Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
soos talle lede op die forum deel ek die passie & liefde & respek vir vuurwapens.
Ek herlaai self vir my pistole & geweer(308,.natuurlik die beste uitvindsel na gesnyde brood ) & wag tans vir my volgende lesensie.
Sien uit daarna om meer te leer op die forum.
Groete H.
Ek is Tiaan en is nou baie goed met herlaai nadat ek al die informasie op die internet hierdie week gelees het. Kry my eerste spul herlaaitoerusting die naweek - vermoed ek gaan vinnig nederig word.
Verder droom ek van ver skiet, nadat ek werklik goed word in herlaai.
Middag manne. My naam is Flip. Ek woon in die noordwes in Rustenburg. Was jare terug lid gewees, maar was vir lank onaktief. Ek het sommer van voor af aangesluit as om my ou password te soek. Ek lees baie van die post op die forum wanneer ek op die web na inligting soek. Ek is n kranige herlaaier. Ek herlaai vir sowat 15 kalibers op die stadium, jag, skiet en gewere is dis uit die aard van die saak my passie, alles van windbuks, boog tot kettie!!
Sien uit daarna om betrokke te wees
Dankie
Flip
More aan al julle mede jagters. My naam is Pieter en ek woon in Randburg. Ek het as kind gereeld in die jag veld gekom en baie bokke laat bakkie ry met my ou Amajuba kettie. Dit was my uopa se wapen wat ek geerf het, maar soos die tyd verloop het het ek minder tyd aan dit spandeer en vir die laaste 15 jaar nie in die veld gekom nie tot onlangs toe ek per toeval n oproep kry van iemand wat 'n jag partner vir n paar dae soek. Ek het weer daai passie ontdek en my ou kettie afgestof, ongelukkig is sy loop nou al goed uitgeskiet en is dit nou tyd dat hy finaal gaan rus in die kluis, ek het hom nou vervang met 'n nuwe Howa 1500 in 300 PRC. Dit is heerlik om by 'n groep soos die te kan aansluit.
_____________________
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
Middag.
My naam is Ben.
Van Lady Grey.
Jag as vrieskas leeg raak en ongediertebeheer as kans kry.
Hou van veldskiet, gong en teiken.
Dankie vir aanvaarding
BenLG wrote: Thu Feb 06, 2025 1:40 pm
Middag.
My naam is Ben.
Van Lady Grey.
Jag as vrieskas leeg raak en ongediertebeheer as kans kry.
Hou van veldskiet, gong en teiken.
Dankie vir aanvaarding
Ek is hier uit Randburg. Ek jag al my lewe lank en is nou net so oor halfpad na my 100 tal toe in ouderdom. Ek het 3 kalibers. Savage.243 Lightweight hunter wat my jong seun baie geniet. My "Old Faithfull" , Musgrave 30-06 en my hart se punt. Sako .375 H&H. Hoewel ek al lank jag het ek vanjaar besluit om te begin herlaai. Ek hoop maar net ek beseer niemand om my nie:)
Ek is Jorrie Jordaan van Bloemfontein. Baie dankie vir my toelating tot die groep.
Ek het vir baie jare - heeltemal te veel - nie geskiet nie. Ek het nou weer begin jeuk, so ek krap! Om te herlaai het ook begin jeuk. Aangesien ek 'n totale leek is daarmee, sal ek graag wil leer uit al die kundiges se kennis en ervaring. Dis juis hoe ek op die blad afgekom het. Ek sien inligting op die blad oor handwapen jag. Dit is ook iets wat ek oorweeg en oor oplees.
Jorrie Jordaan wrote: Fri Apr 11, 2025 8:44 am
Goeie dag almal
Ek is Jorrie Jordaan van Bloemfontein. Baie dankie vir my toelating tot die groep.
Ek het vir baie jare - heeltemal te veel - nie geskiet nie. Ek het nou weer begin jeuk, so ek krap! Om te herlaai het ook begin jeuk. Aangesien ek 'n totale leek is daarmee, sal ek graag wil leer uit al die kundiges se kennis en ervaring. Dis juis hoe ek op die blad afgekom het. Ek sien inligting op die blad oor handwapen jag. Dit is ook iets wat ek oorweeg en oor oplees.