Reels by die plaas van advertensies/ads
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7546
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Reels by die plaas van advertensies/ads
Geagte Lede
Neem asseblief kennis dat die minimum aantal posts alvorens n advertensie op Jaracal geplaas mag word 25 is na minstens 2 maande lidmaadskap met dien verstande dat indien jy vir meer as 6 maande 'n lid is van Jaracal Forum die minimum posts nie van toepassing is nie.
For our new English members regarding adverts - Minimum posts 25 and only after 2 months membership. If you only advertise after 6 months of membership then the minimum posts will not apply.
Enige advertensie wat nie aan die vereiste voldoen nie sal verwyder word sonder dat die lid in kennis gestel sal word.
Lede word ook daarop gewys dat Jaracal geensins verantwoordelik gehou kan word vir enige transaksie wat voortspruit uit n advertensie wat hier geplaas word nie.
Verkopers word wel vermaan om goedere eerlik aan te bied met n volledige beskrywing daarvan. Daar word ook sterk aanbeveel dat n verkoopsprys die produk vergesel asook n foto van die goedere indien moontlik. Deur duidelik die terme van die verkoop uiteen te sit sal misversstande voorkom word.
Lede word ook sterk aangeraai om enige offers of opsies op die advertensie draad self te maak en nie per PM nie om sodoende deursigtigheid en regverdigheid aan te moedig. Hierdie beskerm beide die koper en verkoper en sal as deurslag dien in enige geskil.
Geen dryfmiddel, ammunisie of ontstekers (alle artikels verbonde aan die toepaslike wetgewing) mag adverteer word sonder dat die persoon nie betrokke is by n wapenhandelaar nie. Jaracal kan en sal homself in geen vorm verbind in ontwettige optrede deur lede hier nie. Ons vra ook dat lede asb sulke transaksies onmiddelik onder die bestuur se aandag sal bring.
Jaracal behou wel die regnom enige lid wat hom skuldig maak aan wanvoorstellings of bedrog se lidmaatskap sumier te beiendig.
Lede word ook gevra om op die titel van die skrywe "verkoop" of "sold" aan te bring sodra die produk verkoop is of nie meer beskikbaar is nie. Hierdie kan ook gedoen word deur net op die uitroep knoppie te druk by enige skrywe wat se "Report the post". Neem asb kennis dat indien die skrywe verwyder word dit permanent verlore is vir die sisteem. So met dit ingedagte raai ons die koper sowel as die verkoper om die draad te stoor indien daar enige sake voortspruitend uit die transaksie is.
Ons vra dat alle lede asseblief hierdie reels sal nakom en dat enige oortredings in die verband gerapporteer word. Onthou asb dat hierdie n vergunning is vir Jaracal lede en dat hierdie vergunning ten enige tyd verbeur kan word deur lede wat dit enigsins misbruik.
Ons doen ook n versoek aan alle lede om asb nie negatiewe of onnodige kommentaar te lewer op mense se advertensies nie. Indien jy nie saamstem met die prys nie weerhou jouself asb om iets te se op die draad. Elke persoon is geregtig om te vra vir sy item wat hy wil. Indien jy raad of kommentaar wil gee of lewer aan die verkoper, dan versoek ons asb dat dit per PM gedoen word.
By voorbaat dankie vir al die lede se samewerink in die verband.
Jaracal bestuur

Last edited by tripodmvr on Sun Dec 30, 2018 4:30 pm, edited 3 times in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Manne,
'n Paar riglyne met die plaas van advertensies:
1 - Sit die prys op die opskrif. Dit maak dit makliker vir potensiele kopers om te weet of hy belangstel of nie.
2 - Sit fotos op as jy kan. Indien nie, vra iemand om dit vir jou te doen. Hier is die tutorial: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=32093
3 - Gee duidelike beskrywings van die produk. Bv. Links of regs, ponde en treklengte as jy 'n boog smous.
Noem ook alle foute met die produk soos bv. ringmerke, krappe ens. op teleskope.
4 - Sit jou dorp op. Manne wil nie R3000 posgeld betaal op 'n pakkie koeëls wat R400 kos nie.
5 - Laat die koper spesifiseer watse metode van pos hy verkies. Moenie iets overnight stuur teen R300 as die koper vra vir gewone pos teen R80 nie. Indien dit gebeur moet die verkoper pa staan vir die ekstra bedrag.
6 - Net 'n herinnering. Laat weet ons as die produk verkoop is asb! Hierdie kan jy doen deur of Verkoop op die opskrif aan te bring of die post te rapprteer deur op die "report post" knoppe te druk op n skrywe. Indien nie, sal jou advertensie automaties na 3 maande verval.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Sit asb jul blyplek aan wanneer julle adverteer. Gaan na "User Control Panel" en by "Profile" links op die skerm kan jy dan wys waar jy woon - net dorp en voorstad van herkoms is goed genoeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Nuwe lede, lees asb. die reëls alvorens julle items adverteer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Weer 'n herinnering oor lidmaatskap en die reëls betreffende dit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Ek sou voorstel dat almal weer die reels lees wat ter sprake is met die plaas van advertensies.
Dit word daar duidelik gestel dat die verkoop van ammunisie, dryfmiddel en ontstekers nie toegelaat word op die forum nie, behalwe as jy 'n handelaars permit besit. Deur die reels te verontagsaam plaas die forum (en die eienaar) in 'n posisie waar die SAPS kan optree. Dit is teen die wet om handel te dryf met die beheerde items sonder 'n handelaarspermit.
Hou dit asseblief weg van die forum af.
