Advies met 1st Buffeljag
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Het hierdie skedel jare terug afgeneem:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2137
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
n Baie ervare ou jagter het eendag gesê dat n mens n denkbeeldige besemstok tussen die buffel se ore moet breek, dan skiet jy die brein raak.DWB wrote: Tue Sep 20, 2022 7:06 am Het hierdie skedel jare terug afgeneem:
Buffalo Skull (Small).JPG
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 695
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Ek het tans n Zeiss 3-9 met gewone duplex op my .375. Daar was tye in die Zululand bos wat ek regtig gewens het ek kon hom laer as 3x draai. Ek sou by n gewone duplex of die German no 4 (onderste post en sykante dik, boonste post dun) hou. Die kruishaar moet nie besig wees met ander merke of goed nie, net n kruis wat mik waar jy skiet.Klein Karoo wrote: Mon Sep 19, 2022 1:26 pm Mannie baie dankie vir elke inset, ek maak notas, tans op my geweer is n Burris Fullfield 2 6.5x20 met n balistic / mildot reticle, moet ek kyk na n duplex reticle eerder?
Vir wat dit werd is, na die jag het ek n paar skote geskiet met n .416 Ruger met n Swarovski Z6 1-6 op. Dit moet bitter naby aan perfek wees. Kristalhelder beeld, duidelike kruishaar en groot field of view. Eendag as ek groot is...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7546
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
More Jaap
n Kopskoot is defnetief nie aan te beveel vir n buffel nie. Die hoeke waarteen jy n goeie kaans het vir sukses is baie beperk. Daar is altyd n goeie moontlikheid vir defleksie, veral van die kakebeen en tande. n Verdere konsiderasie is dat as jy nie suksesvol is nie, is die skoot bitter min fataal. Ek dink dit is die laaste skoot wat n mens moet aanbeveel veral vir n onervare buffel jagter. Skiet vir die hart/long area.
Klein Karoo, vervang asb daai teleskoop so vinnig as moontlik met een wat geskik is vir die tiepe jag. Verkieslik iets met n 1 vergroting en lekker lang eye relief wat bekend is dat hy die shots kan vat. n Mens berei jouself altyd voor vir die ergste en nie die best case scenario nie. 6.5 vergroting op n strormende buffel is soek vir nonsens. Die manne gee goeie raad oor voorbereiding en deur n paar BASA skiet dae by te woon is n uitstekende voorstel. Persoonlik is ek lief om met tennisballe te oefen, deur hulle op elke denkbare afstand, hoeke en posisies te skiet help ontsaglik baie vir jou selfvertroue. Ek probeer ook altyd my hartklop opkry om dit nog meer uitdagend en realisties te maak. Simmuleer ook konstand jou oorhaal en herlaai. Raak vertroud met jou setup en oefen soos jy gaan jag. n Mens kan nie genoeg voorbereid wees nie. Oja en raak fiks, verseker iets wat baie manne mee sukkel. El laastens gaan geniet dit!
Groetnis
Wouter

Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Baie dankie Wouter en al die manne se advies hierbo, dit word baie waardeur, ek neem dit definitief ter harte. Die kopskoot het ek self oor gewonder, maak vir my perfek sin om dan eerder hart skoot te neem.
Ek sal my teleskoop definitief verander, dit is nie n probleem nie, ek het n Vortex strike eagle 1-6 wat ek ook kan probeer, maar dit het n BDC tipe reticle met die half maan, manne enige ander voorstelle vir die regte tipe teleskoop?
Ek sal my teleskoop definitief verander, dit is nie n probleem nie, ek het n Vortex strike eagle 1-6 wat ek ook kan probeer, maar dit het n BDC tipe reticle met die half maan, manne enige ander voorstelle vir die regte tipe teleskoop?
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Hier is die kruishaar van die Vortex Strike Eagle 1-6, opinies asb?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Dra tekkies as jy gaan jag - jy hom nie virnninger as die buffel te kan hardloop nie - net vinniger as die ander ouens 
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Koop vir jou buffel teiken en kyk hoe lyk die Strike eagle teen die donker vel op.die baan.
As jy kan sit die teiken in die koelte ook dit sal jou baie goeie idee gee of die scope gaan werk.
As jy kan sit die teiken in die koelte ook dit sal jou baie goeie idee gee of die scope gaan werk.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Ek het so rukkie terug n Black Moose 1-6×24 teleskoop by Geno gekoop en op my 458 gesit. Hy het meer as genoeg eye relief en is baie duidelik op al die verstellings. As Geno nog van hulle beskikbaar het sal ek dit beslus voorstel.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
As daai buffel kom om jou te byt op 5,6,7m is die strike eagle kruis totaal suboptimaal. Die Burris wil ek nie eers aan dink nie. Die Maksimim wat ek sal gaan vir n ou wat 1 buffel gaan jag in sy lewe is 3-9x40. My twee DG scopes is n Swaro 1-6x24 EE en n Zeiss Diavari 1,5-6x40. Beide het German #4 kruishare. My .375 Ruger het n Swaro Habicht 2,5-10 op. Dis Ok vir kliente wat baie keer net bietjie meer wil inzoom op 90m, en dan ook plainsgame skiet om vertroud te raak met die geweer. Onthou vergoting is nie n substituut vir kwaliteit beeld en goeie glas nie. Die Extended Eye relief van die Swarovski 1-6 maak hom uiters geskik.
Word fiks. Wees bereid om te stap. Ek het op die jag saam met Jaco my kruisligamente (R PCL) geskeur en kon nog n paar dae klaar jag. Mens jag nie buffels met n babbelas nie. Gebruik die beste verkyker wat jy kan kry om daai diere in ruie bos te onderskei - ou koeie, harde boss bulle, jong bulle etc. Dit bepaal baie maal of jy n trop bekruip en in hulle midde kom as daar skietbare bulle is.
Moenie dat iemand jou druk om n jong dier te skiet nie. Sy boss kook weg by die taksidermis en jou trofee lyk goor. Boek dan liewer n droëe koei en spaar geld.
Volg spore vanaf water met dagbreek. Dis al hoe jy hulle op n groot reservaat kry.
Toets konstand wind. Ek het altyd n Springbok twaksakkie gehad wat ek as as-sakkie gebruik het maar ek het hom verloor. ‘n lee Iliadin 20ml bottel werk net so goed vol fyn as of talk. Ek het die week een aanmekaar geslaan.
Toets al jou ammunisie 2-3 keer dat dit voer en veral extract, in jou geval in die pushfeed Howa.
Oefen van stokke af, veral op buffel teikens en gonge. As jy daai regte buffel skiet moet dit maklik voel.
Elke ou het sy voorkeur rakende premium koeels. Ek glo in Woodleigh en volg op met Dzombo - beide 400gr in die .416 en .450-400 3&1/4”
Ek glo in 300gr .375 koeels. Daai 380gr Rhinos het n trajek soos n boog - hoog op 50m en laag op 100m. Nie goed wat jy jou oor wil bekommer as jy buffel jag nie. Ek weet ook nie hoe lekker hulle in die Howa gaan voer en wat jou magasyn limiet is nie. Jy kan kyk na Woodleigh, Swift A-frame, die nuwe Safari koeels, Barnes TSX, Trophy bonded bearclaw, Rhino 300gr, selfs seker Peregrine. Vat net genoeg saam dat as jou roer val jy 20-30 ekstra patrone het om n probleem mee uit te sort.
Laastens geniet die jag!

