Ackley of nie?
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Ackley of nie?
Dalk gooi ek n bietjie kruit in die vuur maar is dit die moeite werd om my 243 of 30-06 te Ackley? Ek sal graag by die manne hoor wat dit wel gedoen het, wat hulle ervaring daarmee is en ook verstaan oor wat die motivering daarvoor was? Ek hou nie van die doughnuts wat my 243 doppe soms kry nie en ek hou nie daarvan om my doppe spesiaal te behandel om dit uit te kry nie maar op die oomblik is dit wat ek maar doen.
Deel asb julle kennis en ondervinding dat mens bietjie kan leer.
Groetnis

Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Ackley of nie?
Jy besef dat enige AI omskakeling maak dat jy alles spesiaal MOET behandel?
Dis waarskynlik die grootste voordeel van die omskakeling, nl. dat jy nou meer aandag aan jou dopvoorbereiding moet gee en dus beter resultate kan verwag.
Oorweeg maar of die verwagte voordeel die ekstra insette en koste vir jou regverdig. Vir baie gebruikers is dit so. Of wil hulle dalk net nie erken dat hulle al daai geld, moeite en tyd gemors het nie?

Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: Ackley of nie?
Ek het n 223 ackley en is mal oor die roer, maar ek sal nie n bestaande kamer ackley nie. As jy loop vervanging doen ja, anders nee.
Ek kan nie die ekstra moeite sien waarvan jy praat nie. Die ackley is eintlik minder moeite omdat jy amper nooit doppe hoef te trim nie
Enigste ding is jy gaan eers die oorspronklikke kaliber se rondtes moet skiet om die doppe na ackley te vorm. Baie mense gooi punte en kruit weg deur of net blindeliks te skiet of "cream of wheat" waar jy bietjie vinnige pistool kruit ingooi, dit vul met mielie meel en dan stop met was of dacron. Beide is n mors van geld en loop lewe.
As jy die pad gaan stap dan werk jy n lading uit met fabrieks doppe, my 223 was net so akuraat gedurende die formings prosses.

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2137
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Ackley of nie?
Soos ek van die ervare manne verstaan het: jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.
Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.
In terme van die doppies is dit blykbaar n handige wins omdat hulle maklike werk en minder probleme veroorsaak. Vir die 243 sal ek dit oorweeg, maar nie vir die 30-06 nie.

HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Ackley of nie?
Ek is 'n leek op die gebied, so verskoon die vraag... Volgens my kennis vind daar 'n vorentoe vloei (geweerdoppe) van die dop plaas met elke skoot... Wat maak die AI anders?Blink Stefaans wrote: Wed May 18, 2022 9:59 pm Ek het n 223 ackley en is mal oor die roer, maar ek sal nie n bestaande kamer ackley nie. As jy loop vervanging doen ja, anders nee.
Ek kan nie die ekstra moeite sien waarvan jy praat nie. Die ackley is eintlik minder moeite omdat jy amper nooit doppe hoef te trim nie
Enigste ding is jy gaan eers die oorspronklikke kaliber se rondtes moet skiet om die doppe na ackley te vorm. Baie mense gooi punte en kruit weg deur of net blindeliks te skiet of "cream of wheat" waar jy bietjie vinnige pistool kruit ingooi, dit vul met mielie meel en dan stop met was of dacron. Beide is n mors van geld en loop lewe.
As jy die pad gaan stap dan werk jy n lading uit met fabrieks doppe, my 223 was net so akuraat gedurende die formings prosses.
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: Ackley of nie?
Hein die 40° skouers voorkom brass vloei. Seker nou nie heeltemal nie, maar in die paar jaar wat ek die roer het, het ek nog nie getrim nie.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ackley of nie?
Dagsê manne.
Ek wil nou nie soos 'n poephol klink nie, maar julle manne spekileer nou op hoorsê.
Hier is my eerstehandse ondervinding met Ackley's.
Indien jy met nat nuwe doppe begin:
Jy hoef, nee, jy moet glad nie jou doppe "voorberei" nie.
Jy laai soos jy vir jou normale kaliber sou laai en skiet die patrone in jou nuwe kamer. Die doppe sal die Ackley vorm aanneem. Dit is 40 grade skouer en amper reguit wande. Op goeie gesag het ek die eerste rondte die koeëls on die lande gelaai en ongelooflike groepe geskiet.
Daarna skiet ek met 'n 1.5mm sprong en kry dieselfde resultate.
Soveel so dat ek Lapua doppe, 23 keer in my .243 Ackley geskiet het. Elke 2de keer uitgegloei en gewas. Ek het nooit die lengtes teruggesny nie omrede die Lee snyer nooit die nekke kon raak nie.
Metaal vloei in die rigting van die minste weerstand en met 'n 20 grade skouer en wigvorm vloei die metaal na die bek van die dop. Dit is dan ook waar die doughnuts vandaan kom.
Met die Ackley is die sye amper reguit en die 40 grade skouer dien as 'n buffer; amper soos 'n damwal wat verhoed dat die materiaal na die bek vloei. Acley kamers is ook gewoonlik "styf" gesny omrede dit nie massa produksie is nie. Dit help ook.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Ackley of nie?
+1Gawie(13mm) wrote: Thu May 19, 2022 8:07 am Dagsê manne.
Ek wil nou nie soos 'n poephol klink nie, maar julle manne spekileer nou op hoorsê.
Hier is my eerstehandse ondervinding met Ackley's.
Indien jy met nat nuwe doppe begin:
Jy hoef, nee, jy moet glad nie jou doppe "voorberei" nie.
Jy laai soos jy vir jou normale kaliber sou laai en skiet die patrone in jou nuwe kamer. Die doppe sal die Ackley vorm aanneem. Dit is 40 grade skouer en amper reguit wande. Op goeie gesag het ek die eerste rondte die koeëls on die lande gelaai en ongelooflike groepe geskiet.
Daarna skiet ek met 'n 1.5mm sprong en kry dieselfde resultate.
Soveel so dat ek Lapua doppe, 23 keer in my .243 Ackley geskiet het. Elke 2de keer uitgegloei en gewas. Ek het nooit die lengtes teruggesny nie omrede die Lee snyer nooit die nekke kon raak nie.
Metaal vloei in die rigting van die minste weerstand en met 'n 20 grade skouer en wigvorm vloei die metaal na die bek van die dop. Dit is dan ook waar die doughnuts vandaan kom.
Met die Ackley is die sye amper reguit en die 40 grade skouer dien as 'n buffer; amper soos 'n damwal wat verhoed dat die materiaal na die bek vloei. Acley kamers is ook gewoonlik "styf" gesny omrede dit nie massa produksie is nie. Dit help ook.
Ek was te lui om te tik
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ackley of nie?
Ackley die 243 en groet jou doughnuts jy gaan ook jou doppe eenkeer voorberei wanneer jy klaar gefire vorm het. Amper geen brass vloei meer nie. Gebruik n no turn reamer dan hoe jy nie dop nekte te sny nie. Jy gaan teen laer druk vinniger skiet as jou standaard 243, maar n Ackley Improved is n Formule een kar met n sexy dop wat wil jaag. Speed kills, lekkerte.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Ackley of nie?
Dankie vir die infoBlink Stefaans wrote: Thu May 19, 2022 8:03 am Hein die 40° skouers voorkom brass vloei. Seker nou nie heeltemal nie, maar in die paar jaar wat ek die roer het, het ek nog nie getrim nie.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Ackley of nie?
Hoekom kan mens nie n bestaande loop laat hersny na AI nie? Verwag jy toleransieprobleme?Blink Stefaans wrote: Wed May 18, 2022 9:59 pm Ek het n 223 ackley en is mal oor die roer, maar ek sal nie n bestaande kamer ackley nie. As jy loop vervanging doen ja, anders nee.
Ek kan nie die ekstra moeite sien waarvan jy praat nie. Die ackley is eintlik minder moeite omdat jy amper nooit doppe hoef te trim nie
Enigste ding is jy gaan eers die oorspronklikke kaliber se rondtes moet skiet om die doppe na ackley te vorm. Baie mense gooi punte en kruit weg deur of net blindeliks te skiet of "cream of wheat" waar jy bietjie vinnige pistool kruit ingooi, dit vul met mielie meel en dan stop met was of dacron. Beide is n mors van geld en loop lewe.
As jy die pad gaan stap dan werk jy n lading uit met fabrieks doppe, my 223 was net so akuraat gedurende die formings prosses.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13514
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ackley of nie?
Jy kan daar is niks wat jou terug hou nie maar dit kos klompie geld om die loop te sny in die eerste plek so dit is beter om dit somer te doen as jy n nuwe/vars loop op sit dan weet jy die loop gaan jou n rukkie hou. Daar is ook die kans dat die GS dit nie gaan wil doen met sy reamer nie want n ou loop wat al lekker gewerk het is nie die idiale ding om met n reamer te sny nie (maak n reamer stomp) en om weer vars staal te kry gaan hul heel moonrltik n duim of 3 agter op die loop moet af sny, daar sit jy nou weer met die probleem of jy genoeg staal daar agter op jou knox het om weer te thread en in die aksie in te skroef na hy gekamer is. Onthou ook as hulle daai loop af draai en hom oor kamer en terug sit gaan daar heel moontlik merke op die loop wees waar hy in die vice was so jy gaan dit of moet oor blou/ceracoat of met die merke lewe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: Ackley of nie?
[/quote]
Hoekom kan mens nie n bestaande loop laat hersny na AI nie? Verwag jy toleransieprobleme?
[/quote]
Dit is ook n moontlikheid.
Ek dink dat die bietjie wat jy wen nie die koste werd is sou jy die bestaande kamer sny nie. Dit is ook nie net van kamer sny nie. Die loop moet ook terug gesny word en soos ek dit verstaan gaan jy die meeste uit jou Ackley kry met langer lope
Geniet die roer soos hy is tensy jy met donuts sukkel. Die dag as jy MOET loop vervang (en as jy hou van skiet gaan die 243 een vd dae n nuwe pyp soek) dan ackley jy hom. Dan is dit n blink nuwe geweer en jy koop matryse vir hom

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Ackley of nie?
Smaak vir my hier is nou baie manne wat maar net n klip in die bos gooi oor iets wat hulle gehoor het en nie self n Ackley kaliber besit nie. In my mening is dit heelwat MINDER moeite as jou kamer reg gesny is. Jou doppe hou amper verewig. En daai ouvrou stor
ie van punte uitskiet as jy fireform is bollie.. Jy werk vir jou gou n lading uit en jag soos jy fireform. Ek het 4 Ackleys en in elkeen skiet die fireform lading bitter mooi.
Iets wat baie belangerik is is dat jou kamer reg gesny moet wees. My 3006AI se kamer se kopspasie is effe aan die groot kant so as ek fireform moet ek of n vals skouer op my dop size of my koeels in die tanne seat. Ek seat my koeel net in die lands. Die idiaal vir my is as jou kamer so gensy is dat jou slot met n nuwe standaard dop met effe weerstand toemaak... Maar dit is maar net hoe ek daarvan hou.

Last edited by Armand Steenkamp on Thu May 19, 2022 11:59 am, edited 2 times in total.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Ackley of nie?
Op die noot van fabrieks kamer uitsny na ackley stem ek ook nie heel saam nie. 3 van my Ackleys was standaard kamers wat net geream is. Ek dink dit gaan maar baie oor die geweersmid wat jou kamer sny...
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Ackley of nie?
Wat lekker is met Ackley fireform is dat die Ackley kopspasie omtrent 4 thou korter is as standaard kamer. So jy hoef nie koeels in lands te laai of vals skouers te bump soos met ander wildcats nie. En fireform ladings is baie akkuraat. Ek het op my 338 LM Ai bitter akurate fireform ladings gehad.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Ackley of nie?
Dit is nou hier waar die probleme inkom en alle geweersmede weet nie noodwendig dat die kamer so gesny moet word nie en sny die kopspasie op die gewone kaliber se go-gauge in plaas daarvan om die go-gauge as die no-go gauge te gebruik.Smitstertjies wrote: Thu May 19, 2022 11:58 am Wat lekker is met Ackley fireform is dat die Ackley kopspasie omtrent 4 thou korter is as standaard kamer. So jy hoef nie koeels in lands te laai of vals skouers te bump soos met ander wildcats nie. En fireform ladings is baie akkuraat. Ek het op my 338 LM Ai bitter akurate fireform ladings gehad.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Ackley of nie?
Verander die geweer se beskrywing, moet dit n nuwe nommer kry, watter papierwerk en aansoeke is nodig?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ackley of nie?
Geen papier werk nie. Die kaliber bly 243 doppe se skouers is net 40 grade.Skietstoel wrote: Thu May 19, 2022 2:51 pm Verander die geweer se beskrywing, moet dit n nuwe nommer kry, watter papierwerk en aansoeke is nodig?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Ackley of nie?
Dankie vir almal se insette, waardeer dit ten seerste. Dit klink vir my asof die 243 eerder standaard in Ackley formaat vervaardig moet word as in die ou Winchester formaat want dit het soveel voordele. My gevolgtrekking is dat ek my geweer maar standaard moet hou totdat die pyp vervang moet word want hy werk baie mooi soos hy is, soos die ingelsman se "leave well alone". Kostes van rou nuwe doppe, matryse, geweersmid ens kan pynlik wees.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Ackley of nie?
Vir die a der manne wat dit dalk ook oorweeg en n armgat soos ek is en nie Redding tipe S dies kan bekostig nie. Koop n Lee Collet neck sizing die. Hy werk 100% om die Ackley doppe te necksize en koeels te seat. Saam met die collet necksizing die kopp jy n Redding Body die vir jou Ackley kaliber vir as jy jou skouers moet terug bump. Die body dies kry jy ongelukkig net in die meer populere Ackley kalibers
-
Muishonde
- Jr. Member

- Posts: 89
- Joined: Sun Aug 19, 2018 9:53 pm
Re: Ackley of nie?
Naand se.
Is dit die moeite werd om n nuwe geweer in 22-250 te Ackley voor die staal/kamer werksverhard ?
Die idee is eenmaal nuwe die's tekoop
Is dit die moeite werd om n nuwe geweer in 22-250 te Ackley voor die staal/kamer werksverhard ?
Die idee is eenmaal nuwe die's tekoop
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Ackley of nie?
As jy Parker Ackley se oorspronklike instruksies lees sal jy sien hy beveel aan dat, om 'n standaard kamer na AI te sny, moet die wapensmid die loop 1 draai dieper in die aksie in skroef en die kopspasie kleiner stel. Dit is sodat wanneer 'n standaard patroon gelaai word om te "fire form" hy mooi styf sit op die min ondersteuning wat oor is by die skouer en behoorlik vorm. Al die mense wat hulle koeëls teen die groewe moet parkeer om die kopspasie te beheer, se wapensmid het kortpad gevat. Nie doodsake nie, as jy herlaai bepaal jy in elkgeval self jou kopspasie. Ai patrone is nog nie van die rek af beskikbaar nie, dus moet jy maar herlaai om enige voordeel te kan ontgin.
Die dop se skouerhoek mag bydra tot die rek van doppe en vloei van materiaal. Die manier wat jy jou hervorm-matrys opstel het 'n baie groter invloed. Met 'n AI is dit makliker om jou matrys so te stel dat die skouer nie onnodig teruggedruk word nie. Dit is een van die groot voordele van die omskakeling.
Stywer tolleransies het altyd 'n positiewe uitwerking op akkuraatheid. As dit die enigste verbetering is wat jy uit jou AI omskakeling kry, is dit waarskynlik die moeite werd.
Stywer tolleransies en oplet na nek-afmetings help ook om "donuts" te voorkom, of dan met min moeite te beheer. Ek het nog nooit "donuts" in my 243 gekry nie, al was die skouerhoek maar net standaard.
As al die skuts met standaard kamers al die selfde "moeite" doen wat die AI jou verplig om te doen, sal hulle alreeds baie beter skiet. Die AI omskakeling verplig jou om jou doppe te vuur-vorm, "custom" matryse te koop en behoorlike ladingontwikkeling te doen. Die selfde goed help ook om jou akkuraatheid en dopleeftyd verbeter. As jy dit al reeds doen op jou standaard kamer, dan is die omskakeling na AI niks ekstra "moeite" nie. Jy kort net bietjie kontant vir die matryse wat jy moet vervang. Dalk nuwe doppe ook. (Die opsie om Lee se standaard nek en "seat" matryse te gebruik, is 'n groot besparing. Jy sal wel steeds ten minste 'n "body" matrys of soortgelyk moet kry wat doelgemaak is vir jou AI.
Vir my is die grootste voordeel van 'n AI omskakeling, as jy daarna na 'n vinniger node kan skuif en steeds binne veilige druk perke kan bly. As jy steeds op dieselfde node gaan sit is die voordeel maar uiters beperk. Op die meeste kalibers is die verskil in maks spoed maar iewers tussen 50 en 100 fps. (Die 30-30 AI is 'n uitsondering.) Die ekstra 200 fps wat Parker Ackley in sy eie data weergee is behaal teen hoër druk. Gelukkig het ons vandag hulpmiddels soos QL en GRT wat die raaiwerk en BS uithaal.
Ek is nie vir of teen AI omskakelings of nuwe gewere/lope met AI kamers nie. Wat ek sê is, jy moet mooi bepaal wat jy kan wen en wat dit jou gaan kos, dan bepaal jy of dit vir jou die moeite werd is. Soos gewoonlik, as 3 skuts die saak om 'n kampvuur bespreek, gaan daar 4 verskillende opinies daaroor wees.

Party mense beweer dat die keelgat van die 243 meer vlamme voel weens die hoek van die nek as die AI met sy 40grade en dat looplewe kan verbeter teen dieselfde spoed. Het iemand dalk so iets ervaar?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2941
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Ackley of nie?
