Die Blesbok ram het op 115m gestaan toe hy hom geskiet het. Hy het ñ perfekte skoot geskiet op die blad en die bok het net so paar treë gegee, toe gaan lê hy.
Dit was met ñ 80gr Nosler BTV teen 3358fps uit my .243 AI.

Dit was regtig ñ ongelooflike ervaring, en ek voel baie geseënd om dit met hom te kon deel - iets wat ek ongelukkig nooit met my pa gedoen het nie.
Ek het later die dag toe self ñ kans gekry om die mooi Swartwildebees bul te kon skiet.

Dit was ñ naweek wat gelei net tot nuwe herinneringe, nuwe vriende en ñ nuwe jagter in die gesin!
Sent from my iPhone using Tapatalk

