd skiet of Olifante. Dit is 'n mensgemaakte emosie en het niks met die ekologie of voortbestaan van die dier te doen nie.
Dan die dat oorsese mense ons bedryf moet kom bepaal, hoekom vee hulle nie eers op hull eie stoepe nie?
Die Amerikaners plant rye cow candy tussen woud lanings en bou groot stands en skiet dan bokke wat kom eet wat hulle al vir 3 maande afneem en sms 'e kry eiekeer wat die bok mis of water drink. Hulle ken sy gewoonte so goed hull weet daai bok gaan kom eet 16;32,20 sekondes die middag.
Die Euro's skiet varke met driven Hochskuts jagte met beaters en honde en trompette. Dit is inheemse varke en Roëdeer.
Ek wonder nou wat sal gebeur as ek op die "jagters vereniging van Texas" se weblad gaan kapsie maak teen hulle voer van Whitetail, wat hulle my sal toesnoer, maar hier wil ons mekaar voorsê en gewoonlik nog is dit naweek jagter en mak plaasjapies soos ek wat nie heeldag op die plaas is of jag met kliente nie.
Dan gaan ek nie vra mense meot hande opsteek nie, maar baie trofee jagte met oorsee se kliente geberu so. Die videos en fotos word mooi geneem, maar die 80 jarige Oom wat nou eers kan bekostig om sy Afrika droom te bewaarheid gaan nie heeldag kan tekkie klap agter Kudu's in die berge nie. Die oorgewig Amerikaner wil net by sy SCI jaar vergadering die grootste trofee ingee as "trophy of the year" Hy gaan na die jag by daai bok sit en vir "martha at home and the granchildren" vertel hoe hy die incredible beast op 100 m klokslag gedood het met sy .300 RUM, terwyl hy sy been op 150m vanaf die bakkie doodgeskiet het en die PH en sy hond toe daarna drie klowe verder die bok gedood het en terug gedra het moertoe moeg. Daai man kan nie minder omgee wat ons doen of oor Suid_afrika se image nie, want hulle is ook nie almal dieselfde nie.
Weereens ek geniet stapjag en die challenge wat dit bied. 'n PH wat sy sout werd is sal sy klient laat jag so vêr moontlik hy kan "eties" (kots ek amper in my mond), en dan sal hy ongelukkig moet begin "help" om vir Ou Bob van Texas sy bokke op die hak te kry. Bob het baie geld betaal om trofees huistoe te neem. En as hy die erenstige gun nut/ stapjagter is/was wat ons almal wil go jagters moet wees, Sou hy opgedaag het fiks, voorbereid en met su eie roer en rugsak. Hierdie ouens is oos iemand baie waar vroeë opgemerk het "toevallige" buffel jagters. Wat moet die PH doen? Nee sê in dieelfde moeilike mark wat julle vroeë van praat vir klient wat nou eweskielik 'n R80 000 Buffel bul wil skiet??
Ek wou bitter graag 'n PH word , maar na ek so paar vakansie gehelp het as appie het ek besef ek het nie geduld nie. Ek is net vrek bly my jagte word nie verfilm nie, ek kan darem nog jok en jull vertel dit was eenskoot doodkoot altyd.