Oop visier bende.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Oop visier bende.

Post by Fritz »

60m
Hartzhoogte, Amalia NW
My eerste oop visier jag was met 'n CZ 7x57 en 175gr SGK
Ek oefen die afgelope paar jaar baie met die oop visier op die baan, maar die was my eerste skoot so in die jagveld
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oop visier bende.

Post by Capt. Yoda »

Fritz wrote: Tue May 05, 2026 10:52 am 60m
Hartzhoogte, Amalia NW
My eerste oop visier jag was met 'n CZ 7x57 en 175gr SGK
Ek oefen die afgelope paar jaar baie met die oop visier op die baan, maar die was my eerste skoot so in die jagveld
Lekker Fritz, amper gedink ek het nou op n ouuuuu draat geclick
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Oop visier bende.

Post by DWB »

Lekker!

Gaan vir Dewald Pappabeer mis op hierdie draad....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Oop visier bende.

Post by win270 »

O-ja, Dewald, het altyd goeie bydraes gelewer. Nog so onwerklik vir my dat hy weggeneem is. RIV, Dewald.
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Oop visier bende.

Post by ThinusS »

Veels geluk, Fritz.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1346
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Oop visier bende.

Post by Toxxyc »

tau wrote: Wed Jun 18, 2025 10:35 amhy jaag die gids met sy mes in sy hand en hol tensminste 10 tree regop.
Kyk, ek het 'n prentjiebrein, so maggies ek lag lekker vir hierdie sin. Ek dog toe ek vra ChatGPT om die prentjie in my kop vir almal vas te nael:

Image
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Oop visier bende.

Post by tau »

Toxxyc wrote: Thu May 07, 2026 12:33 pm
tau wrote: Wed Jun 18, 2025 10:35 amhy jaag die gids met sy mes in sy hand en hol tensminste 10 tree regop.
Kyk, ek het 'n prentjiebrein, so maggies ek lag lekker vir hierdie sin. Ek dog toe ek vra ChatGPT om die prentjie in my kop vir almal vas te nael:

Image
Die prentjie is bitter naby aan die waarheid!!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 380
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Oop visier bende.

Post by MichielC »

Eland Bul 500 Jeff.jpeg
Wag dat die dier die fout maak

Sedert 2021 was ek op soek na ’n elandbul. Ek wou nie bloot enige bul jag nie. Dit moes ’n ou, bul wees — ’n dier wat reeds baie seisoene oorleef het.

Ek het van die begin af ook presies geweet hoe ek hierdie jag wou aanpak: te voet, met oop visier en met my .500 Jeffery. Dit moes ’n behoorlike jag wees.

Deur die jare het ek baie km's in die veld afgelê sonder sukses. Daar was lang dae se stap, ure se spoorvat en talle geleenthede wat eenvoudig nie uitgewerk het nie.

Maar ek het aangehou soek.

Middel Junie vanjaar, op die 2de laaste dag, het die geleentheid uiteindelik gekom, na enkele km's se stap skuins na middag-ete, het ons die koeie eerste opgemerk, en toe die bul met sy kuif gesien.

Hy was deel van ’n trop, wat die jag aansienlik moeiliker gemaak het. Met soveel oë, ore en neuse in die veld moes elke beweging stadig, versigtig en doelgerig wees. Een verkeerde tree, een skielike beweging of ’n verandering in die wind kon die hele jag beëindig.

Ons het die trop vir meer as drie ure bekruip.

’n Professionele jagter het my eenmaal ’n baie waardevolle les geleer: Wag dat die dier die fout maak — moenie jy die fout maak nie.

Daardie woorde het gedurende hierdie jag voortdurend by my gebly.Ons sou nie die geleentheid probeer forseer nie. Ons het geduldig ge-bly, die wind vertrou en wag dat die bul self vir ons die geleentheid bied.

Dit het baie geduld geverg en was ’n groot deel van die spanning van die jag.

Uiteindelik het ek op my knieë gaan sit en wag. Vir byna twee ure het ek so gebly, met die .500 Jeffery gereed en my oë vasgenael op die spesifieke bul. My knieë was seer en die spanning het begin vat, maar ons het geweet dat ons nie nou die fout kon maak nie.

Met ’die oop visier moes alles reg wees.

Toe begin die trop stadig deur die opening voor my beweeg.

Die ou bul het die skootvak binnegestap, maar voordat ek ’n skoot kon vat, het hy regdeur gestap en aan die ander kant verdwyn. Vir ’n oomblik het dit gevoel asof die geleentheid waarvoor ek al die jare gewag het, verby was.

Ons het egter stilgebly en gewag.

Toe maak die bul die fout.

Hy het omgedraai, teruggestap en weer die skootvak binnegekom. Hierdie keer het hy tot stilstand gekom en vir my die skoot gebied waarvoor ons so lank gewag het.

Alles het vir ’n oomblik stil geword.

Ek het die oop visier op sy engine kamer gesit, asemgehaal en die sneller getrek.

Die .500 Jeffery het gepraat, en die groot, ou elandbul het op die plek neergeslaan.

Ná al die jare se soek, al die km's in die veld, meer as drie ure se bekruip en byna twee ure op my knieë, het die skoot homself uiteindelik gebied.

Dit was die verwesenliking van ’n droom wat ek vir jare saam met my gedra het. ’n Jag wat ek nooit sal vergeet nie — nie net oor die besondere bul nie, maar oor die pad wat dit geneem het om uiteindelik daardie oomblik te bereik.

Ons het gewag dat die dier die fout maak.

En uiteindelik het hy.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Oop visier bende.

Post by DWB »

Pragtig Michiel!!!

Welgedaan!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Oop visier bende.

Post by Koos Barnard »

Baie netjies. Veels geluk!
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 695
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Oop visier bende.

Post by Jaco vdW »

Uitstekend Michiel!

Dit is 'n besonderse bul. Dit word gemeet aan die ervaring, die opbou en die sukses, nie aan duime nie.
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Oop visier bende.

Post by Louisdewet »

Baie geluk Michiel!

Ek het dieselfde droom.

Mooibly
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Oop visier bende.

Post by sako 30-06 »

WOW, baie geluk.
Pragtige bul en n besonderse jag.

Ek hoop die bul kry n spesiale plek teen jou muur.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 982
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Oop visier bende.

Post by partner »

Baie Geluk met n Besonderse Bul. Ek ook Baie Dankies vir Lekker Storie.
Post Reply