Middag almal
Ek is opsoek na n camo net om my bakkie beter weg te steek. As iemand dalk weet waar ek so iets kan kry laat weet asseblief.
Groete
Bakkie camo net
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1887
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Bakkie camo net
Ek hou hierdie draad dop. Stel self belang. Oorweeg die materiaal roete. Om camo materiaal te koop en n tannie wie naaldwerk doen te vra om bakkie jas aan mekaar te werk
Maak 'n verskil
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Bakkie camo net
Ek het lankal terug klompie "honde" komberse gekoop, hulle gedrapeer oor die bakkie en met 'n handmodel sak toewerk masjien aanmekaar gestik en hy werk vandag nog. Is ook bietjie swaarder as lap en wind pla nie. Die kombers blink ook nie. By tralies maak ek net vas met stukkies draad en as ek ry rol ek net voorkant op tot bo-op dak voor die tralies dan rol ek weer af op volgende staan plek. Vinnig en doeltreffend.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1887
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Francois Hugo
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am
Re: Bakkie camo net
Hello Lamtjop,
Ek jag met 'n wit bakkie en gebruik daardie "Weskus" visnette wat die dink ansjovis nette is/was, wat hulle so by die Weskus hawens verkoop. Of moet ek liewer se dis waar ek hulle in die hande gekry het jare terug.
As dit regtig donkermaan is, sien jy not a hell die bakkie nie, ek "verdwaal" soms, terug bakkie toe, as ek die roeper loop uitsit.
(Tensy jy natuurlik effens teen die horison is)
Ek sit die agterste bak se een vas met die skietstoel en drapeer hom rondom die bak, die ander deel gooi ek oor die kajuit en bakkie se neus, rol hom op en gooi dit agter die kap oor. As ek dan roep "rol" ek net weer die kajuitgedeelte se net terug en gooi die bak gedeelte weer af, dat die hele bakkie bedek is.
So as jy iewers van daardie net kan kry sal dit werk, ek gebruik dit sommer ook vir die karavaan Desembers vir 'n grondvloer bedekking as ek kamp.
Gebruik die net al van 2006 af en dit hou goed, is effens swaar vir een persoon om te hanteer as jy jag, maar sit maklik met 2 persone op.
My 2c waarde vir 'n bakkie kamo-net.
Groete uit die Weskus/Namakwaland.
Francois Hugo

- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Bakkie camo net
Ek het toevallig gesien Temu verkoop camo net. Jy kan dit dalk oorweeg.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Bakkie camo net
Dankie manne, ek het Temu sin gesien. Ek moes dalk beter verduidelik het. Ek het n mooi geverfde jakkals jag bakkie, ek soek camo net vir wit bakkie tydens jag in die dag. Die bakkie word in veld parkeer en wil hom dan bietjie wegsteek.

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2115
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Bakkie camo net
More, Bel vir Steven 082 455 3000 ek het 2x 6x6 cammo nette gekoop vir voel jag en dit was R1500 stuk kwaliteit is goed vir die prys en werk lekker
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Bakkie camo net
Dankie Vossie