Mooi steenbok
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Mooi steenbok
Naand almal, hoop dit gaan goed.
Ek kon vandag een bok van my "bucket list" afhaal.
Ek wou nog altyd 'n mooi steenbok skull mount gehad het, maar het altyd te sleg gevoel om die mooi bokkie te skiet.
Ek het vir my self gesê as ek ooit die geleentheid kry op 'n bitter groot een wat ek sommer op die oog af kan sien, is 'n trofee, sal ek dit oorweeg.
Ek is toe sommer vandag met die ou 22 Brno die veld in en na so 20min gewaar ek die bok. Ek het toe mooi aan gelê en eers mooi gedink. Vir my is die steenbokkies van die mooiste diertjies. En van kleinsaf is ek geleer ons skiet hulle nie. Ek besluit toe om te skiet. Hy lê toe so op 50m en die 22 koeëltjie tref hom toe net mooi agter die skouer. Een kant in, dier die longe, nip die hart en in die ander kant uit. Hy val toe onmiddellik. Hy het egter weer opgespring en 'n paar meter tot in 'n bos gehardloop
Ek het eers bietjie sleg gevoel, maar nou is ek nogal tsjaf met my 2de Rowland ward. Sy langste horing is 5.3 duim. Hy sal mooi lyk langs my vaal ribbok skedel
Groete Ben

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Mooi steenbok
Mooi steenbok en hulle eet ook baie lekker.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Mooi steenbok
Geluk Ben. Is dit al foto wat jy het? Net n bietjie raad as jy weer n foto neem plaas die roer agte die bok, want ek sien net gun en tokkol bok nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Mooi steenbok
Het dit ook gesien na die tyd oom.joe rocket wrote: Mon Mar 22, 2021 9:09 am Geluk Ben. Is dit al foto wat jy het? Net n bietjie raad as jy weer n foto neem plaas die roer agte die bok, want ek sien net gun en tokkol bok nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Mooi steenbok
Baie dankie oom.
Hoe maak oom met die vleis? Maar biltong of meer "huis vleis"
Groete Ben
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Mooi steenbok
Maak huis vleis, boude en blaaie in die oond. Ribs het ek nog nooit van hulle geeet nie ma ek glo jy kan seker iets met hulle ook doen
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Mooi steenbok
Pragtig Ben! Daai boudjies ontbeen jy , marineer na jy dit oop gemaak het en braai op die kole. Sagter as baie van die steak wat jy al in jou lewe geniet het. Die res is huisvleis
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Mooi steenbok
Absolute koningsmaal . . . steenbok en duiker se vleis (boud in die oond) is hemels!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Mooi steenbok
Nog 'n ding van steenbok . . . brei daardie velletjie - beste riempies vir fyn take wat jy kan kry.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Mooi steenbok
Ek het gister een rugstring gaar gemaak. My mense het amper vuis geslaan oor die laaste stukkie. Die vleis is bitter lekker!
En ek doen presies dit met die vel oom. Dit is amper bietjie sentimenteel vir my. My oorlede oupa (groot oupa) het altyd so velletjie agter die bakkie se sitplek gehad, waarmee hy sy sweep se voorslag gemaak het.
Groete Ben
En ek doen presies dit met die vel oom. Dit is amper bietjie sentimenteel vir my. My oorlede oupa (groot oupa) het altyd so velletjie agter die bakkie se sitplek gehad, waarmee hy sy sweep se voorslag gemaak het.
Groete Ben
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Mooi steenbok
Nou praat jy, Ben. Ons het ook velletjie op die plaas gehad waaruit nou-en-dan baie sorgvuldig riempies vir skoene gesny is.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Mooi steenbok
Dagsê almal.
Ek het toe vandag my skedel mooi gebleik, met Pappabeer se metode wat op een van my vroeër drade bespreek is.
Ek is heel tevrede met die uitkoms.
Groete Ben
Ek het toe vandag my skedel mooi gebleik, met Pappabeer se metode wat op een van my vroeër drade bespreek is.
