My 2020 jag seisoen...
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
My 2020 jag seisoen...
Dag sê almal.
Ek het 'n hele paar jag planne gehad vir dié jaar. My eerste BWB, die 3.0 kudu jag en dan het ek gehoop om 'n rooibok met my 243 te kry.
So het tannie Corona my planne en finansies bietjie kom deurmekaar gooi!!!
Ek besluit toe maar om die beste te maak en besluit om oorlog te begin maak onder die makoue op die plaas. My 243 met 76gr kriek punte teen 3000vps maak lekker werk van hulle.
Ek het my grootste een nog geskiet (11kg) en ek het my eerste een uit die lug gehaal met die 243. Ek het ook 'n "2 voëls met een koël" gehad. Hier is 'n paar foto's en hopelik kom daar nog 'n paar in die weke wat kom.
Groete Ben

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Die een in die groen land is die een wat ek uit die lug geskiet het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Lekker Ben!
Ekt Desember n kraai uit die lug geklop met die 223. Wens iemand kon dit afneem.
Ekt Desember n kraai uit die lug geklop met die 223. Wens iemand kon dit afneem.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Wens ook iemand kon dit afneem oom. Gelukkig was ek nie alleen nie, so iemand het darem gesien :l:l
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Naand Ben, baie geluk!
Help asb met die vrae:
Hoeveel makoue is daar in julle kontrei, en hoeveel skade maak hulle?
Ek vra want daar is gewoonlik een of drie op n foto, en nie tien of dertig soos met duiwe nie.
Dit laat die indruk dat hulle redelik min is, en dit laat my wonder of dit regtig nodig is om hulle te skiet?
Wat maak julle met die vleis?
Help asb met die vrae:
Hoeveel makoue is daar in julle kontrei, en hoeveel skade maak hulle?
Ek vra want daar is gewoonlik een of drie op n foto, en nie tien of dertig soos met duiwe nie.
Dit laat die indruk dat hulle redelik min is, en dit laat my wonder of dit regtig nodig is om hulle te skiet?
Wat maak julle met die vleis?
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Môre oom.
Daar is geweldig baie. Veral so maand of wat na plant tyd, wat dit nou is hier by ons. Ek sal bietjie 'n foto probeer neem van die groot groepe. Die meeste wat ek al getel het was 75 in een groep. Die gemiddelde by ons is so 10 tot 11 in 'n groep en dan is daar baie groepies.
Hulle maak nogal baie lekker pasteie, maar op die oomblik smous ek die vleis aan een van ons plaaswerkers, wat dit weer vir meer verkoop. Ek verkoop hulle net om genoeg te maak om weer te kan laai.

- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Mooi geskiet Ben, dis baie goeie oefening.
Daai lande lyk darem maar mooi.
Daai lande lyk darem maar mooi.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Ja nee oom. Dit hou my besig! En ons kan nie kla nie. Die graan lyk mooi en die weiding kom mooi aan.
Hierdie 2 foto's is in die selfde kamp geneem. Die een is laas naweek en die ander een is laasjaar 2019. Intussen is daar niks aangeplant nie. Net goeie reën en genade.
Groete Ben
Hierdie 2 foto's is in die selfde kamp geneem. Die een is laas naweek en die ander een is laasjaar 2019. Intussen is daar niks aangeplant nie. Net goeie reën en genade.
Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Ongelooflik die verskil. Baie dankbaar saam julle vir die mooi lande.
Mooi geskiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Mooi geskiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Dankie oom.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Lekker Ben! Ek het nogal gewag vir jou Koedoe 3.0. Hoop daar kom iets anders oor jou pad vanjaar
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Ja oom, my hart is seer oor daai jag. My oupa bel my laas week en sê hy staan en kyk vir 'n koedoe bul en koei op 120m wat elke dag in die selfde kamp is. Ek hoop darem om hom volgende jaar dan te kry 
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2589
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
My 1ste Koedoe gekap op 'n plaas Verenkraal, Steytleville omgewing, 300wm, 150m, slag die Bul 143 uit..
Vandag begin my eintlike menu... Heel week voorlê...
Vandag begin my eintlike menu... Heel week voorlê...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Ek is groen oom!!
Baie geluk en hoop die res van die jag is net so suksesvol.
Groete Ben
Baie geluk en hoop die res van die jag is net so suksesvol.
Groete Ben
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Daar het darem paar Springbokke oor my pad gekom. Ek kon darem een vir my my self skiet, en verder het ek gehelp om 55 bokke uit te skiet. Dit was vet pret!!!
Groete Ben
Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Geluk man. Was dit Sondag voor kerk of na kerk?
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: My 2020 jag seisoen...
Hahaha nee oom Vrydag na werk