Minimum Vereistes - Roep en Skiet
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Jaracal s? die volgende in DCA norme en standaarde:
Roep en skiet en Teelgat hantering
Roep en skiet is seker die mees selektiefste en effektiefste metode van beheer veral op jakkalse en tot 'n mindere mate rooikatte. Die metode het aanleiding gegee dat boere minder gif gebruik en meer staat maak op die uithaal van spesifieke diere. Dit is die mees omgewings vriendelike metode en word die dier eers ge?dentifiseer voor dit van kant gemaak word.
Soos enige ander metode kan dit ook misbruik word. Dit is ook nie die alfa en omega nie maar net nog 'n metode in ons arsenaal om probleemdiere te bestry. Veral jakkalse pas hulle vinnig aan en kan hulle gou weerstand opbou teen die metode as dit verkeerdelik gebruik word.
Dit is in sulke gevalle dat ander metodes soos slagysters gebruik moet word om die dier wat aanhou vang van kant te maak. Die toerusting is baie duur en is dit 'n fyn kuns om jakkalse met die roep en skiet uit te oorl?. Opleiding is van groot belang maar kan 'n dag of twee dag kursus nie 'n persoon 'n kenner maak nie. Tyd in die veld deurgebring en blootstelling bring ondervinding en effektiwiteit. Dit is ook harde werk om nag vir nag agter op 'n bakkie deur te bring en nie soos die persepsie bestaan dat dit 'n maklik manier van baie geld maak is nie. Vele persone het begin maar dit net so gelos nadat hulle nie sukses behaal het nie.
Minimum standaarde van toerusting:
Geweer/Kaliber: Enige kaliber met 'n trompsnelheid van bo 3100 voet per sekonde wat konstant (85%+) 'n groepering van onder 4 duim (100mmX100mm)kan skiet op 200m
Teleskope: 'n Teleskoop met 'n minimum vergroting van 6 en 'n voorste lens opening van 42mm maar is dit aan te beveel dat die vergroting 8x en die voorste lens opening 50mm moet wees.
Skietstoel/Raam: Die jagter moet van 'n skietstoel of skietraam gebruik maak en konstant die 100mmx100mm teiken op 200m van die stoel/raam sal kan skiet.
Ligte/dimmer/rooi/groen/lens: Daar gebruik gemaak sal word van die beste ligte tans beskikbaar soos bv die Lightforce RMSM 140 of 170 toegerus met of 'n dimmer en of 'n rooi/groen filter as 'n skietlig en 'n soortgelyke handlig indien van 'n handlig gebruik gemaak word.
Aanbevole toerusting:
Laser Afstand Leser (Range finder): 'n goeie ?Range Finder vir hulp met afstand lesing.
'n Goeie GPS is onontbeerlik in die gebruik van roep as 'n beheer metode.
Akkreditasie:
Dit is my beskeie mening dat daar geen akkreditasie of permit nodig is nie en dat die vrye mark beginsel hier sal werk. Daar kan 'n register van jagters saamgestel word wat deur die verskeie boereverenigings/unies of Agri verenigings self in stand gehou word. Dit is ook aan te beveel dat die jagters by die verskillende jagtersverenigings sal aansluit. Data kan aan die nodige staatsdepartemente deurgegee word.

Last edited by Louis102 on Mon Aug 10, 2009 11:39 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Minimum Vereites - Roep en Skiet
Ek het Dr Jaracal se idees hierheen gepos ten einde bespreking uit te lok. Stem julle saam met die toerusting en aanbevelings wat hy maak? Speak now or forever....
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Louis
Klink vi my reg, kom ons kyk ma wat se die anner manne.
Mooi loop
Francois

Hunter xxx
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Loius
Ek stem saam dit klink goed.
Die toets is moet jy die groeppering in die dag of nag skiet.
Hunter xxx