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Klein Karoo wrote: Tue Sep 20, 2022 11:03 am Baie dankie Wouter en al die manne se advies hierbo, dit word baie waardeur, ek neem dit definitief ter harte. Die kopskoot het ek self oor gewonder, maak vir my perfek sin om dan eerder hart skoot te neem.
Ek sal my teleskoop definitief verander, dit is nie n probleem nie, ek het n Vortex strike eagle 1-6 wat ek ook kan probeer, maar dit het n BDC tipe reticle met die half maan, manne enige ander voorstelle vir die regte tipe teleskoop?
Ek het groot liefde vir red dot tipe sights en het al baie sukses behaal (moet byse ek jag al 8 jaar plus met hulle) as jy met hulle kan regkom kan ek nie dink dat jy vinniger met n teleskoop sal skiet nie. Beide oop en daai rooi kolletjie my al mooi behandel. Ek gebruik die Aimpoint 9000sc op kort aksies en No1’s en 9000L op levers en lang aksies.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Iets wat ek sterk sal aanbeveel voor die jag is dat jy mooi na skootplasing kyk en as die oomblik van waarheid aanbreek, kalm bly. Vat eerder `n ekstra sekonde of twee om seker te maak die gat (die eerste een!) sit op die regte plek. Met ander woorde, WAG vir 'n kans, moenie een VAT nie. Dit voorkom baie moeite later aan.
Daar is deesdae 'n hele paar koeels wat die werk sal doen. Kies een wat goed werk in jou geweer en moenie te veel slaap hieroor verloor nie. Woodleigh, Barnes, Swift en die ander fabrikate reeds genoem sal almal werk.
Ek weet uiteraard nie wie jou PH is nie, maar ek hoop en vertrou dat hy uit sy pad uit sal gaan om jou gemaklik en op die regte plek te kry voor die skoot. Dis niks lekker om saam met 'n cowboy te jag wat eintlik baie graag jou dier op jou onkoste vir jou wil doodskiet nie, en veral nie met 'n mens se eerste buffel nie. Moenie luister na enige "skiet, skiet, skiet!" as dit nie nodig is nie.
En ja, geniet elke oomblik!

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2941
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
Werklik goeie insette en veral omrede op die onderwerp gefokus word.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Beslis nie haalbaar vir die gemiddelde jagter nie. As ek net kyk na hoeveel varke word jaarliks so gekwes wil ek myself nie eers indink daai selfde manne moet dit op gevaarlike wild probeer nie.Ds J wrote:Om oor skietstokke n kopskoot op 100m te skiet behoort tog haalbaar te wees op n buffel?
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2137
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Verduidelik asb nog - wat veroorsaak dit?Eduard Venter wrote: Wed Sep 28, 2022 7:34 pmBeslis nie haalbaar vir die gemiddelde jagter nie. As ek net kyk na hoeveel varke word jaarliks so gekwes wil ek myself nie eers indink daai selfde manne moet dit op gevaarlike wild probeer nie.Ds J wrote:Om oor skietstokke n kopskoot op 100m te skiet behoort tog haalbaar te wees op n buffel?
Swak skietvermoë, adrenalien / senuwees, skopskuheid, wat nog?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Op varke spesifiek is die probleem dat in die lang gras sien mens dikwels net die kop vir jou loer. Nou vat die jagter daai skoot waarvoor hy onvoorbereid is. Meestal skiet hulle te laag, in die snotboks. Daar is 'n direkte korrelasie tussen kapokhaantjies om die kampvuur en kwesvarke te laag geskiet in die kop. Natuurlik as mens weet waar om te skiet en seker maak van jou skoot is dit nie so moeilik nie.
Net ter interessantheid. Op rooibokke kry ons selde kwes kopskote. Dis gewoonlik dood of mis met so hier en daar 'n uitsondering. Op varke skiet die ouens selde mis maar kwes maklik. Ek sou sê dis omdat die vark se kop groot is maar sy brein klein.
Terug op die onderwerp: ek hou van Deon se foto van die skedel wat deur gesaag is. Doen asseblief jou huiswerk dat jy weet wat is jou opsies ten opsigte van skootplasing. Jou eerste skoot sal waarskynlik wees op 'n buffel wat mooi plankdwars staan. Die opvolg skote is die opsies so wyd soos daai modderpoel in Jagersfontein.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Net ter interessantheid. Op rooibokke kry ons selde kwes kopskote. Dis gewoonlik dood of mis met so hier en daar 'n uitsondering. Op varke skiet die ouens selde mis maar kwes maklik. Ek sou sê dis omdat die vark se kop groot is maar sy brein klein.
Terug op die onderwerp: ek hou van Deon se foto van die skedel wat deur gesaag is. Doen asseblief jou huiswerk dat jy weet wat is jou opsies ten opsigte van skootplasing. Jou eerste skoot sal waarskynlik wees op 'n buffel wat mooi plankdwars staan. Die opvolg skote is die opsies so wyd soos daai modderpoel in Jagersfontein.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Weereens dankie vir alaml se insette sover, word opreg waardeur. Ek het in tussen vir my 300gn Barnes TSX gekry, sal sal n draad begin vir n bietjie QL hulp.
Ek val vas met n teleskoop, meeste scopes met 1-6/8/10 vergrotings het almal BDC / taktiese kruishare, Swaros ongelukkig uit my prysklas, ek wag om terug te hoor oor n moontike Black Moose 1-6 maar hulle is almal uitverkoop by G&G op die oomblik.
Manne enige verdere voorstelle oor scopes asb?
Ek val vas met n teleskoop, meeste scopes met 1-6/8/10 vergrotings het almal BDC / taktiese kruishare, Swaros ongelukkig uit my prysklas, ek wag om terug te hoor oor n moontike Black Moose 1-6 maar hulle is almal uitverkoop by G&G op die oomblik.
Manne enige verdere voorstelle oor scopes asb?
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Advies met 1st Buffeljag
https://safarioutdoor.co.za/shooting/op ... uplex.html

