Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
NicoO wrote: Tue Apr 09, 2024 6:22 pm
Baie dankie julle, julle is altyd n bron van lekker kennis!
Soos ek genoem het is die spesifieke geweer net vir gongs tot 500m. Met my Tikka in 6.5 CM het ek al op die plaas n kilo geskiet sonder moeite en my 300 skiet ek gereeld tot 700m.
Ek sien iets interessant op die internet oor daai fieldshoot hulle se as loop uitgeskiet is kan mens nie loop vervang nie, alles is aanmekaar gesmee..
Op die stadium is ek nog 50/50 dan tussen n swaar koeel op die 22-250 en n lekker 6mm of dan soos Malan se koop n 243 en AI hom..
Met die 6.5 wat jy klaar het sou ek dan n 8 twits 22-250 kry, as sy loop klaar is is daar n magdom nuwe 22s wat jy dan kan oorweeg
DJC wrote: Tue Apr 09, 2024 7:13 pm
Waar pas die 6mm SLR in die groter prentjie in? Is dit maar basies dieselfde as 6mm creedmoore of het die een meer voordele bo die ander een ?
6SLR het groter dop volume as n Creedmoor en druppel minder as n 243AI, sy groot voordeel is dat hy die nek van die Creedmoor het en die dop capacity van n 243AI so jy kan kruit soos N165 in hom gebruik waar jy nie genoeg da van in n Creed gaan kry om enige regte spoed te maak met n swaar koel nie.
Loop lewe is baie subjektief en jou doel met die geweer gaan bepaal wanner jy die loop gaan moet vervang, ek het n 243 gahad wat ver na 3000 skote nog bokke kon dood skiet en self nog SA Jagter tabelle raak skiet maar my eerste 6SLR wat gebruik was vir verskeie 1000m kompetiesies kon nie na 2000 skote vir my die akuraathied op 1000m gee wat ek benodig het nie, ek het wel die loop bq mishandel en hard gedruk vir spoed, daai geweer sou nog baie jare kon jag maar dit was nie sy doel nie.
As jy n 22-250 hard druk sal hy ook maar vinnig klaar raak, daar sal nie baie tussen sy loop lewe en n 243 sin wees nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Probleem is ons sien nog nie daai koels hier loacally nie en self die manne in die US sukkel om hul hande tans op hul te kry. Die ouens soos Blackjack wat met die hoe BC 25 koele begin het is ook nie meer in besigehied nie so dis maar net Berger en Hornady wat eintlik daai koels verskaf
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Malan123 wrote:Blikkies ek sien dat die Tikka supervarmint in 243 al vir R41500 verkoop op special!!! Koop eerder 'n howa...
Kyk bietjie na Bergara, hulle kwaliteid is mooi, en vir my amper beter as Tikka.....weet net nie of hulle varminter lang skiet ketties maak nie.
Ek't hulle op n kol vir so R23k gesien.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Waarde vir geld sal ek nooit weer kry soos my Howa 223 nie, 24" Heavy Barrel.
Barreled Action en KRG Bravo chassis was R20k
70gr Nosler RDF en 25gr N540 teen +- 2950fps is supersonies verby 850m
Ek het destyds 1500 RDF's gekoop teen R4 een, so ek skiet lekker goedkoop.
Skiet heeldag lank gongs op 600/700m en het al makou plat getrek op net so onder 500m
Klomp videos op my instagram waar hy op die baan speel en PRS kompetisies skiet. Als met niks recoil nie.
Hy is ook binne gewig vir die 223 Veldskiet Kompetisies
Howa 6creed skiet nog lekkerder ma brand onnodig meer kruit en duurder punte vir op die baan speel.
Die idee het so bietjie stil gestaan was besig met die werk, toe gister op Safari se App kom daar n Fieldshoot 6XC met 256 skote deur die loop in die mark. Sy loop is geflute oor geceracote, sneller en slot gepolish met ekstra 10skoot magasyn. Wag nou vir lisensie papiere. Ek hou julle op hoogte!