Ek stem saam dit klink goed.
Die toets is moet jy die groeppering in die dag of nag skiet.
Hunter xxx
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
HunterHunter xxx wrote: Die toets is moet jy die groeppering in die dag of nag skiet.![]()
Jag jy in die dag of in die nag? Skiet die groepering met jou ligte in die nag (vol mopndering) uit jou skietstoel, dan toets jy sommer jou scope, jou ligte, jou stoel, die hele toetie. Ek dink op 200m sal dit 'n openbaring vir 'n hele klomp van ons wees. Of is ek nou van die pad af?
Om dit effe makliker te maak kan jy die teiken met 'n skerp flits verlig. Sit die flits naby sodat dit die teiken mooi verlig, maar maak seker jy skiet nie die flits raak nie. Dit werk nogal goed.
Ek mag dalk teenkanting uit 'n paar geledere kry! Gaan jy my ondersteun?
Louis
Last edited by Louis102 on Wed Aug 12, 2009 4:31 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
oom leeu
Ek staan vierkantig passievol agter jou (ja ja nie so agter jou nie) agter jou argument..dit sal vir ONS iets beteken. Ek hoor reeds die manne by vrystaat probleemdier is daar manne wat nie kon verklaar hoekom hulle jakkalse gemis het nie, todat hulle uit die stoele gaan gewere instel het (of van die raam af) met ligte op en vol mondering die papierskiet ding gedoen het nie..Ek self het aan die bgein net met n rooilig geskiet (soos baie ander) en dan kry ek hier vroeg in Januarie skielik n oproep , vrydagaand 300 springbokke petrusburg...
jy sal nie glo nie daai eertse 5 skote met die wit lig,,,,skiet ek houtgerus bo oor daai bokke se koppe..hier voor uit my lorrie uit...of onder deur man somme rnet mis....heel mis....
En dan is dit nie die skut nie, dis die geweer ,,,ek dink ek lei dan aan rooilig(h1m1)virus...witlig misskiet virus gelukkig na n bonzai slukkie water en kalmeer middel (diep asemhaal) en gemaklik skeit, verander die scoreboard weer...
mooi loop..
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Louis
Darie vereistes van Heinrich is in die kol en ek reken dit is sommer ook dan die reel.
Taffie
N.S. Sal sommer gou vir my 'n betroubare bakkie moet kry.

Ambessa
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Hallo almal

...meeste van julle speel so met allerhande kleure ligte en geluide (roepe/fluite, ens.) in die nagte met verskriklike teleskope op enige denkbare jakkalsjaglorrietjie dat julle nadehand nie meer weet hoe die ware jakop in die dag van naby lyk nie...
...dog ek sou julle net bietjie weer wys hoe so 'n outjie lyk wat op sy agterent tussen die mopanies sit en vir my loer (+- 50 m)...
Skuus...
Ambessa

...meeste van julle speel so met allerhande kleure ligte en geluide (roepe/fluite, ens.) in die nagte met verskriklike teleskope op enige denkbare jakkalsjaglorrietjie dat julle nadehand nie meer weet hoe die ware jakop in die dag van naby lyk nie...
...dog ek sou julle net bietjie weer wys hoe so 'n outjie lyk wat op sy agterent tussen die mopanies sit en vir my loer (+- 50 m)...
Skuus...
Ambessa
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
AM
Verduidelik bietjie meer oor jou roep wat jy gebruik het, of was dit dalk n lekker lamchop meduim to well oor kameeldoring gebraai?
Taffie
gaan jy nou weer met die landie begn jag...(BETROUBARHEID)
GREETINGS
JB
Verduidelik bietjie meer oor jou roep wat jy gebruik het, of was dit dalk n lekker lamchop meduim to well oor kameeldoring gebraai?
Taffie
gaan jy nou weer met die landie begn jag...(BETROUBARHEID)
GREETINGS
JB
Shoot straight and tell the truth!
-
Ambessa
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Hallo Jacques
...redelik maklik. Stop die cruiser, toe swaai die outjie van plankdwars en gaan sit op sy jis en kyk vir ons.
Daar word nie met gewere gejag nie, net met die boog.
Vredeliewend of hoe...

Sorry ek sien nou eer weer die post " deur die Ka..."
ek stem saam met jou.
Weet wat goed werk is "reflecter tape" as oe van jou jackals.
Groete
Hunter xxx
Sorry ek sien nou eer weer die post " deur die Ka..."
Weet wat goed werk is "reflecter tape" as oe van jou jackals.
Groete
Hunter xxx
Last edited by Hunter xxx on Thu May 27, 2010 4:49 pm, edited 1 time in total.
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Minimum Vereistes - Roep en Skiet
Louis,Louis102 wrote:Ek dink op 200m sal dit 'n openbaring vir 'n hele klomp van ons wees. Of is ek nou van die pad af?Hunter xxx wrote: Die toets is moet jy die groeppering in die dag of nag skiet.![]()
Om dit effe makliker te maak kan jy die teiken met 'n skerp flits verlig. Sit die flits naby sodat dit die teiken mooi verlig, maar maak seker jy skiet nie die flits raak nie. Dit werk nogal goed.
Louis
Man kry nogal 'n "surprise" hoor!
Jaco het die jakkals tabel een aand vir ons aangebied op 300m 5 skote. ek het nogal 'n netjiese groepie gegooi maar met die groepie sal die brakkie nogal ver gekom het indien hy nie sou oorleef het nie, hehe!
Maak moii!
Hein