Ek is heel tevrede met die uitkoms.
Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Mooi steenbok
Baie mooi bok!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Mooi steenbok
Pragtige bok daardie! Ben, laat weet ons as jy die boude gaargemaak het, watter resep jy gebruik het en wat die resultaat was. Ek kon dit nog nie oor my hart kry om so een te skiet nie maar miskien jag een van my kliënte een dan kan ek die vleis nuttig.
Groete
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Groete
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Mooi steenbok
Ben vertel bietjie meer asb hoe jy die skedel so mooi skoon gemaak het.BenJacobs wrote: Wed Mar 24, 2021 7:56 pm Dagsê almal.
Ek het toe vandag my skedel mooi gebleik, met Pappabeer se metode wat op een van my vroeër drade bespreek is.
Ek is heel tevrede met die uitkoms.
Groete Ben
Just smile and wave boys 
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: Mooi steenbok
Baie mooi Ben!
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Mooi steenbok
Terloops, gaan kyk maar op jagplase se pryslyste wat hul vir steenbok vra sou jy besluit jy wil dit jag. Baie duur en dis te verstane.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Mooi steenbok
Hulle is bitter duur ja oom. Dit is hoekom ek die geleentheid aan gegryp het.
Oom Nella, dit is eintlik 'n eenvoudige proses.
Ek het die aand toe ek hom geskiet het die kop mooi afgeslag. En die meeste vleis en oë en brein uitgekrap met 'n tweeser.
Ek het toe hom in water laat lê en elke dag gekyk of sy horings los is. Myne het so 3dae gevat. Toe kook ek hom in 'n pot met net genoeg water om hom toe te maak. Met 200ml peroxide in. Eintlik moet daar 'n koppie in wees, maar 200 was al wat ek gehad het.
En dan haal ek hom kort kort uit en verwyder soveel van die vleis en kraakbeen as wat ek kan. Sit hom dan terug en herhaal die proses oor so 10min. Myne het so 40min gevat. Ek gooi dan hier teen die einde 'n koppie wasgoed seep (omo) in, ek vind hy maak hom net nog bietjie witter en laat hom lekker ruik ook.
Ek maak dan die horings droog (ek het hulle onderstebo laat staan met sout water in) en sit hulle terug. Vat dan bietjie byewas (ek het die gehad nie toe vat ek sommer gewone eskom kerse). Ek vryf dan die kers so bietjie teen die horing tot hy so wit frummels maak, dan hou ek so vinnig bo vlam en vryf mooi in.
Al hoekom ek die laaste stap gedoen het, was omdat die sout die horing gedroog het en die was het hom weer mooi laat blink.
Hier is my ander een wat ek soortgelyk voorberei het.

My ribbok en steenbok trofees.
Groete Ben
Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Mooi steenbok
Pragtige bok en baie geluk!
wat baie lekker is vir my is om die hele rib been en al in biltong te verander sny net die binne vlies vlak oop dat sousie intrek, hang hom. ek doen dit baie met springbok, of ontbeen en maak 'n gevulde rolrib in die oond. rib ontbeen is baie maklik met 'n matmes en skerp mes. sny vlies langs been los met matmes en lig die been, sny af met gewone mes.
wat baie lekker is vir my is om die hele rib been en al in biltong te verander sny net die binne vlies vlak oop dat sousie intrek, hang hom. ek doen dit baie met springbok, of ontbeen en maak 'n gevulde rolrib in die oond. rib ontbeen is baie maklik met 'n matmes en skerp mes. sny vlies langs been los met matmes en lig die been, sny af met gewone mes.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Mooi steenbok
Baie dankie almal.
En ek het noggal vinnig agter gekom hoe lekker die vleis is!!
Ek sal kom deel as ek ander dele ook eet!
Groete Ben
En ek het noggal vinnig agter gekom hoe lekker die vleis is!!
Ek sal kom deel as ek ander dele ook eet!
Groete Ben
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Mooi steenbok
Kan bly wees jy het nie by Oom Jurgen gebraai nie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk