Ackley of nie?
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Ackley of nie?
Ackley het sy voordele. Op my 6.5x55AI +P het ek 2400 skote gekry met n 156gr Berger teen 2950fps die loop het nog 0.25MOA geskiet op afstande onder 500m maar het op verder afstande so nou en dan n flyer gegooi op elevasie wat n indikasie vir my was dat hy nader aan einde toe staan. Let wel ES was nog goed. As jy daai resultate vergelyk met n standaard 6.5x55 is daar geen vergelyking nie.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ackley of nie?
Loop lengte?Drenalinjunkie wrote:Ackley het sy voordele. Op my 6.5x55AI +P het ek 2400 skote gekry met n 156gr Berger teen 2950fps die loop het nog 0.25MOA geskiet op afstande onder 500m maar het op verder afstande so nou en dan n flyer gegooi op elevasie wat n indikasie vir my was dat hy nader aan einde toe staan. Let wel ES was nog goed. As jy daai resultate vergelyk met n standaard 6.5x55 is daar geen vergelyking nie.
Kamer druk?
Gee asb jou lading detail, dat die QL gurus die druk kan voorspel, waarskynlik baie hoog. Daarom die groot "verbetering" teenoor die standaard Sweed.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Ackley of nie?
Quickload bly maar net n indikasie.swc-tr wrote: Tue Jun 07, 2022 1:25 pmLoop lengte?Drenalinjunkie wrote:Ackley het sy voordele. Op my 6.5x55AI +P het ek 2400 skote gekry met n 156gr Berger teen 2950fps die loop het nog 0.25MOA geskiet op afstande onder 500m maar het op verder afstande so nou en dan n flyer gegooi op elevasie wat n indikasie vir my was dat hy nader aan einde toe staan. Let wel ES was nog goed. As jy daai resultate vergelyk met n standaard 6.5x55 is daar geen vergelyking nie.
Kamer druk?
Gee asb jou lading detail, dat die QL gurus die druk kan voorspel, waarskynlik baie hoog. Daarom die groot "verbetering" teenoor die standaard Sweed.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
30” loop - 49.3gr RL23. Let wel die +P throat maak dat p-max verder in die loop af plaasvind. Quickload kan nie n akkurate berekening vir daai throat gee nie. Vorige doppe het 13 firings gehad, primer pockets nog styf en primers was nooit plat gedruk nie. Eerste tekens van druk begin op 3100fps.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Ackley of nie?
Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Ackley of nie?
Net so Arnold. Die 6.5x284 se H2O is 64.3gr. Die 6.5x55AI is 62.2gr maar die +P keel help baie met druk vlakke laer hou.Arnold wrote: Tue Jun 07, 2022 5:02 pm Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Ackley of nie?
Netso vir interesantheid Arnold wat sal n 6.5prc met n 24" loop en daardie koel se hoogste node wees?Arnold wrote:Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: Ackley of nie?
Dagse wat is die +p keel?Drenalinjunkie wrote:Net so Arnold. Die 6.5x284 se H2O is 64.3gr. Die 6.5x55AI is 62.2gr maar die +P keel help baie met druk vlakke laer hou.Arnold wrote: Tue Jun 07, 2022 5:02 pm Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Ackley of nie?
Dis basies maar net n lang egalige taper in die keel pleks van lands wat onmiddelik volle kontak maak met die koeel. Daar was al vorige soortegelyke weergawes maar die +P se hoeke en lengte ratio was deur Shawn Carlock van Defensive Edge geontwikkel. Die +P gee byvoorbeeld n 260 Rem n ekstra 100fps as n voorbeeld.Blink Stefaans wrote: Tue Jun 07, 2022 11:41 pmDagse wat is die +p keel?Drenalinjunkie wrote:Net so Arnold. Die 6.5x284 se H2O is 64.3gr. Die 6.5x55AI is 62.2gr maar die +P keel help baie met druk vlakke laer hou.Arnold wrote: Tue Jun 07, 2022 5:02 pm Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Ackley of nie?
Die 6.5 PRC sal seker so 2915fps kan doen uit 'n 24" loop met die 156gr Berger en Rel26LUAN wrote: Tue Jun 07, 2022 6:25 pmNetso vir interesantheid Arnold wat sal n 6.5prc met n 24" loop en daardie koel se hoogste node wees?Arnold wrote:Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Ackley of nie?
