Wouter Roets wrote: Mon Jan 06, 2025 12:38 pm
John
Maak nie veel sin wat Sean se nie, maar ja hy le. Kan nie dink dat enige ervare jagter met hom sal saamstem nie. Vir watter rede sal n solid beter as soft wees in enige van die gevalle wat hy aangee?
Groetnis
Wout
Lekker gespreks punt die. En omdat ek jou ken gaan ek my opinie deel as leuk en onervare grootwild jagter, tog groot navorser. Ek het as jong student en Natuurnbewaarder baie as PH appy gewerk vakansies en was ook op Groot 5 jagte net as waarnemer/student. Die persoon saam met wie ek gejag het het ook Soft eerste geskiet en dan solids. Hy was 'n reuse Barnes x en Swift A frame aanhanger. So in my minimale ervaring was dit hoe ek geleer en ervaar het.
Nou oor die jag wat in vreeslike ruigtes plaasgevind het.
Ek stem saam met sy keuse, en sal in die toekoms maklik solids gebruik, dalk net platpunt tipes soos wat Skollie gebruik het.
Die man het 27 jaar ervaring en het meer buffels en Olifante al gecull as wat ek al gesien het. So ek aanvaar hy het sy redes.
Die skade wat julle in die kiekies kan sien wat die solid gemaak het was verskriklik. Die Hart het los in die pericardium gelê wat my wys dat selfs perfekte skote nie 'n Buffel omdop nie. 'n soft sou ook die hart afgesny het en dalk meer long skade gemaak het, maar nis o vêr gepentreer het om die lewer en nier et vernietig soos Skollie se eerste skoot nie. In die geval het die frontal solid skoot baie goed gewerk. As die skoot die hart gemis het sou die soft seker meer bloeding veroorsaak het, maar die dier sou dan verseker nie geval het nie en ons sou soek.
Wat as die skoot die meer bekende plankdwars skoot was waar 'n solid wat van koers af is net kan deur fluit?? Weereens moet ek noem dat Sean in sy 27jaar nog nie sulke "skittish" buffels gejag het nie en eers op dag 3 vir Skollie gevra het om sy eerste skoot 'n solid te maak en nie meer die soft nie.
EK sal intree vir hom in sy afwesigheid hier, die man is stil en doelgerig. Nie die grootpraat windmakerige flashy tipe nie, sy ou CZ is mooi geroes en op ander plekke blink gevryf. So hy is die stil tipe wat jy opdragte maklik van neem.
Party PH's loop met brand name sop hulle hemde rond, dan raak hulle advies vir my ook maar 50/50. (verwyder tong uit kies).
The proof is in the pudding, until it hits the fan and it is dung and not chocolate mousse.
Vrek nou is ek lus om die teorie te gaan toets op 'n Buffel.