‘n Swart Jagdag
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
‘n Swart Jagdag
Ek het die 30ste Februarie van 2022 die 40 jaar kerf bereik en besluit dit is n goeie rede om iets op die bucket list aandag te gee...
Met 2021 se jagseisoen wat nie volgens plan verloop het nie a.g.v. werksomstandighede moes ek eenvoudig vroeg begin in 2022. Om gedurende warmer dae as gewoonlik te jag is nie ideaal nie, maar gelukkig is yskoue vloeibare verversings beskikbaar na n warm jagdag.
Ons het vroegtydig by vriend Marco van Nahla Safaris net buite Schweizer ‘n datum vasgemaak vir ‘n bok of drie. Soos meeste ander jagte van die laaste paar seisoene noem ek net iets van jag dan sit Skillie reeds links voor met minimum oortuiging. Skillie se wenslys is heeltemal omgekeer. Gewone jagters begin onder met vlaktewild en werk dan boontoe na iets soos n buffel. Skillie daarenteen het lankal reeds n buffel platgetrek en werk van bo af ondertoe. Skillie se buffel se neef se kleinseun wat aangetroud is kort nou aandag.
Die trop van omtrent 300 swartwildebeeste doen wat swartwildebeeste goed doen. Maal, skop, hardloop, skraap, tol, snork...
Ons identifiseer gou-gou n paar dik bulle vanaf ons sitplek. Nou moet die boggers net stilstaan. Hy staan skeef, dan is n kalf in die pad. Volgende omsingel n handvol koeie die bul...
Met tyd raak meeste diere rustig. Die pikswart bul beweeg ook stadig vanaf links na regs. Uiteindelik staan hy op sy eis. Marco se Leica vertel iets van 220m wat hy deurgee aan Skillie. Ek hoor die 06 se safety wat vorentoe klik...met die N550 wat brand en die gepaardgaande knal lyk dit of dit willebeeste reen rondom ons.
Die 165gr Accubond het die ou grote hard geslaan. Hy struikel vir n paar treë en ten spyte van die rooi straal bloed wat weerskante van sy lyf sigbaar is, voel hy klaarblyklik vinnig beter en tel spoed op. Marco vra dadelik met watse punte skiet ons want die ding bloei hempaf. Die bul se poeier raak min, hy hardloop steeds voluit maar beweeg min...hy sit effens op sy bas soos n brak wat wag vir n bederfie, dan slaan hy om soos n os. Plat teen grond. Morsdood.
Na minder as n minuut vandat Skillie se 06 gepraat het en sy bees plat is hoor ek Marco noem iets van n mooi bul reg voor my op 150m. Die bul het duidelik die memo verkeerd gelees. I.p.v. wegloop stap hy nader tot net oor die 100m. Ek moes vinnig Sven (my 7mm-08) se kykers afdraai na n kleiner vergroting. Die rooi dotjie van Leupold het laag tussen die ou swarte se bene bly lé. Ek kompenseer so katspoegie vir die dwarswindjie wat ek teen my wang voel en stuur n 150gr ballistic tip. Dit lyk of die bees een van die koning se onderdane is en buig op sy kniee, kopomlaag.
Die ou grote herstel ook vinnig a.g.v. die koper en lood kombinasie. Hy wink selfs vir ons met sy regtervoorbeen en sê ons moet kom kyk hoe lyk die plaas...
Wat my bul nie besef het nie is dat die 150gr nosler meeste van die oorgane in sy bors verwoes het. Sy plan om te hardloop het verander na lê toe n kol met lang gras hom insluk.
Teen laatmiddag is beide Skillie en ek suksesvol met n bitter mooi swartwildebees elk.
Vroegoggend op hierdie einste dag is ons een van Marco se jagkampe binne. Blouwildebeeste, Gouewildebeeste en Koningswildebeeste kom groete ewe vriendelik by die hek. Soos die kamp verander en die vaalbosse minder word gewaar ons rooibokke met n massiewe ram wat oor die vlakte hardloop. Elande met drie dikbloubulle draf ook weg van ons af. Witblesbokke en streepdonkies kuier saam om die volgende draai en dan sien ons hulle. Eers net vier swarwitpensbulle. Die windjie van agter het ons verkeerd verstaan en ons is met n wye draai om die manjifieke diere. Marco bevestig dat daar n bul is wat uitstaan tussen die vier en vra of ek tevrede is? Ja dankie is ganog en ons vat koers.
Ek maak gou seker Sven se keel het 160gr Accubond om te sluk en dan begin ons stap. Marco met die skietstok, ek en Sven wat oor my skouer hang dan Skillie met sy foon vir beeldmateriaal.