Alwin môre, mooi uiteengesit.Alwin wrote: Thu May 19, 2022 10:13 pm As jy Parker Ackley se oorspronklike instruksies lees sal jy sien hy beveel aan dat, om 'n standaard kamer na AI te sny, moet die wapensmid die loop 1 draai dieper in die aksie in skroef en die kopspasie kleiner stel. Dit is sodat wanneer 'n standaard patroon gelaai word om te "fire form" hy mooi styf sit op die min ondersteuning wat oor is by die skouer en behoorlik vorm. Al die mense wat hulle koeëls teen die groewe moet parkeer om die kopspasie te beheer, se wapensmid het kortpad gevat. Nie doodsake nie, as jy herlaai bepaal jy in elkgeval self jou kopspasie. Ai patrone is nog nie van die rek af beskikbaar nie, dus moet jy maar herlaai om enige voordeel te kan ontgin.
Die dop se skouerhoek mag bydra tot die rek van doppe en vloei van materiaal. Die manier wat jy jou hervorm-matrys opstel het 'n baie groter invloed. Met 'n AI is dit makliker om jou matrys so te stel dat die skouer nie onnodig teruggedruk word nie. Dit is een van die groot voordele van die omskakeling.
Stywer tolleransies het altyd 'n positiewe uitwerking op akkuraatheid. As dit die enigste verbetering is wat jy uit jou AI omskakeling kry, is dit waarskynlik die moeite werd.
Stywer tolleransies en oplet na nek-afmetings help ook om "donuts" te voorkom, of dan met min moeite te beheer. Ek het nog nooit "donuts" in my 243 gekry nie, al was die skouerhoek maar net standaard.
As al die skuts met standaard kamers al die selfde "moeite" doen wat die AI jou verplig om te doen, sal hulle alreeds baie beter skiet. Die AI omskakeling verplig jou om jou doppe te vuur-vorm, "custom" matryse te koop en behoorlike ladingontwikkeling te doen. Die selfde goed help ook om jou akkuraatheid en dopleeftyd verbeter. As jy dit al reeds doen op jou standaard kamer, dan is die omskakeling na AI niks ekstra "moeite" nie. Jy kort net bietjie kontant vir die matryse wat jy moet vervang. Dalk nuwe doppe ook. (Die opsie om Lee se standaard nek en "seat" matryse te gebruik, is 'n groot besparing. Jy sal wel steeds ten minste 'n "body" matrys of soortgelyk moet kry wat doelgemaak is vir jou AI.
Vir my is die grootste voordeel van 'n AI omskakeling, as jy daarna na 'n vinniger node kan skuif en steeds binne veilige druk perke kan bly. As jy steeds op dieselfde node gaan sit is die voordeel maar uiters beperk. Op die meeste kalibers is die verskil in maks spoed maar iewers tussen 50 en 100 fps. (Die 30-30 AI is 'n uitsondering.) Die ekstra 200 fps wat Parker Ackley in sy eie data weergee is behaal teen hoër druk. Gelukkig het ons vandag hulpmiddels soos QL en GRT wat die raaiwerk en BS uithaal.
Ek is nie vir of teen AI omskakelings of nuwe gewere/lope met AI kamers nie. Wat ek sê is, jy moet mooi bepaal wat jy kan wen en wat dit jou gaan kos, dan bepaal jy of dit vir jou die moeite werd is. Soos gewoonlik, as 3 skuts die saak om 'n kampvuur bespreek, gaan daar 4 verskillende opinies daaroor wees.
Al is jy dalk nie heeltemal op die presiese nommer korrek nie, argumentshalwe, omrede party dit dalk effe anders doen, is dit wat jy hier weergee logies en maklik om te kruiskontroleer.
Jou woordgebruik “moeite” in jou eerste plasing was vir my maklik begrypbaar en saamgelees in jou konteks, nie moeilik en moeite om te verstaan nie. Net om winkel toe te ry om jou matryse te moet vervang met ‘n nuwe stel matryse, verg ekstra insette, moeite.
Ek verstaan geensins hoekom elke keer daar oor Ackley gesels word, dinge effe temperamenteel moet raak nie. ‘N Vorige gesprek was hewig. Gesels saam met mekaar en nie teenmekaar nie. Niemand se ego sal seerkry deur te verwys na iemand anders se skrywe nie, reghelp hier en saamstem daar. Sodoende kan die leser en vraesteller ‘n behoorlik ingeligte besluit neem.
Soos Joe terloops hier verwys na ‘n F1-motor. Die motor is inherend meer temperamenteel en moeite om op die pad te hou, soos Ackley. Teen ‘n 85% kompressie en druk, hanteer hy dalk gemaklik met minder moeite en slytasie.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 