Taai buffel
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Taai buffel
Manne
Hierdie bespreking is oor buffeljag. Ek sien nou die skote tref al die toeskouers.
Is julle moere nou opgetrek oor drank en sigarette wat eers in Fase 1 weer beskikbaar gaan wees?

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Taai buffel
Dag Tau
Geen probleem as jy van my verskil nie. Ons kan oor dinge verskil sonder om kwaad te wees vir mekaar en ek respekteer jou siening.
Mooi loop

- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Taai buffel
Verseker Oom.Koos Barnard wrote:Dag Tau
Geen probleem as jy van my verskil nie. Ons kan oor dinge verskil sonder om kwaad te wees vir mekaar en ek respekteer jou siening.
Mooi loop
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3607
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Taai buffel
Ai Koos, SAJagters probeer die regering oortuig dat ons nie vir plesier en ontspanning jag nie met die doel om jag as ‘n “essential service” verklaar te kry en dan sê jy jy jag vir plesier. 
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Taai buffel
Ag nee Oom ek hou van Oom anders sou ek nie by Oom kom kuier het nie. Ek het gedink Oom se konstante grappies maak dat Oom ook hulle kan aanvaar, soos die een onder dat Jason teveel gedrink het.PWV wrote:Mooi, Tau, jy is 'n man so na my hart wat reguit praat en jou gevoelens openbaar. Jou interpretasie van my post stel my egter geweldig teleur.
Ek het dit al hoeveel keer hier op die forum gestel dat ek tans 'n bakkiejagter/skieter is. Dit is geen geheim meer nie. Ek sal net graag wil hê jy moet aandui waar ek die foto's geplaas het waar ek van 'n bakkie af skiet. Ek ontken nie die skietery nie, maar ek soek die foto's.
Waarom jy die bakkieskiet hier te berde bring, na aanleiding van my post, weet ek nie. Ek het nêrens van 'n bakkie gepraat nie.
Hierdie aanval op my: Krap daar dalk iets in jou onderbewussyn waaroor jy my wil bykom.
Mooi dag.
Ek wou net daarop wys dat mens versigtig moet wees om ander se doen en late te veroordeel. Hier raak manne vinnig warm ondetr die kraag as ek hulle opinie bevraagteken word , oor iemand anders se jag. Hoe moet daardie persone en ander wat so jag dan voel?
Hierdie is nie ‘n hekse jag nie. In die eerste post vra Oom Marius “taai buffel jag”. Moet ons opinie dan of in lyn met sekere groepe wees of is hierdie vraag sleg oop aan sekere persone?
Sol ilustra Nos!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: Taai buffel
Ek reageer nie graag op drade soos die nie, maar ek voel ek moet tog iets se:
Ek stem nogal saam et van Tau se sienings. Wil ook byvoeg dat ek die kommentaar op die draad ervaar het as afkrakend en vernederend teenoor die seun wat die skietwerk gedoen het.
Om na ander mense as dikgatte en swak skuts te verwys( te oordeel aan n kort video wat nie die hele realiteit dalk weergee nie), gee vir my n smaak van n houding van meerderwaardigheid en misgeplaaste trots. Want sien, ek is mos net die man....
Die feit bly staan, die klient het SY EIE geld gevat en vir die buffel betaal vir sy seun om te skiet.
Wie is ek of jy dan nou om vir hom te se hoe en wat hy moet doen?
Sommige manne sou hom op 600 meter met n 50 wou skiet, want hulle kan.
Ander sou dan skree, nooit. Dit is nie hoe Pondoro of Ruark dit sou doen nie.
Mense verskil in hoe hulle goed sien in die lewe.
Sy geld, sy behoefte.
Leef en laat leef.
Die wildsplase het die bakkieskieters ook nodig. Dit is die tyd waarin ons leef. As die buffels nie almal geskiet word nie, word hulle dalk met beeste vervang, want wildboere koop nie meer vir mekaar ryk nie...
Een ding wat ek egter by al die foutloses wil weet: Het julle gehoor toe daardie ou vir sy seun se: I LOVE YOU SON”?
Daardie paar woorde som vir my meer op as die al die negatiewe siening wat ek op die draad ervaar het.