(Wat gebeur tussen privaat individue op platvorms waar enkripsie gebruik word kan ons nie beinvloed nie)
Dit word daar duidelik gestel dat die verkoop van ammunisie, dryfmiddel en ontstekers nie toegelaat word op die forum nie, behalwe as jy 'n handelaars permit besit. Deur die reels te verontagsaam plaas die forum (en die eienaar) in 'n posisie waar die SAPS kan optree. Dit is teen die wet om handel te dryf met die beheerde items sonder 'n handelaarspermit.
Hou dit asseblief weg van die forum af.
(Wat gebeur tussen privaat individue op platvorms waar enkripsie gebruik word kan ons nie beinvloed nie)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Clarity regarding adverts. See the first post with note in blue
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Net 'n herinnering. Laat weet ons as die produk verkoop is asb! Hierdie kan jy doen deur of Verkoop op die opskrif aan te bring of die post te rapprteer deur op die "report post" knoppe te druk op n skrywe. As iemand in die toekoms dalk na die advertensie soek, moenie die opskrif bloot verkoop maak nie. Sit die verkoop agter die naam van die plasing - ons kan dit dan maklik raaksien en na die argief verskuif.
Koeëls - 150gr Accubond 7mm - (Verkoop) of Verkoop
Koeëls - 150gr Accubond 7mm - (Verkoop) of Verkoop
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Net weerens 'n herinnering. Laat weet ons as die produk verkoop is asb! Hierdie kan jy doen deur of Verkoop op die opskrif aan te bring of die post te rapprteer deur op die "report post" knoppe te druk op n skrywe. As iemand in die toekoms dalk na die advertensie soek, moenie die opskrif bloot verkoop maak nie. Sit die verkoop agter die naam van die plasing - ons kan dit dan maklik raaksien en na die argief verskuif.
Indien jy nie een van die boonste aksies kan uitvoer nie, stuur dan net 'n PM na 'n moderator om te help.
Indien jy nie een van die boonste aksies kan uitvoer nie, stuur dan net 'n PM na 'n moderator om te help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Lees asb weer die riglyne vir die advertensies. Die wat verkoop is - ek sien 'n VERKOOP agter die opskrif baie maklik raak. Dit help nie om "verkoop" in die plasing te sit nie. Ons lees nie al die plasings nie. Los ook die opskrif soos hy was. As jy 100 plasings in die argief het, hoe soek jy na die item wat adverteer was.
Manne, maak asb. 'n onderskeid tussen adverteer en soek van items.
Manne, maak asb. 'n onderskeid tussen adverteer en soek van items.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Stampie - lees bo asb. alle adverteerders
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Ek vra weer mooi. Hou jou opskrif en voeg net die verkoop by. In rooi sal dit nog beter ons aandag trek. Ons lees nie elke advertensie, so help dat ons dit kan raaksien en na die argief verskuif.
Matrys te koop - VERKOOP
Matrys te koop - VERKOOP
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Plaas van fotos :-
1. Sorg dat die fotos individueel kleiner as 2Mb is - stoor die foto waar jy dit maklik weer gaan kry. Maak die foto oop in MS Office Picture Manager en edit dit dan met Resize. Ek gebruik persentasie van 70% en dan is die fotos gewoonlik kleiner as 2Mb. Stoor nou die foto met Save as en voeg Small of Klein agter by sodat dit as 'n nuwe beeld gestoor word.
2. Gaan na Full editor & Preview en kliek op Attachments. Kies Add Files en soek dan die regte foto. Maak dit oop en dit verskyn onder aan die bladsy. Skuif die "cursor" onder jou geskrif en druk Place inline. Die file name verskyn nou tussen hakies Attachment. Jy kan nou jou plasing Submit sodat dit in die bespreking verskyn. Om meer fotos te plaas gebruik net weer Add files. Onthou die 2Mb beperking.

Ek vra weer mooi. Hou jou opskrif en voeg net die verkoop by. Ons lees nie elke advertensie, so help dat ons dit kan raaksien en na die argief verskuif
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Nuwe lede. Lees asb die reëls rakende adverteer op die forum.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Verkoop of onttrek van items - laat weet ons asb. Ons lees nie alle plasings nie. Dit geld vir ander plasings ook, nie net vir advertensies nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Ek wil iets verkoop - plaas dit onder advertensies.
Ek is op soek na iets - Gesoek
Kyk mooi waar julle goed plaas. Dit benadeel jou kanse om gehelp te word as dit verkeerd geplaas word.
Ek is op soek na iets - Gesoek
Kyk mooi waar julle goed plaas. Dit benadeel jou kanse om gehelp te word as dit verkeerd geplaas word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Dankie aan julle wat ons laat weet dat die item verkoop is of dat jul soektog suksesvol was. Daar is egter nog die wat nie die verskil tussen verkoop en soek verstaan nie. Daar is twee verskillende afdelings daarvoor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
PLEASE TAKE NOTE THAT THE RULES ARE STRICT ON ADVERTISING FOR NEW MEMBERS. PLEASE READ THE RULES.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reels by die plaas van advertensies/ads
Baie plasings glip deur omdat ons dit nie lees nie. Dit help niks om binne die plasing te noem dat dit verkoop is nie. Wysig asb die opskrif soos bo gevra.tripodmvr wrote: Wed Sep 14, 2022 9:48 am Ek vra weer mooi. Hou jou opskrif en voeg net die verkoop by. In rooi sal dit nog beter ons aandag trek. Ons lees nie elke advertensie, so help dat ons dit kan raaksien en na die argief verskuif.