My seun se eerste SWB
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
My seun se eerste SWB
So vinnige laaste jag ingewerk saam met Predator op die forum.
Area was Bothaville/Wesselbron langs die Vaal ek was nog nooit in die area nie naste was Theunisen.
Swart wildebeeste was goed geprys en ek het my seun verras en vir hom genoem dat hy een kan jag as ons kans kry. Baie opgewonde het ons Vrydag 4am die pad gevat. Ek het geen jag gewere saamgevat nie want ek het nie tyd geahg om enige van my roere te kon instel vir die langer afstande nie.
Predator het wel sy 300wsm saamgeneem en ons sou Federal 165gr Fusion rak ammo skiet. Geweer skiet op tiekie en almal is gelukkig.
Die wild is al wild gejag deur die seisoen maar na so kat en muis spel klap Predator 2 blou wildebeeste. Met die aflaai van die diere sien ons die Swartwildebeeste het besluit om lusern land wat laag gevreet was tuis te maak seker so 60-70 stuk van hulle.
Die bakkie het skaars omself gewys en die handremme van die vlakte narre is los terwyl ons oppad is slag plek toe.
Hendrik, ons gids vir die dag noem toe hy het 'n plan in sy mou vir die wilde swart beeste. Na ons die ander diere afgelaai het gaan ons reguit terug na die lusern land. Jy sien net swart gevaartes wat maal en wegbeweeg van ons. Hendrik laai ons toe af langs spilpunt se wiele en ek en Aaron gaan le plat op die grond bewapen met range finder en my verkyker en Aaron agter die roer.
Na so paar minute sien ons die Swartwildebeeste in ons rigting kom stadig aan gestoot deur die bakkie wat ons nie eers kan hoor of sien nie. Hulle staan in bondels en maal rond dit vat so 5 minute vir hulle om te klameer en ek begin die afstand meet tussen 320 en 270 meter wat hulle bly beweeg. Hulle gewaar ons maar is nie seker wat ons is nie aangesien ons stil bly op een plek. Nou dat hulle stil is begin ek deur hulle loer vir mooi bul wat ons 'n kans op 'n skoot kan gee. Ek gewaar een aan die regter kant en veduidelik vir Aaron watter een dit is, nadat hy ook die bul positief in sy sig het praat ek hom in die skoot in. Geweer is op 100 meter ingestel en die afstand is 280 meter.
Ek se toe vir Aaron dat die wind van links na regs stoot en dat hy op die linkerkanste lyn van die bul wat links dwars staan op te lyn en met die horisontale lyn op die hoogte van sy rug bo die boude nie sy skof nie. Dit vat so paar keer se verduidleiking en hy verstaan toe presies waar om die skoot op te lyn en die koeel te plaas.
Die bul staan toe mooi en al die ander diere is uit die gevaar uit en Aaron laat loop. Deur die verkyker kan ek die klein spring sien wat die bul maak en die terwyl die klap geluid terugkom na ons wat die raakskoot bevestig. Aaron verloor toe die bees in die terugskop maar sien hoe hy struikel en terwyl hy direk van ons weg beweeg na regs sien ek hoe pomp die bloed in mooi strome uit beide kante van sy lyf.
Weet nie wie was blyer oor die raakskoot nie ek of Aaron maar die bul gan le op sy sy, swaai sy stert toe so twee keer en dis toe klaar. Vandat ons afgelaai is tot ons toe weer opstaan was seker so 20 minute gewees. Maar die plan het baie goed gewerk en Aaron is toe 'n baie gelukkige jagter met 'n prag swart wildebees bul. Pa is baie trots op hom om sy koel te hou met die mooi skoot wat toe perfek was, wind het die koeel gestoot tot net agter die blad en mooi dubbele long skoot laat werk.
Al het ek niks geskiet nie was ek baie gelukkig dit was baie besonders vir my om te sien dat Aaron al hoe meer jagter word en regtig begin mooi skiet en luister.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: My seun se eerste SWB
Baie geluk jong man.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: My seun se eerste SWB
Baie geluk. Dis 'n mooi bees!! Daai goed wys mens maklik die hele plaas...
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: My seun se eerste SWB
Baie geluk Aaron!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: My seun se eerste SWB
Mooi skoot en geluk met die bees.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: My seun se eerste SWB
Baie geluk. Mooi skoot.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: My seun se eerste SWB
Mooi, wonderlike ervaring.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: My seun se eerste SWB
Geluk Aaron met n pragbul en skoot! Freekie ek sien jy begin weer lekker PH speel deesdae. Ja jong met die kroos saam begin die skietkanans al hoe yler vir ons raak.
Groetnis
Wout
Groetnis
Wout
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: My seun se eerste SWB
Wouter, ja as ek kans kry help ek graag mense uit en gebruik dit as verskoning vir wegbreek. Altyd lekker op buffel se spoor al is dit nie vir myself nie.
Baie trots op Aaron want met tiener brein weet jy nie of alles reg optel met fyn instruksies soos waar om die skoot soos die lang ene reg op te line nie.
Dink jy weet self.
Baie trots op Aaron want met tiener brein weet jy nie of alles reg optel met fyn instruksies soos waar om die skoot soos die lang ene reg op te line nie.
Dink jy weet self.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: My seun se eerste SWB
Jy kan my niks daarvan vertel nie. Ek PH nou deesdae meer as wat ek destyds ge-PH het! Ergste is daai tyd het ek darem nog geld gekry daarvoor waar ek deesdae moet gaan staan en geld uithaal!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: My seun se eerste SWB
Mooi bees daai, geluk aan die jong man.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 486
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: My seun se eerste SWB
Lekker storie Frederik! Geluk vir Aaron kan siek hy is self lekker trots!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: My seun se eerste SWB
Mooi man!
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: My seun se eerste SWB
Nice Frederik. Well done Aaron, congratulations.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: My seun se eerste SWB
mooi trofee en mooi skoot.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: My seun se eerste SWB
Dankie almal, gister by ons eerste Na Covid BASA shoot het die man gewys hy begin die 375 ook mooi verstaan gelaai met 300gr teen 2450fps staan hy nie terug teen die seniors nie.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: My seun se eerste SWB
sien jy sê staan hy nie terug nie en nie lê hy nie terug nie.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: My seun se eerste SWB
Dankie
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: My seun se eerste SWB
Frederik. sommer tong in die kies gesê. Ek het met 'n 375 groepering gelê en skiet en na 5 skote was my lus so effens op.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: My seun se eerste SWB
Ons skiet meeste van ons skote vir BASA uit die vuis uit. Party manne sal dit nie wil duld nie veral die met 45 kalibers en grooter.projagter wrote: Sun Sep 13, 2020 12:04 pm Frederik. sommer tong in die kies gesê. Ek het met 'n 375 groepering gelê en skiet en na 5 skote was my lus so effens op.
Sy wildebees het hy met 300wsm geskiet nie 375 nie.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: My seun se eerste SWB
sommer nuuskierig . Wat meet die trofee. Lyk of dit Roland Ward kan wees.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: My seun se eerste SWB
Rofweg gemeet 22" op die kop so maak dit nie maar net met klein bietjie.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: My seun se eerste SWB
Amper. Nogtans baie mooi trofee.