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Taai buffel
B Five wrote: Fri May 22, 2020 11:11 pm Ek reageer nie graag op drade soos die nie, maar ek voel ek moet tog iets se:
Ek stem nogal saam et van Tau se sienings. Wil ook byvoeg dat ek die kommentaar op die draad ervaar het as afkrakend en vernederend teenoor die seun wat die skietwerk gedoen het.
Om na ander mense as dikgatte en swak skuts te verwys( te oordeel aan n kort video wat nie die hele realiteit dalk weergee nie), gee vir my n smaak van n houding van meerderwaardigheid en misgeplaaste trots. Want sien, ek is mos net die man....
Die feit bly staan, die klient het SY EIE geld gevat en vir die buffel betaal vir sy seun om te skiet.
Wie is ek of jy dan nou om vir hom te se hoe en wat hy moet doen?
Sommige manne sou hom op 600 meter met n 50 wou skiet, want hulle kan.
Ander sou dan skree, nooit. Dit is nie hoe Pondoro of Ruark dit sou doen nie.
Mense verskil in hoe hulle goed sien in die lewe.
Sy geld, sy behoefte.
Leef en laat leef.
Die wildsplase het die bakkieskieters ook nodig. Dit is die tyd waarin ons leef. As die buffels nie almal geskiet word nie, word hulle dalk met beeste vervang, want wildboere koop nie meer vir mekaar ryk nie...
Een ding wat ek egter by al die foutloses wil weet: Het julle gehoor toe daardie ou vir sy seun se: I LOVE YOU SON”?
Daardie paar woorde som vir my meer op as die al die negatiewe siening wat ek op die draad ervaar het.
Ek dink ek was betreklik objektief met my kommentaar vroeër op die draad. Die probleem met ons beeld wat ons uitstraal is as volg:
Derlaaste uitruster en PH wat jaarliks vir 3-4 maande in die VSA gaan bemark by DSC, SCI en ander skoue bemark RSA as n wilde jagbestemming. Geen “High fences”, put -&-take, diesel stalks word genoem nie. In teendeel beweer hulle almal hoog en laag dat die jag hier net so “free” en “fair chase” is as in enige buurland. En verstaan my reg, daar is sulke jagplekke in RSA , maar baie jag klieënte word bedrieg deur mak wild, diesel stalks, klein kampies, en oortag bokke te kry, alles wat hulle presies nie wil hê nie.
So om terug te kom by jou punt B Five, geïsoleerd, het die metode waarmee die dier die ewigheid ingaan, nie veel met enige iets te doen nie. Die onetiese hier, is om n 7-dag buffel safari te verkoop aan n niksvermoedende klieënt, en om dan vir hom n Diesel Stalk te gee. Ek kan jou belowe die video het meer slegte PR vir die uitruster ingebring as positiewe PR.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Taai buffel
Baie goeie advertensie van jag in Suid Afrika. Totaal die teenoorgestelde van die eerste video!
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
Re: Taai buffel
Ha ha mense! Nooit gedink ek gaan dít beleef nie: die Elite van die group wat mekaar só aanvat laat die hare waai... :-)

Last edited by BigBoreFanatic on Sat May 23, 2020 1:17 pm, edited 1 time in total.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Taai buffel
Ek dink diesel stalk met n .338 Ackley op 800m sou n beter video maak...wynis wrote:Baie goeie advertensie van jag in Suid Afrika. Totaal die teenoorgestelde van die eerste video!
Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Taai buffel
Die dikketjie op die video het darem nou al ñ buffel geskiet terwyl die meerderheid van die e-warriors net daarvan droom.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Taai buffel
Ek het nou lekker opgevang met die draad. In my opinie is die saak van baie hoeke af bespreek en almal het goeie punte uitgelig.
Tau se punte oor hoe die Amerikaners en Europeers jag het die gesprek baie aangevul en my laat nadink dat ons nie te hard op onself moet wees nie.
Ek is persoonlik in die maak so ‘n jag spesiaal kamp. As ek moet dink hoekom ek in die kamp is, sal ek sê:
1) Ek is ‘n frustreerde stadsbewoner wat graag meer wil jag. 2) ek weet nie of ek ooit kans sal kry vir ‘n buffel jag nie. 3) Ek sal eerder met ‘n goed opgeleide PH wil jag as ek iets soos ‘n buffel jag. En ek sal wil stap van oggend tot aand, want ek kan nog.
Lekker naweek manne. Ek het twee jagte wat opkom in Augustus. Kom ons hou styf duime vas!