Stem saam, ook al gesien dat hulle die 156gr Berger teen 2960/2970fps skiet met N565 uit 24" lope.Arnold wrote: Wed Jun 08, 2022 8:29 amDie 6.5 PRC sal seker so 2915fps kan doen uit 'n 24" loop met die 156gr Berger en Rel26LUAN wrote: Tue Jun 07, 2022 6:25 pmNetso vir interesantheid Arnold wat sal n 6.5prc met n 24" loop en daardie koel se hoogste node wees?Arnold wrote:Ek kan my 260AI op 2880fps skiet met die 156gr Berger en RL26, dit met 'n 26" loop en QL wys nie oormatige druk nie. Daai 6.5x55AI het nog meer dop kapasiteit en 'n langer loop so ek glo hy cruise nog op 2950fps
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ackley of nie?
Hallo JaapDs J wrote: Wed May 18, 2022 10:10 pm Soos ek van die ervare manne verstaan het: jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.
Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.
In terme van die doppies is dit blykbaar n handige wins omdat hulle maklike werk en minder probleme veroorsaak. Vir die 243 sal ek dit oorweeg, maar nie vir die 30-06 nie.
Mag ek vra waar jy al hierdie informasie oor Ackley's gekry het? Verder hoekom beveel jy nie aan om die 30-06 te Ackley nie?
Groetnis
Wouter
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Ackley of nie?
N 30-06 raak n ander monster as jy hom Ackley. Dit is een van die kaliebers wat die meeste baat uit die omskakeling.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ackley of nie?
Met n lekker lang loop en n dop vol N560, ata patata
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ackley of nie?
Wat is die dopvolume verskil tussen die standaard nulkwes en die AI? Persentasie gewys?Kallie Fernhout wrote: Wed Jun 08, 2022 1:42 pm N 30-06 raak n ander monster as jy hom Ackley. Dit is een van die kaliebers wat die meeste baat uit die omskakeling.
Ek was altyd onder die indruk dat die voogkaliber met baie taper op die body en vlak skouerhoeke, die meeste dopvolume vermeerdering wys met AI. Iets soos byvoorbeeld die 6mm Musgrave, .250 Savage en .300H&H, ens.
Om appels met appels te vergelyk, moet dieselfde looplengte, throat ontwerp en kamerdruk behou word, die enigste verskil moet die invloed wees van n groter ontbrandingskamer wat paar % meer kruit kan hou.
Dan is die AI se voordeel baie minder, behalwe die voordele van beter dopontwerp wat minder doplengte vermeerdering gee, as wat voorgegee word.
Daar is geen "free luches" in interne ballistieke nie.
Help my verstaan asb, wat mis ek?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ackley of nie?
Is hierdie dopvolume verskil tussen die standaard .30-06 en die AI akkuraat? Ongeveer 4% meer?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Ackley of nie?
Schalk, gee die mense 'n kansie in die sonskyn en moet nou nie 'n lekker gesprek met feite kom blus nie 
... there is no replacement for displacement
... there is no replacement for displacement
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ackley of nie?
Dankie Arnold, nou verstaan ekke ook.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Ackley of nie?
Ek dink jy het al lankal verstaan
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ackley of nie?
Jy Ackley 'n geweer omdat jy kan! Punt!
Dit is soos om vir 'n man te vra hoekom hy wil trou. Hy kan soveel mooi stories droom soos hy wil en jy kan hom bly vertel dit gaan 'n nagmerrie wees, maar daai merrie gaan hy opsaal. Die verskil is net dat die Ackley hom nooit gaan teleurstel nie en altyd betroubaar gaan wees.
Dit is soos om vir 'n man te vra hoekom hy wil trou. Hy kan soveel mooi stories droom soos hy wil en jy kan hom bly vertel dit gaan 'n nagmerrie wees, maar daai merrie gaan hy opsaal. Die verskil is net dat die Ackley hom nooit gaan teleurstel nie en altyd betroubaar gaan wees.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Ackley of nie?
Kostelik, weet net nie so mooi van merrie wat jou nooit gaan teleurstel nie!
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Ackley of nie?
Ek het heelwat Ackleys, my gunsteling en lekkerste Ackley is my 3006AI. Nou dit kan baie met die geweer tedoen he ook, Tikka Varmint met GRS Beserk kolf. Ek skiet nou n 165gr koeel teen 2940fps. 180gr koeels het ek al teen 2860fps geskiet. Maar ek reken daar is hy bietjie warm met die S361.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Ackley of nie?
Ek dink die geweer het baie daarmee te doen. Ek het ook so Tikka Varmint en die geweer is akkuraat met een van die beste/gladste aksies waarmee ek nog gewerk het.Armand Steenkamp wrote:Ek het heelwat Ackleys, my gunsteling en lekkerste Ackley is my 3006AI. Nou dit kan baie met die geweer tedoen he ook, Tikka Varmint met GRS Beserk kolf. Ek skiet nou n 165gr koeel teen 2940fps. 180gr koeels het ek al teen 2860fps geskiet. Maar ek reken daar is hy bietjie warm met die S361.
Ek het besluit om nie die 30-06 te ackley nie
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ackley of nie?
More Schalk
Ja daai is redelik op die nommer in terme van dopkapasiteit wat gewen word. Myne met Lapua doppe meet net so rapsie oor die 72gr as ek reg onthou. Nou in terme van spoedtoename is jy heeltemal reg, dis nou teoreties, om te se al wat jy met n Ackley wen is die adisionele dopkapasiteit. In praktiese terme werk dit so bietjie anders, want in meeste gevalle en veral vandag waar ons toegang het tot meer poeiers, dat jy n stadiger verbrandende poeier kan kies. Hierdie poeier sou dalk nie prakties gewees het in die voogkaliber se beskikbare dopkapasiteit nie, maar is dan nou weer nommerpas in die Ackley sin. So hierdie poeier se voordeel tesame met die adisionele dopkapasiteit veroorsaak dat jy soms heelwat wen. Ek vat bv die 375H&H wat destyds toe ons net Somchem gehad het en voordat S355 beskikbaar was. Met die Ackley kon jy S365 gebruik wat n enorme spoedtoename met die swaarder koeels gegee het. Spoedtoename is natuurlik n relatiewe term want waar die een persoon 200ft/sek min ag, ag die volgende persoon weer 80ft/sek as baie.
Verder is dit n realiteit dat jy hoer drukvlakke veilig kan hardloop in die Ackley kamer. Die meeste mense weet dat bv die 6.5x55 probleme gee bo 55 000psi en ons weet dit verdwyn met die Ackley. Ek praat nou nie van spesiale keel ontwerpe nie, maar absoluut appels met appels. So ja die prakties is dat jy baie keer n 3000-5000psi hoer kan hardloop in die Ackley wat dan nog n verdere toename in spoed lewer. Dit is n eienskap van Ackley wat ons nie kan ignoreer nie.
Die feit dat jy jou kamer oorsny gee wel vir jou die opsie om jou demensies te spesifiseer soos jy wil, so om iets soos n +P keel aan te vra is n verdere voordeel.
Nou hierdie het alles te doen oor spoed, maar soos ek al hoeveel keer gese het Ackley gaan nie net oor spoed nie maar veel eerder oor die ander voordele. Dit was tog deels die ontstaan van die draad waar n man sukkel met doughnuts.
Groetnis
Wouter
Ja daai is redelik op die nommer in terme van dopkapasiteit wat gewen word. Myne met Lapua doppe meet net so rapsie oor die 72gr as ek reg onthou. Nou in terme van spoedtoename is jy heeltemal reg, dis nou teoreties, om te se al wat jy met n Ackley wen is die adisionele dopkapasiteit. In praktiese terme werk dit so bietjie anders, want in meeste gevalle en veral vandag waar ons toegang het tot meer poeiers, dat jy n stadiger verbrandende poeier kan kies. Hierdie poeier sou dalk nie prakties gewees het in die voogkaliber se beskikbare dopkapasiteit nie, maar is dan nou weer nommerpas in die Ackley sin. So hierdie poeier se voordeel tesame met die adisionele dopkapasiteit veroorsaak dat jy soms heelwat wen. Ek vat bv die 375H&H wat destyds toe ons net Somchem gehad het en voordat S355 beskikbaar was. Met die Ackley kon jy S365 gebruik wat n enorme spoedtoename met die swaarder koeels gegee het. Spoedtoename is natuurlik n relatiewe term want waar die een persoon 200ft/sek min ag, ag die volgende persoon weer 80ft/sek as baie.
Verder is dit n realiteit dat jy hoer drukvlakke veilig kan hardloop in die Ackley kamer. Die meeste mense weet dat bv die 6.5x55 probleme gee bo 55 000psi en ons weet dit verdwyn met die Ackley. Ek praat nou nie van spesiale keel ontwerpe nie, maar absoluut appels met appels. So ja die prakties is dat jy baie keer n 3000-5000psi hoer kan hardloop in die Ackley wat dan nog n verdere toename in spoed lewer. Dit is n eienskap van Ackley wat ons nie kan ignoreer nie.
Die feit dat jy jou kamer oorsny gee wel vir jou die opsie om jou demensies te spesifiseer soos jy wil, so om iets soos n +P keel aan te vra is n verdere voordeel.
Nou hierdie het alles te doen oor spoed, maar soos ek al hoeveel keer gese het Ackley gaan nie net oor spoed nie maar veel eerder oor die ander voordele. Dit was tog deels die ontstaan van die draad waar n man sukkel met doughnuts.
Groetnis
Wouter
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ackley of nie?
Dankie Wouter, jy bevestig my vermoede.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ackley of nie?
My 308 se loop is so te se uitgeskiet. Ek droom oor n 26 duim 308AI.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!