Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Hou hierdie deel vir besprekings en klagtes ens.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Francois Briedenhann »

Manne ek stem saam oor die hele storie.mense besef nie as hulle so aangaan gaan die jag stories later nie meer daar wees nie!!!!

Groete FB
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by whisper »

Ek stem saam met al die bogenoemde goed, maar ek glo as hulle lid is van ons site,en ons al die feite het, van altwee kante[/font], moet daar "name en shame" wees. Al vra hulle verskoning, is hulle nog steeds n lid van n site waar ons almal betrokke is, ek wil nie eendag op n plaas kom (al skiet ek nie vreeslik baie nie) en daar word gese, "O, julle Jaracal ouens, ek het n klomp slegte goed gehoor van julle", as ons name, en shame en, hulle het die gedragskode geteken, kan daar vir die boer gewys word, dat die fout nie by ons opregte mense/forum le, hulle het wel die gedragskode geteken, en alhoewel ons as forum verskoning vra, het daai manne niks meer met ons te doen nie, en hulle is "geban" oor hulle gedrag. Hulle moet volledig verandwoordlikheid vat vir hulle aksies, en nie ons as n forum/site. Jaracal het n goeie naam met goeie mense, en baie opgeleide roof dier jagters wat saam praat, en saam werk om info in te samel, en n verskil te maak, ons kort nie mense wat maak nie om die goeie naam sleg te maak nie. Daar is genoeg "nie jagters" en groenes wat skade wil maak sonder om sulke mense ook betrokke te he. My hele lewe (al is dit nie baie lank nie!) as n jagter het ek sulke nonsens gesien, en niks goed kom daaruit nie. Ek weet dat dit erg klink, maar ons moet ons toekoms as jagters verseker met saamstaan as n forum, ons kan nie skade bekostig nie.

Skies oor my slegte Afrikaans, ek tik nie baie goed as ek kwaad is.

Saamstaan manne.

Groete.

Whisper.
Last edited by whisper on Sun Sep 11, 2011 9:14 am, edited 1 time in total.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Koos Barnard »

Mense
Ek stem volkome saam met Whisper. Die skuldiges moet waai, selfs al vra hulle om verskoning. As Jaracal nie optree nie val ons in dieselfde kategorie as Zuma wat nie sy baldadige onderhoriges in toom kan hou nie of ten minste nie bereid is om teen hulle op te tree nie. Die name moet bekend gemaak word en dan moet hulle verban word van die Forum. Ek koop nie die storie dat die manne dalk 'n fout gemaak het omdat hulle menslik en feilbaar is nie. Tree Jaracal nie op nie sal die integriteit van die Forum en almal hier betrokke bevraagteken word. Ek is nou wel nie 'n jakkalsjagter nie, maar as jagter word ons almal oor dieselfde kam geskeer. Ons beter ons neuse skoon hou.
Groetnis
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by whisper »

Dankie Oom Koos.

Groete.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by 243Songdaug »

Ambessa,

Ek stem totaal en al saammet Whisper en Koos - hierdie lede is besig om ons almal se name deur die modder te sleep - ons behoort ons te distansieer van persone wat hulle skuldig maak aan die tipe gedrag.

Groete
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by BLOK »

Di is nou werklik slegte nuus.

Wil graag saam met Whisper en Koos op die een wees maar ek dink nie dit is werklik uitvoerbaar nie. As hulle van forum verwyder word is dit so maklik om weer aan te sluit soos n nuwe yahoo adres oopmaak, en net op n fals naam weer begin post. My voorstel sal wees maak die manne bekend as ons weet wie hulle is is dit beter ons kan hulle dophou ander lede in hul area kan hulle monitor en gereeld op die vingers tik as dit nodig is. As daai manne weg is en aangaan het ons geen beheer of manier om te weet wat hulle nog aanvang nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by whisper »

Dit is waar wat jy se Blok, maar as hulle weg is, ten minste is hulle nie meer geasosieer (??) met die forum of die site, dit is heel belangrik dat ons die integriteit (??) van die site, en die site se naam beskerm.