https://safarioutdoor.co.za/shooting/op ... -25mm.html

https://safarioutdoor.co.za/shooting/op ... uplex.html

Hier is n paar goeie opsies. n Vriend hier het n week of drie terug n buffel laat bakkie ry met sy 9,3x62 met n 3-9x36 Swaro op.

https://safarioutdoor.co.za/shooting/op ... -25mm.html

https://safarioutdoor.co.za/shooting/op ... uplex.html

Hier is n paar goeie opsies. n Vriend hier het n week of drie terug n buffel laat bakkie ry met sy 9,3x62 met n 3-9x36 Swaro op.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Futurama het nog verskeie ander fabrikate. Loer daar.
https://www.futurama.co.za/tactical-and ... ification/
https://www.futurama.co.za/tactical-and ... ification/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7546
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Klein Karoo
Daai laaste scope op Dewald se lys is die Moolman vir Sannie. Jy kan jou tyd vat en kyk vir n special op hulle of selfs tweedehans.
Groetnis
Wouter
Daai laaste scope op Dewald se lys is die Moolman vir Sannie. Jy kan jou tyd vat en kyk vir n special op hulle of selfs tweedehans.
Groetnis
Wouter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Desperatezulu
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Re: Advies met 1st Buffeljag
Look at Vixen scopes sold by Camdix. I use a 1-6 with normal plex reticle and an illuminated dot on my 416. Better glass than than everything named on this thread other than the Swaro and Zeiss. Go and check it out!Klein Karoo wrote: Thu Oct 06, 2022 2:36 pm Ek val vas met n teleskoop, meeste scopes met 1-6/8/10 vergrotings het almal BDC / taktiese kruishare, Swaros ongelukkig uit my prysklas, ek wag om terug te hoor oor n moontike Black Moose 1-6 maar hulle is almal uitverkoop by G&G op die oomblik.
Manne enige verdere voorstelle oor scopes asb?
https://www.camdixwapens.co.za/product/ ... 30mm_scope
https://www.camdixwapens.co.za/product/ ... riflescope