2024 Jag Fotos
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
2024 Jag Fotos
Goeie more, sien daar word nie baie jag gesels tans nie, wie was al in die bevoorregte posisie om 'n jag te kon doen die jaar.
Gedink dit sal lekker wees as ons kan deel wat die lede al kon skiet die jaar met 'n paar fotos van julle diere.
As iemand die voortou wil neem en solank deel? Anders sal ek later vandag solank 'n ietsie opsit.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Jase6191
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Fri Mar 31, 2023 10:04 am
Re: 2024 Jag Fotos
Eerste Springbok geskiet die jaar. En nog n blesbok vir die vrieskas.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Rooibok geskiet met 6.5 CM 143gr ELDX.
Sable geskiet met 30-06 178gr ELDX
Beide naby Bothaville
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sable geskiet met 30-06 178gr ELDX
Beide naby Bothaville
Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 180
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: 2024 Jag Fotos

My neef se bok. Maar ek was by en het nie fotos van myne geneem nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Lekker, gaan self hopenlik Julie paar Springbokkies skiet in die KarooLouisdewet wrote:
My neef se bok. Maar ek was by en het nie fotos van myne geneem nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 2024 Jag Fotos
Bietjie in Tolwe se wêreld 'n draai gestap.
Beide bokke met 404 Jeffery, Aimpoint Micro en 400gr Safari Bullet Co geskiet.
Rooibok was 24" en na 2 dae se hang 42.5kg
Beide bokke met 404 Jeffery, Aimpoint Micro en 400gr Safari Bullet Co geskiet.
Rooibok was 24" en na 2 dae se hang 42.5kg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Daai Rooibok is besonders, baie geluk!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 2024 Jag Fotos
Ek het saam met ou DWB rond geloop in Tolwe maar toe kap ek en 'n ander pel 'n nie so vars stukkie hoener en toe is ons jag verby behalwe katskiet.
Maar plan B die volgende naweek en na die intense gewig verlies oor paar dae toe kap ek Speculatie se wereld langs die Limpopo en kap toe ook vir my so groot rooibok ram uit te same met prag eland koei.

Was so dubbel gelukkie en ek en my pel kon altwee die rammee wat baklei het omgooi.
Links my 24 1/4" ram met die 7x57 en regs jonger ram met die 6.5x55 langs die Limpopo rivier.

Die prag koei gaan my yskaste mooi vol maak en ons is verseker van lekker vleis vir hele ruk.
ook met die 7x57 geskiet.
Maar plan B die volgende naweek en na die intense gewig verlies oor paar dae toe kap ek Speculatie se wereld langs die Limpopo en kap toe ook vir my so groot rooibok ram uit te same met prag eland koei.

Was so dubbel gelukkie en ek en my pel kon altwee die rammee wat baklei het omgooi.
Links my 24 1/4" ram met die 7x57 en regs jonger ram met die 6.5x55 langs die Limpopo rivier.

Die prag koei gaan my yskaste mooi vol maak en ons is verseker van lekker vleis vir hele ruk.
ook met die 7x57 geskiet.
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 Jag Fotos
So wat ons leer hieruit: moenie jag en hoender eet nie
Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Watse tiepe mens braai/eet hoender op n jag...baie mooi Rooibokke Deon en Frederik!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 384
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Dis daai laaste KFC padkos happie seker....
Baie mooi rooibokke daai manne !
Baie mooi rooibokke daai manne !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Daai nuggets wat so 3 dae opi dash gele het seker
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: 2024 Jag Fotos
So amper maand gelede paar springbokke in Abdereen se wereld geskiet. Nog nooit daai omgewing so groen gesien hierdie tyd van die jaar nie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Ek was so vêr bevoorreg om 'n paar takbokke te skiet by 'n kennis die jaar.
Ek het 2 mooi ramme en 'n jong ram geskiet en my pa en broer kon elkeen ook 'n mooi ram kry.
Eerste keer wat 'n Takbok walk en stalk het. Was nog altyd op to do list. Hulle is hel skelm. Ek het die voet pad deur die kloof gestap en later toe ek terug kyk toe staan hy in 'n bos langs die pad. Na ek hom geskiet het het ek gesien hy is oor my eie spore van paar minute terug.
Groete Ben
Ek het 2 mooi ramme en 'n jong ram geskiet en my pa en broer kon elkeen ook 'n mooi ram kry.
Eerste keer wat 'n Takbok walk en stalk het. Was nog altyd op to do list. Hulle is hel skelm. Ek het die voet pad deur die kloof gestap en later toe ek terug kyk toe staan hy in 'n bos langs die pad. Na ek hom geskiet het het ek gesien hy is oor my eie spore van paar minute terug.
Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: 2024 Jag Fotos
So twee weke terug weer die voorreg gehad om saam met ou boet tyd in die veld te spandeer. Dan raak die skiet skielik ‘n by-saak. Nou wil die man net self skiet.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Daai silencer se camo werk!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Supacow, daai bietjie camo verwar die bokke so dat hulle sommer nader kom… 