Skies as daar spel foute is.

Groete.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Louis102 »

Dat hulle wie se gewetes heeltemal skoon is en gedrag nog altyd 100% onberispelik was, die eerste skote in hierdie "vuurpeloton" skiet!  Diegene wie nog nooit 'n jakkals oor die buurman se draad ge"poach" het nie.  Wys my die stel re?ls wat hier neergel? is waaraan ons moet voldoen!  Ek het nog nie daardie "topic" op hierdie forum gesien nie.  Ek het ook al in my verlede 'n koedoe in die nag geskiet, is ek ook nie meer welkom hier nie?  As ons lede begin verban, waar trek ons die streep?  Wat van die boere wat 'n draai jakkals skiet wat sy lammertjies vang?  Is hulle nou ook onwelkom?

Verstaan reg:  Ek keur glad nie die "oes" van koedoes in die nag goed nie, inteendeel dit grief my ook dat veral jakkalsjagters, dit doen.  Ek dink dit is glad nie in lyn met die "Gedragskode vir Roofdierjagters" wat ek en die ander wat daaraan saamgewerk het, probeer vestig en tuisbring het, op hierdie forum nie.  MAAR, om manne sommer  uit die staanspoor hier te wil verban, voordat die feite op die tafel is, is in my boek ook nie reg nie.

Kom ons laat hoor ons stemme hoor en kom ons laat almal duidelik verstaan wat reg, verkeerd en onaanvaarbaar is.  MAAR, kom ons ondersoek ook ons eie doen en late en kyk of ons dan self so heeltemal onskuldig is.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Monrique (SJ) »

Louis en ander

Ek dink ons almal weet wat reg is en wat verkeerd is. 

Is dit nie moontlik laat die manne stem of die sonde bokke se name bekend gemaak word of nie?


Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Monrique (SJ) »

Ek het nogals n idee wie 1 van hierdie kerels kan wees..........  En sal my vermoede van lank net bevestig!! Ek hoop regtig dat ek verkeerd is.

Ek glo as hulle mans genoeg is sal hulle kom se wat hulle kant van die saak is!

Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Mon Sep 12, 2011 11:12 am, edited 1 time in total.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Koos Barnard »

Louis102
Ek het gedink die feite is op die tafel en dat die manne wel gedoen het wat ges? is. As daar wild gesteel is, dan skiet ek maar my skoot as deel van die vuurpeloton. Dis omdat ons nie wil optree teen oortreders nie dat jagters in sommige gevalle sulke slegte name het. Ek is jammer maar hierdie is nie 'n saak waar die "gooi-jy-onskuldige-die-eerste-klip-kaart gespeel moet word nie (dis nou as die feite bekend is - as dit nie is nie dan glo ek moet ons wag).
Groetnis
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Beretta »

Koos Barnard
Ek stem saam met jou.As die manne van die forum is moet ons weet.
Beretta
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Louis102 »

Koos Barnard wrote: ... Louis102 ... Ek het gedink die feite is op die tafel .... As daar wild gesteel is .... "gooi-jy-onskuldige-die-eerste-klip-kaart gespeel moet word nie ...
Koos Barnard

Ek dink nie Taffie het ges? daar was vir 'n feit "wild gesteel" nie (ek het dalk verkeerd gelees).  Ek probeer ook niemand se optrede verdedig nie.  By my is koedoes so te s? "kroonwild" en selfsugtige uitroei daarvan met ligte in die nag, walg my.  Inteendeel, trofee-bulle hier by my gaan van ouderdom dood, hulle sal nie geskiet word nie!

