Springfontein 2025 pa-en-kind jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Springfontein 2025 pa-en-kind jag

Post by Gian_dP »

Laaste week van Julie-vakansie is tradisioneel vir ons Pa-en-kind jag. Woensdagoggend vroeg die pad Graaff-Reinet toe aangepak. Kinders raak al hoe makliker(jongste een al 10 jaar oud), so ryery is sommer gou verby.

By die plaas gekom, groet ons, pak vinnig af en kyk dat gewere reg is. Nog genoeg tyd oor om gou draai te ry.

Image

My jongste wil graag n rooibok skiet. AJ ry met ons paar draaie,.en sommer vinnig gewaar ons drie jong ramme wat in 'n bos staan en wei.

Netjiese bladskoot, 135gr Berger doen sy ding. Bok so 30m gehardloop en dood neergeslaan.

Image

Vroeer die dag het ons n jong koedoebul gewaar, Flippie het vir Ilke gevat om te kyk of hulle hom kan opspoor.

Image

140gr Berger uit Tikka CTR 6.5CM hom neergesit

Die volgende oggend is na n ander plaas toe vir voorsitjag. Lekker groot kamp met bergrand in die middel. Ek en Anika het baie stil oggend gehad, min bokke in ons hoek kom kuier. Sy kon darem drie springbokke kry, 87gr Bergers uit 6mm CM. Almal oor 4Deadhold stokke geskiet.

Image

Res van kinders ook lekker geskiet.

Image
Image

Image
Image
Image
Image
Image

Vrydag is ek en Anika na Flippie se pa se plaas toe. Sy wil graag n swartwildebees skiet. Ons het omtrent n uur na die trop gesoek. Paar halwe kanse gehad waar die trop net nooit lank genoeg wil ophou rondmaal nie. Die bul maak toe die fout om op sy eie te gaan staan.
90m, "quatering to".  Skoot tussen blad en nek in, bok net daar neergeval. Weer van 4Deadhold af geskiet.

Image

Wicus en Wihan sal seker nog fotos gooi, res van die dag het Line en Lienka elkeen rooihartebees geskiet en Ilke 'n goue wildebees. Sy het mank agterbeen gehad, lyk of ander bok haar met 'n horing gesteek het.

Saterdagoggend is en Jacques berg in op soek na 'n ribbok. Na 4 ure se op-en-af klouter, skiet hy sy eerste ribbok onder by die voet van die berg! Maak die dra heelwat makliker!

Image
Image

Die middag kon ek ook darem deel van die aksie word. Die een scimitar koei is op haar laaste bene, sy gaan nie die winter maak nie. Donderdagaand by ete het Flippie gevra of iemand haar nie van haar lyding sal verlos nie. Almal steek hand op, ek is die gelukkige wenner van die "lucky draw". So ons ons almal te bakkie agter die trop aan. Na n lang proses van identifiseer, volg en wag vir oop skoot kry ek haar uiteindelik op 220m geskiet.

150gr Interbond uit my 308 het reg deur haar borskas gefluit, paar treë gestrompel voor sy omgeval het.

Image

Geen tande meer nie, sy was rerig net vel en been.

Image

Ons paar dae het verby gevlieg, met klomp nuwe memories wat gemaak is.

Dankie aan Flippie en Liesel(en AJ en Micela) dat ons julle stukkie paradys kon deel. Julle het ons weereens vreeslik bederf, kan nie wag vir 2026 nie!

Image

Sent from my SM-S921B using Tapatalk



Last edited by Gian_dP on Mon Jul 21, 2025 7:01 pm, edited 2 times in total.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Springfontein 2025 pa-en-kind jag

Post by partner »

Baie Dankies vir al die Fotos en Stories daarby. Geluk ook met al die Bokke.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Springfontein 2025 pa-en-kind jag

Post by KalahariKlong »

Dit lyk sommer baie lekker. Geluk en geluk aan die jong klomp met die mooi bokke.
Post Reply