
Ons het gou afgepak en gewere se zeros bevestig. Met so 3 ure is lig oor is meeste van ons veld toe.
Die eerste middag al kon Simon sy eerste bok kry.


My seun was gelukkig om die geleentheid te kry om 'n kreupel goue BWB vir Flippie af te haal. Ordentlike stap en soek gewees om die bok te vind!

Donderdag en Vrydag het ons voorgesit in die oggend, en middae gestap om spesifieke diere te vind.
Anika se swart springbok en blesbok


Lienka en Line se SWBe en lechwes



Simon het nog paar kanse gekry na sy eerste bok.


Herman met sy swb en blesbok


Ek en Wihan ook darem kans gekry tussen die kinders deur. Wicus en Andre was tevrede met bakkie bestuur en gewere dra.
Ek was al 4 keer op die plaas, uieindelik my swb gekry.

Wihan se girls hom darem kans gegee om die blesbok te skiet

Katinka het die laaste dag kans gekry om haar eerste bok te skiet.


Herman kon op die laaste oggend uiteindelik sy takbok gekry. Drie dae hard gejag om hom te kry!

Nadat Herman drie dae gevat het om die ram te vind en uit die bosse uit te kry, gee sy maatjie vir Jacques n kans op pad uit die kamp uit nadat ons Herman se bok gaan oplaai het!

Ongelooflike lekker paar dae by Flippie en Lisel gehad!

Sondagoggend het die Oos-Kaap ons gegroet met klein bietjie sneeu. Waarlike n voorreg en n seën om tyd met goeie vriende en ons kinders in die jagveld te spandeer!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