Ek is ook steeds een van die grootste voorstaanders vir 'n "Proffesionele en Etiese Gedragskode vir Roofdierjagters" op hierdie forum en het hieroor reeds meer werk van gemaak, as meeste.  Die idee was juis om dit wat goed en reg is ten opsigte van dit wat ons doen, te promofeer, maar ook dit wat nie aanvaarbaar is vir ons as groep is nie, met wortel en tak uit te roei. (jy sal ons gedragskode onder "lede-alleen" vind)

Ek kan egter nie op die "verban en jaag die manne ter sprake weg" - karretjie wees, voor ek presies weet wat aangaan nie.  Indien ons wil "straf" proppageer voor ons weet wat aangaan en wat die omvang van die misstap was, dink ek ons span die kar voor die perde.  Dis nie hoe ek geoordeel wil word nie en ook nie hoe ek ander sal oordeel nie.  Dit beteken nie dat ek 'n blinde oog vir onaanvaarbare optrede het nie en nog minder dat ek met 'n "saggies-saggies"- kaartspelery besig is.  

My versoek was dat elkeen 'n slag self-ondersoek instel om seker te maak ons eie optrede is en was altyd nog in lyn, voor ons ander se optrede, uit verband ruk / dalk nie uit verband ruk nie.  Ook om mooi na te dink waar die lyn vir hierdie tipe "straf" dan getrek moet word, siende dat ons nie almal altyd so heeltemal onskuldig blyk te wees nie.  Is daar werklik iets fout met so 'n versoek?

S? jy my wat moet ons met die manne wat draaijakkalse skiet, maak?  Of die ouens wat sal erken hulle het "onwettig" al 'n jakkalsie oor die draad ge"poach" of een sonder permit daar in die Weskaap van kant gemaak?  Gaan ons hierdie manne oor die selfde kam skeer?  Alles is nie altyd so perfek wit en swart soos dit met eerste oog opslag mag lyk nie.  Jammer as dit nie die gewilde ding is om te s? nie, maar dis hoe ek mooi probeer dink.

Louis102
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by whisper »

Ok, this one I am going to do in English

Without Prejudice

....... Louis 102 I understand what you are saying about throwing the first stone, I said in my first post that both sides of the story need to be heard, however, I possibly did not make my point clear (highly probable!), I don't feel that this is about who has shot a jackal over a wire, or who has shot a kudu at night, it is not about what we have done personally, Jaracal as a website whether you want to believe it or not portrays a GLOBAL statement (this website can be read by anyone, anywhere in the world) as an ethical problem animal/hunter site, there are enough anti hunting people about to cause unnecessary headaches than we could possibly need, we do NOT need to add fuel to the fire by having the sites name dragged through the mud with stories of this nature. If the general feeling of the site is to NOT TAKE ACTION once a story of this nature surfaces, the end result will be a total lack of confidence in the site and it's members. This is for the greater good, not because we don't like somebody, for the good of the site, and ALL it's members. However, this can only be carried out once all the facts are at hand. The site, and it's hunters have very quickly built a good reputation, and what's more, this site has an area that members of the PUBLIC can get in contact with problem animal hunters whose names are available on this site, who have filled in documents that say they agree to abide by the code of conduct on this site, are we now saying that this code of conduct is only a general guideline, and because it has NO LEGAL bearing that we are no longer men of honour, if that is the case, why bother to fill it in in the first place/have the code of conduct at all? If we as members of this site/public forum will not deal with these issues as and when they arise, the site will fail, and we will lose all of our hard won credibility, the site is much bigger than one or two errant members. Please note that I am not condoning shooting illegally, nor am I saying that I have never done anything wrong, but I have never done anything to bring Jaracal's name into disrepute, and that is the point that I am making.

Hope that this makes sense.

Regards.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by iceman1982 »

NICO wrote: Ok

Ek het met die boer gesels en hy het vir my gese dat hy nie graag in n persoonlike geveg wil betrokke raak met enige persoon nie. Maar wat hy wel sal doen is om sommer direk met een van die Moderators in verbinding te tree en dan soo ook die storie uit te sorteer en dat enige een dan welkom is om vir hom te kom wys hoe dit dan gedoen moet word.
So as een van julle manne bereid is om met hom te gesels dan kan julle net vir my n PM stuur dan sal ek julle in kontak met hom sit.