Marco stop kort-kort en maak net seker die witpens is nog gemaklik. n Mengelmoes van wildebeeste en waterbokke links van ons maak bekruip moeiliker as verwag. Marco wys na n groen bos tussen ons en die witpense. Met moeite en amper plat op ons pense bereik ons die boom. Die witpense se getal het ook intussen gegroei na sewe pragtige diere.
Marco maak die skietstokke oop en ek rus vir Sven dwars in die rigting van die witpense. Ek staan baie gemaklik met die Leupold se fyn rooi kolletjie uitstaan op die pikswarlyf. Die diere beweeg stadig weg van ons en peusel elke nou en dan aan iets wat smaaklik lyk. n Paar keer raak die sewe broers deurmekaar en bevestig ek met Marco dat ons na dieselfde ouboet kyk.
Niks jaag die witpense nie en net duskant 10:00 blyk dit n goeie tyd te wees vir n oggendslapie. Van die bulle gaan lê en begin herkou aan vanoggend se inname. Marco fluit hard sonder sukses.
Ek staan maklik al meer as 20 minute op die stokke en wag. Dít volgens my heupe en nie my horlosie nie.
Marco vat n kans en stap uit van agter die bos voor ons. Dadelik snork n witpens en almal is op. Twee staar duidelik in ons rigting. Die bul deur Sven se kykers stap stadig weg van ons. Ek sien net sy boude wat blink en horings wat na agter buig. Marco bevestig iets van 208m. Steeds stap hy weg van ons. Kopomlaag is die bul besig om sy laaste maaltyd te nuttig. Marco wou nog sê daar staan hy nou mooi dwars toe ek vir Sven opdrag gee om te spoeg. Met die ‘dup’ as terugvoering weet ek Sven het n 110% gegee.
As n nuwe jagvriend wou Sven weet hoekom staan die bul nog. Ek verduidelik vir hom dat swartwitpense groot diere is met harde bene en met baie poeier aangedurf moet word. Ons bul wat duidelik nie gesond is nie skud sy kop heen en weer en sy stert wapper soos n los seil van n steenkooltrok.
Sven dring aan en hy stuur nog n 160gr Accubond. Nog n ‘dup’ ontvang ons as terugvoering met die bul wat wegstap van ons af. Sven kyk my aan met groot oë en baie baie vraagtekens...
Na sowat vyf ses minute se wag stap ons nader tot 80 treë. Ek verduidelik vir Sven dat hierdie hopelik die laaste een sal wees. Accubond nr 3 tref die linkerblad hard en dan gaan lê hy.
My woorde is min en respek baie toe ons by my eerste swartwitpens staan. Uit die hoek van my oog waar Sven staan teen n ou bos sien ek hy salueer ook die ou grote.
Dankbaar vir die twee goeie mense weerskante van my wat deel is van hierdie hoogtepunt.
Na heelwat fotos het die laaispan kom oplaai en is ons in die rigting van die swartwildebeeste...
Met n vleisie...

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Nog...

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: ‘n Swart Jagdag
Ek dink jy jag te min
Lekker lees Sondag. Pragtig Mellies, meer jag vir nog mooi stories.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Dankie vor die mooi storie Mellies. Amper gevoel of ek langs julle gestaan het. 
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Mooi fotos! Lekker
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: ‘n Swart Jagdag
Mooi vertel, Mellies. Gaan so voort!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: ‘n Swart Jagdag
Lekker jag....mooi memories gemaak!
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: ‘n Swart Jagdag
Eerstens baie geluk met die 4de verjaardag 
Pragtige storie en mooi bokke welgedaan!

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: ‘n Swart Jagdag
Daarsy maak jy 2022 se boeke mooi oop.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Lekker Mielies mooi bokke daai. Jy vertel daai storie so dat asof ek saam was.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Al wat nog kort is n foto van Sven. Hy voel sekerlik uitgelaat…
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Mellies,
Baie geluk. Netjiese bokke en skote.
Mooi vertel.
Groete
Ockert
Baie geluk. Netjiese bokke en skote.
Mooi vertel.
Groete
Ockert
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: ‘n Swart Jagdag
Baie geluk. Mooi gegooi
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen