Ons het vroeer die jaar besluit om `n karoo jag te doen.Was `n baie lekker ondervinding en gaan in die toekoms meer gereeld in die karoo jag.Tussen 6 jagters het ons 2 Elande, 4 Swart Wildebeeste, 6 Springbokke, 8 Blesbokke, 2 Rooibokke , 1 Takbok , en 1 Lechwe gejag.Hier is `n paar van die mooier foto`s
Na `n lang stap het ons op `n koppie gesit en die terrein bekyk toe ek `n trop swart wildebeeste sien nader kom het.Het die bul geskiet op 314m met my 30-06 gelaai met 165gr Nosler Accubond teen 2700f/s.

My neef met `n mooi blesbok ram.214m met 7x57.

My ander neef met sy eerste springbok.

Meeste van die plaas lyk of die klippe op mekaar gepak is

Ons verblyf vir die paar aande


Mooi wereld waar ons gejag het

Groete
Francois