Nico
Reg, nou kom ons sit n kietie bymekaar en stuur een van ons groot kannone soontoe. Moet darem die naam hoog hou of hoe.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by tafjak »

Almal

Jammer vir die ruk-en-pluk besoek van die Forum die afgelope paar dae, so bietjie besig buite sein. Het gou vinnig hier deur gelees en reken almal het dit dieselfde ervaar as ek toe dit aan my bekend gemaak is. 'n Man raak net vies wanneer jou werk, ek is baie trots op my "Pos beskrywing" van Probleemdier-/jakkalsjagter, en verdra nie wanneer manne in dieselfde werk herhaaldelik oor die tou trap nie. Of dit nou vol- of deeltyds is.

Ek sal die name bekend maak wanneer hulle skuldig bevind word om enige kruisiging te voorkom wat onnodig mag te wees. Die punt bly staan dat sulke tipe gedrag nie geduld sal word nie.

Ek wil net die "poach"etiket wat om sekere groepe hang by jakkalsjagters stop of vermy.

Mooiloop

Ps. Kom ons behandel/bespreek die probleem en nie die persoon nie, daarom sal ek die beskuldigdes se name weerhou totdat enige uitsprake gelewer is.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Monrique (SJ) »

tafjak wrote: Almal

Jammer vir die ruk-en-pluk besoek van die Forum die afgelope paar dae, so bietjie besig buite sein. Het gou vinnig hier deur gelees en reken almal het dit dieselfde ervaar as ek toe dit aan my bekend gemaak is. 'n Man raak net vies wanneer jou werk, ek is baie trots op my "Pos beskrywing" van Probleemdier-/jakkalsjagter, en verdra nie wanneer manne in dieselfde werk herhaaldelik oor die tou trap nie. Of dit nou vol- of deeltyds is.

Ek sal die name bekend maak wanneer hulle skuldig bevind word om enige kruisiging te voorkom wat onnodig mag te wees. Die punt bly staan dat sulke tipe gedrag nie geduld sal word nie.

Ek wil net die "poach"etiket wat om sekere groepe hang by jakkalsjagters stop of vermy.

Mooiloop

Ps. Kom ons behandel/bespreek die probleem en nie die persoon nie, daarom sal ek die beskuldigdes se name weerhou totdat enige uitsprake gelewer is.

:-X :-X


Groetnis
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by whisper »

Dankie Oom Taffie, voorspoed met jou besige tyd voorentoe.

Groete.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Boertjie »

Taffie

Was die wild geskiet terwyl daar jakals gejag was?

Boertjie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by tafjak »

Louis

Ek het verder gelees:
S? jy my wat moet ons met die manne wat draaijakkalse skiet, maak?  Of die ouens wat sal erken hulle het "onwettig" al 'n jakkalsie oor die draad ge"poach" of een sonder permit daar in die Weskaap van kant gemaak?  Gaan ons hierdie manne oor die selfde kam skeer?  Alles is nie altyd so perfek wit en swart soos dit met eerste oog opslag mag lyk nie.  Jammer as dit nie die gewilde ding is om te s? nie, maar dis hoe ek mooi probeer dink.
Ek dink jy ruk die hoender hier. Lyk my jy keur die CN-Wette goed. Ek glo dat hier darem al 'n paar manne is wat weet dat hier 'n paar groen wette is wat nie haalbaar is nie. Om wild sonder permit(onwettig) te gaan jag by ander gronde vir eie voordeel is na mening nie nodig om deur wette beheer beheer te word nie, maar slegs deur gesonde verstand. Om 'n spring-/blesbok te jag op jou eie grond(wat jy tog maar gekoop/geteel het) vir eie gebruik(lees eet) is na my mening nou nie "onwettig nie".

My punt op die eerste post(myne) was dat jakkalsjagters moet pasop dat hulle nie onwetens in iets in gelei word wat onwettig is nie. M.a.w. dat as jy 'n bok vir iemand moet skiet, sorg dat dit wettig is. As die kli?nt 'n bok "onwettig" op sy eie grond wil jag vir eie gebruik, laat hy dit self doen en sorg dat jy as jakkalsjagter nie in die gat val nie.