Hom so gekoop by iemand en toe net so gelos, 50% luiheid aan my kant en 50% bang daar is ‘n groot krap onder waarvan ek nie geweet het nie…
Sent from my iPhone using Tapatalk

Hom so gekoop by iemand en toe net so gelos, 50% luiheid aan my kant en 50% bang daar is ‘n groot krap onder waarvan ek nie geweet het nie…
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Mareetsane Area
BWB 180m Uitslag 149kg
Blesbok 480m
Rooibok 130-150m
300WSM 165gr Federal Fusion fabriek ammo @ 3125fps uit Tikka 603mm loop.

Sent from my iPhone using Tapatalk
BWB 180m Uitslag 149kg
Blesbok 480m
Rooibok 130-150m
300WSM 165gr Federal Fusion fabriek ammo @ 3125fps uit Tikka 603mm loop.

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Behalwe vir ystervarke en jakkalse kon ek nog nie vreeslik baie self skiet die jaar nie. Die jagte is te minste besig met kliënte. Darem braai ons baie! 
Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
-
Friedland
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Re: 2024 Jag Fotos
Ek het die naweek n baie trotse jag gehad.
Boeta is nou 6 en het sy pad opgewerk van duiwe met die windbuks tot meerkaaie en tarentale met die .22. Hy kerm nou al n tydjie om n bok te skiet. Ek het eers gedink hy is dalk nog n rapsie jonk, maar die naweek besluit ek toe om die jong man n kans te gee.
Perfekte hartskoot. 140m met n 6mm Dasher van die bakkie af. Ek wonder of ek al so trots was in my lewe.
Boeta is nou 6 en het sy pad opgewerk van duiwe met die windbuks tot meerkaaie en tarentale met die .22. Hy kerm nou al n tydjie om n bok te skiet. Ek het eers gedink hy is dalk nog n rapsie jonk, maar die naweek besluit ek toe om die jong man n kans te gee.
Perfekte hartskoot. 140m met n 6mm Dasher van die bakkie af. Ek wonder of ek al so trots was in my lewe.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 2024 Jag Fotos
Lekker man geniet die breebors tyd.
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Sjoe baie geluk. My oudste is ook nou 6 en kerm net so vir sy eerste bok. Kan met in dink hoe trots jy is.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Baie geluk met die jong man se eerste bok!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Martiens Bekker
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Dis 'n meneer van 'n bees daai!Apie wrote: Wed May 29, 2024 10:20 am Mareetsane Area
BWB 180m Uitslag 149kg
Blesbok 480m
Rooibok 130-150m
300WSM 165gr Federal Fusion fabriek ammo @ 3125fps uit Tikka 603mm loop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Zane de Beer
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm
Re: 2024 Jag Fotos
Ek en my vrou het weer in Alldays se wêreld gaan stap.
Was baie gelukkig en het 2 Elande, 1 Koedoe (my vrou se eerste), en 'n klompie Rooibokke gekry.
Was baie gelukkig en het 2 Elande, 1 Koedoe (my vrou se eerste), en 'n klompie Rooibokke gekry.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.