Raad om Pofadder wors te maak

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Raad om Pofadder wors te maak

Post by Chris (vdB) »

Middag almal

Is hier dalk iemand wat my kan verduidelik hoe om n' vet derm voorteberei as jy n' Pofadder wors wil maak. Ek het dit nog nooit self gemaak nie en het vandag die lewers en die vet derms uitgehou met die plan om twee te probeer maak. DIe man wat vir my geslag het op die plaas het die derm om gedop en skoon gewas vir my en ek het dit toe hier by die huis in sout water kom le. Nou wil ek graag eers hoor hoe julle maak en moet mens hom maar met n' lepel stop of kan jy n' worsstopper gebruik?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by cassie_calvinia »

Gebruik stopper.
kap 'n paar uie, lewer. vet, en ek gooi baie keer bietjie gewone vleis by.
maar die opsies is oneindig. maak 'n lekker kerrie, chilie, pepperdew.
jy kan nie regtig verkeerd gaan.
die leker maal ek nie. sny hom met lekker vyn op.
en, vat gewone wit tou,en bind punte vas
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by tripodmvr »

Die lewer, hart en niertjies word fyn gesny en met uie en spesery van jou keuse in die nersderm ingedruk. Nou moet dit stadig op die vuur gaargemaak word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Chris (vdB) »

Dankie julle. Le mens daai derm maar net so paar dae in sout water dat hy mooi skoon kom, voor die stop?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by J le Roux »

Nee wat Chris, 'n wildsbok se se maaginhoud is darem nie so erg nie, ons spoel hom sommer net met water uit en stop hom.

Indien jy nie toegang het tot 'n worsstopper nie, kan jy regkom met oopgesnyde 2l plastiek koeldrankbottel met die derm oor die drink tuit. Druk sommer die mengsel van die groot oop kant af met jou hand of agterkant van 'n houtlepel as dit moelik gaan.

Partykeer is een kant van die derm heelwat dikker as die anderkant, pas maar jou rooster by die kole aan dat die dunner kant bietjoe minder hitte vang.
Last edited by J le Roux on Mon Apr 25, 2022 10:15 pm, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
lalvisser2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Jul 23, 2015 5:22 pm

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by lalvisser2 »

Almal se reseppies hierbo is presies reg en smaaklik. Ek het net gevind dat jy hom nie te veel vog moet gee nie.....hy skiet maklik !!
Dan nog n triek wat werk is "hongerte" dan is als lekker.

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Chris (vdB) »

Dankie vir julle hulp, ek gaan hom so probeer
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Chris (vdB) »

My Pofadders het verander in Anacondas :laugh:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by ruaanb »

Stadige kole anders bars dit. Erg lus nou!
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by BenJacobs »

Ek maak myne met freddy hirsch se kahalahari biltong speserye. Bitter lekker!
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Chris (vdB) »

Ek het sommer 20% skaap stert vet by die lewer gesit dat dit nie doog is nie en n' kg uie en sommer Ouma en Wapad spice gemeng en dit by gegooi. Die lewer was baie lekker, maar daai Gemsbok se vet derm was so taai soos tjoep. Sal liewer volgende keer netvet gebruik.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Andre308 »

Chris (vdB) wrote: Thu Apr 28, 2022 4:59 pm Ek het sommer 20% skaap stert vet by die lewer gesit dat dit nie doog is nie en n' kg uie en sommer Ouma en Wapad spice gemeng en dit by gegooi. Die lewer was baie lekker, maar daai Gemsbok se vet derm was so taai soos tjoep. Sal liewer volgende keer netvet gebruik.
Presies hoekom ek skilpaaitjies en jakkalsies eerder eet as pofadder. :laugh: :laugh: :laugh:
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by J le Roux »

Andre, vertel asb. meer van jou jakkalsies.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Chris (vdB) »

Ek kon sien hoekom Cassie se hy maal nie sy lewer nie, dit is n' lelike pappery as jy n' ou handmeultjie gebruik met n' nr 4 siffie.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Raad om Pofadder wors te maak

Post by Andre308 »

J le Roux wrote: Thu Apr 28, 2022 8:02 pm Andre, vertel asb. meer van jou jakkalsies.
n Jakkalsie is lewer wat gesny word so groot soos jou duim, gespice word en dan net toe gerol word met net vet, waar die skilpad gemaalde lewer, vet en spice is.

Groete
Andre
Post Reply