Ek sal die jagterX ondersteun as hy wettiglik deur Kli?nt versoek is om jakkals te jag en ongelukkig die ding skiet wanneer hy die buurman se draad kruip en aan die anderkant doodgaan!

Wonder wat jou(enige iemand) sal wees wanneer 2 bloedkolle in jou grond aandui dat 2 gemsbokke gejag is sonder jou teenwoordigheid en wanneer die 2 bloedkolle die doodgaan van 2 jakkalse is?

Is "poach" nie stroop nie? "Stroop" jy wanneer jy koedoe vir eie gebruik skiet op eie grond buite jagseisoen?  "Stroop" jy wanneer jy jakkals in buurman se grond oor die grensdraad skiet?

Wetie!

Groetnis

Ps. Waar is die "Bewaringsbewustheid" etiket wat na my menig regtig om jagters hang? Tog is daar 'n verskil by my tussen "Poacher" en jagter.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by tafjak »

Boertjie

Nee
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Louis102 »

tafjak wrote: .... Ek dink jy ruk die hoender hier. Lyk my jy keur die CN-Wette goed ...
Tafjak

Wat kan ek s??  Ek wonder wat die werklike rede is, hoekom vertolk jy dit wat ek ges? het, soos jy dit wel doen? 

Is dit werklik so onbillik om te vra waar ons die streep gaan trek, as ons begin om mense van die forum te skors oor beweerde "onwettighede"?  As jy my steeds wil "kruisig" oor my pleidooi vir regverdigheid, laat dit so wees.

Mooiloop, ek sal jou nie verder pla nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ..... in die Aberdeen-omgewing van koedoes wat in die nag in oopveld ge-oes is en dat meer springbokke as wat die permit voorsiening maak, geskiet is ..... koedoes saam met die kli?nt in die Graaff-Reinet area in die nag gejag het ....
Jammer, net miskien net ten laaste, vir duidelikheid, want die ding ontstel my nou ....  N?rens is aanvanklik ges? dat bokke gesteel, ge"poach" of gestroop is nie.  Onthou, ek/ons weet nie wat die details van die saak is nie - hoeveel koedoes is in die nag ge"oes" en hoeveel springbokke is meer as op die permit geskiet nie.  As bo-genoemde aantuigings alleen, genoeg is om te besluit dat 'n lid van hierdie forum geskors moet word, dan weet ek nie.  Ek het ook al 'n koedoe in die nag geskiet en ek was al by waar 'n paar springbokke meer as op die permit getal ge-oes is, dit gebeur maklik, veral as daar meer as een voertuig oes.  Gaan julle my ook nou skors?

Wonder wie "ruk die hoender" hier?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Pvdw »

Manne, die is 'n moeilikke een en ek sien Louis en Taffie se punt raak maar as daar feite op die tafel is en dit stel jagters in 'n slegte lig sal daar gepraat/opgetree moet word.

Ek glo egter dat die moderators op die forum volwasse/ervare genoeg is om 'n regverdigge oordeel te vel en daarvolgens op te tree.

Dinge soos hierbo genoem is van die hoof redes waarom boere skepties is om jak jagters op hul plaas toe te laat. Jy moet eers gatkruip en beloftes maak, jou kriminele rekord wys en als voordat iemand jou op die plaas toelaat net omdat So of So laas droog gemaak het op die oom se plaas.

Dis presies dieselfde met visvang. Niemand word meer toegelaat nie want laas het niemand 'n gat in die kanoo gemaak en sommer 'n spul papiere net daar gelos na hulle weg is.

Dit maak my gatvol om altyd net te explain wie ek is en wat ek wil doen. Jy is altyd op die verdedig nog voor jy daar aankom. >:( >:(

Soos ek s?, as die feite daar is MOET Jaracal optree.

Peet
Work to live, don"t live to work
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Slegte smaak in die mond deur jagters gelos

Post by Beretta »

Peet
Ek stem saam gom gatte sal daar altyd wees wat droog maak.Name and shamme met al die partye se kante of stories
Beretta
Post Reply