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Taai buffel
Ek wonder of al die selfde uitlatings sal gebruik word op die draad as almal om dieselfde kampvuur sal sit?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Taai buffel
Ñ buffel jag is in my opinie iets wat ñ ervaring moet wees wat jou altyd sal by bly. Hoe jy naby gekom het en hoe daai swaar hoewe hier naby jou weg begin galop. Hoe jy naby die trop kom en daai groot diere jou net geen skiet kans bied soos hulle tussen die bosse staan nie.
Dit is wel ñ feit dat die ervaring in SA soms goedkoop gemaak word, en die manne wat dit doen moet hulleself skaam. Ek lees gereeld op die africanhunting.com forum oor hoe buffel jag in SA nie buffel jag is nie. Dan maak dit my kwaad, want ek weet hoe en wat ek al ervaar het.
Op die spesifieke YouTube kanaal was daar ñ paar videos wat ek nie geniet het nie, veral die laaste ruk, en baie van hulle was nie net in SA nie. So ek voel jammer vir die buitelanders wat mislei word.
Ek het nou die dag ñ interresante sê ding gelees:
A TV show is like a bikini, what it shows is interesting, but what it hides is crucial.
As jy nog nie die voorreg gehad het om ñ buffel te jag nie, onthou net, daar is ñ adrenalien faktor wat mens nie besef jou gaan tref voor jy skiet nie, die diere het maar ñ anderse uitwerking op ñ mens....so moenie altyd vinnig wees om te oordeel nie.
Lekker jag manne.
Dit is wel ñ feit dat die ervaring in SA soms goedkoop gemaak word, en die manne wat dit doen moet hulleself skaam. Ek lees gereeld op die africanhunting.com forum oor hoe buffel jag in SA nie buffel jag is nie. Dan maak dit my kwaad, want ek weet hoe en wat ek al ervaar het.
Op die spesifieke YouTube kanaal was daar ñ paar videos wat ek nie geniet het nie, veral die laaste ruk, en baie van hulle was nie net in SA nie. So ek voel jammer vir die buitelanders wat mislei word.
Ek het nou die dag ñ interresante sê ding gelees:
A TV show is like a bikini, what it shows is interesting, but what it hides is crucial.
As jy nog nie die voorreg gehad het om ñ buffel te jag nie, onthou net, daar is ñ adrenalien faktor wat mens nie besef jou gaan tref voor jy skiet nie, die diere het maar ñ anderse uitwerking op ñ mens....so moenie altyd vinnig wees om te oordeel nie.
Lekker jag manne.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Taai buffel
Party ouens d@nner mekaar by kamp vure. Gelukkig het ek nie sulke vriende nie. “We don’t sweat the small stuff”Frederik wrote:Ek wonder of al die selfde uitlatings sal gebruik word op die draad as almal om dieselfde kampvuur sal sit?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Taai buffel
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Taai buffel
Al wat ek wil sê, is dat jag nie ‘n toeskouersport is nie en dat mens dit moet ingedagte hou as mens videos maak. Met die “editing” daarvan, word daar dalk gedeeltes uitgesny wat dit na die tyd laat vreemd lyk.... Ek het nog nooit ‘n buffel gejag nie, so ek kan my nie uitlaat daaroor nie. Ek het wel al ‘n BWB opgevolg wat gekwes was in ‘n W&S jag en as daar ‘n video daarvan gemaak was, sou ek en ander manne wat betrokke was, soos ‘n vark gelyk het. Ons het ten einde laaste ook ‘n bakkie gebruik en baie skote is geskiet..... As dinge begin skeefloop, dan vlug goeie oordeel ongelukkig ook soms en mens doen vreemde goed wat jy na die tyd nie altyd kan verklaar nie, al wil jy ook...
Ek stem egter saam met Oom Koos en Wouter, dat die video nie bydrae om SA as ‘n jagters bestemming te bemark nie. Dit was allermins die ideale buffeljag en mens aanvaar dinge het skeefgeloop, maar dan moet goeie oordeel ten minste gebruik word met die video en verspreiding daarvan..... En siende dat niemand hier betrokke was by die jag nie, is dit sinneloos om mekaar in te vlieg daaroor.

Aim small, miss small
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Taai buffel
Viking +100
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2941
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Taai buffel
Nou Tripod glo jy en Viking dat dinge op’n meer rustige wyse kwytgeraak gaan word na so ‘n besoekie aan Tops?
Ten minste sal die sinuwees kalmeer
Kaapse Wye Voete doen soms wonders.
Nou gaan ek herlaai - en dit is mos sonder TOPS!!
Beste.
Ten minste sal die sinuwees kalmeer
Nou gaan ek herlaai - en dit is mos sonder TOPS!!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Taai buffel
Ek kan wel se na hierdie draad wil ek bitter graag n buffel jag!
Hier is baie interessante menings, Dankie julle ek lees alles in die goeie gees wat ek dink jul dit mee geskryf het
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hier is baie interessante menings, Dankie julle ek lees alles in die goeie gees wat ek dink jul dit mee geskryf het
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Taai buffel
Bigborefanatic, jy voel te nagekom omdat soldate jou verneder en geteister het. Dan noem jy by drie geleenthede daai seun vernederende name?
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
Re: Taai buffel
Netso. Ek het nie tyd vir dik bakkie skieters nie.Nico de Jager wrote: Sat May 23, 2020 10:30 am Bigborefanatic, jy voel te nagekom omdat soldate jou verneder en geteister het. Dan noem jy by drie geleenthede daai seun vernederende name?
Die 'soldate' soos jy hulle noem, het hulle mag misbruik en ras (mis)gebruik om goed voor hulle 'generaal' te vertoon. Dis 'n heel ander storie.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Taai buffel
Hierdie is bloot opmerkings van 'n waarnemer wat nooit die voorreg gehad het om 'n buffel te jag nie.
Hier word baie aannames gemaak sonder om noodwendig al die feite te hê. Die videomateriaal beeld nie die ideale jagervaring uit nie. Veronderstel egter 'n kliënt jag vir dae lank sonder sukses te voet en in die ry kom hulle dan op 'n buffel af langs die grensdraad. Wat nou? Sommige kliënte sal redeneer hy het die jagervaring geniet en hy wil tog die trofee kry. Die probleem is egter dat die video die persepsie mag skep dat hierdie 'n geblikte jag is. Dit is geblikte jag wat ons land 'n slegte naam gee as jagbestemming. Ongeag wat die werklike feite was, is dit die plasing van die video op sosiale netwerke wat onoordeelkundig was.
Die anti-jag brigade sal dit vir propaganda kan gebruik oor die dier se "lyding", maar hulle sal steeds ten hemele skreeu al was dit 'n enkele doodskoot. Daarna oe en aa hulle wanneer hulle sien hoe leeus 'n buffel vang in die Kruger Wildtuin; natuurlik sonder enige lyding vir die buffel.
Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Daar is twee soorte jagters; die wat al 'n dier gekwes het en die wat nog 'n dier gaan kwes. Ek voel nog altyd dat sodra 'n dier gekwes word, moet die dier so spoedig moontlik van kant gemaak word. Jy wil tog nie hê die dier moet wegkom en eers heelwat later vrek nie. Dan is daar onnodige lyding en die verlies van die trofee en vleis. Nog minder wil jy sien dat 'n gevaarlike gekweste dier soos 'n buffel 'n kliënt of familielid doodmaak. Ek het dus nie 'n probleem met die veelvuldige opvolg skote nie, maar minder skote met 'n geskikte kaliber sou beter vertoon het.
Laastens lyk dit asof die inperking sy tol begin eis. Dit is duidelik dat frustrasie, fyngevoeligheid en venyn begin kop uitsteek en dit lyk asof sommiges kwaad stook om hulleself te vermaak.

- Carel Kolesky
- Sr. Member

- Posts: 373
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Re: Taai buffel
Stem saam Nico!Nico de Jager wrote: Sat May 23, 2020 10:30 am Bigborefanatic, jy voel te nagekom omdat soldate jou verneder en geteister het. Dan noem jy by drie geleenthede daai seun vernederende name?
Gooi kole!
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Taai buffel
Wys baie watter soor mens jy is, daai kind het jou niks gedoen nie maar jy wil mense name noem wat jy nie eers ken nie en dan wil jy kla as menseBigBoreFanatic wrote: Sat May 23, 2020 10:42 amNetso. Ek het nie tyd vir dik bakkie skieters nie.Nico de Jager wrote: Sat May 23, 2020 10:30 am Bigborefanatic, jy voel te nagekom omdat soldate jou verneder en geteister het. Dan noem jy by drie geleenthede daai seun vernederende name?
jou verneder.
Needankie ek het ook nie tyd vir mense soos jy wat nie maniere het nie.