Oorbietjie

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Oorbietjie

Post by JoevR »

Ek het hierdie Oorbietjie in 2005 op my swaer Pieter Steenkamp se plaas naby Oshoek in Mpumalanga gejag. Die plaas is nie omhein met wildwerende heining nie, en die Oorbietjies kom natuurlik voor. Ek het 'n permit by Mpumalanga Natuurbewaring op Ermelo gekry. My swaer het sy veld gebrand, en al die Oorbietjies van die omgewing was daar om die groen uitloop te vreet. Ek het na 5 ramme gekyk voordat ek hierdie een geklop het. Geweer is 'n Brno ZKK 601 in .223 kaliber. Koeel was 'n Barnes X "Gen 1" 52 gr.

                                         [img width=334 height=480]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... -1-1-1.jpg[/img]

In 2005 was die minimum vir Oorbietjie in Rowland Ward se rekordboek 5 7/8 duim. Die rammetjie het 5 1/2 duim gemeet, en ek het 'n volmontering deur Highveld Taksidermie laat maak. In 2010 het Rowland Ward die minimum vir Oorbietjie verlaag na 5 duim. Ek kan nou my trofee in Rowland Ward registreer. Sien http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=3 vir die volledige storie.

Wat dink julle van so 'n "by die agterdeur in" Rowland Ward trofee? Moet ek hom laat inskryf in Rowland Ward of nie?
Last edited by JoevR on Sat Oct 22, 2011 4:09 am, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Oorbietjie

Post by Gerhard »

Netjies Joe,

Die boek en registrasie van trofee is n persoonlike keuse.

Vir my gaan dit oor data wat bymekaar gemaak word.

Vir baie jagters en ek het baie van hulle al gesien so deur die jare is dit om se "NAAM" in die boek te kry teen enige onkoste.

Dit was altyd van die moeilikste jagters om mee te jag as hy met n SCI en RW boek onder sy arm by die vliegtuig uitloop.

Daai is n baie mooi Oorbietjie wat jy geskiet het.

Jy moet asb n foto vd full mount op sit.

Registreer hom sodat sy data ook op geneem kan word...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Oorbietjie

Post by Kallie404 »

Baie mooi Joe.Jy sal sien in die African Outfitter is daar n foto van my oorbietjie wat ek in Zim gejag het dus het ek n baie goeie idee wat dit vat om die "boek" te maak.Myne was n pragtige ou ram wat dit wel nie gemaak het nie( nadat ons baie deur gekyk het!)As ek jy is sal ek glad nie eers aarsel om jou oorbietjie te registreer nie.Groete
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: Oorbietjie

Post by JoevR »

Dankie Gerhard en Kallie, ek sal die Oorbietjie laat inskryf by Rowland Ward. 'n Jagter is maar net gelukkig as die veld iets gee wat mooi is. Kallie, ek het na jou foto gekyk en ek stem dit is 'n pragtige ou ram.

In my studeerkamer is 16 trofees. Net 4 van hulle, die oorbietjie ingesluit, is Rowland Ward trofees. Almal van hulle is vir my van dieselfde waarde. Vir my gaan dit oor die herinneringe van goeie tye en lesse wat geleer is.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Henk01

Re: Oorbietjie

Post by Henk01 »

Joe,

Sjoe dit is n mooi rammetjie geluk, onthou daai foto van die full mount
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Oorbietjie

Post by Hugo »

Vra bietjie jou swaer of hy moontlik nog een sal laat skiet en indien teen watse kostes.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: Oorbietjie

Post by JoevR »

Die vol montering soos versoek. Groete, Joe

                            [img width=320 height=480]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6146.jpg[/img]
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Oorbietjie

Post by Kallie404 »

Hello Joe.Dit is regtig n mooi montering!!Dit is nogal n kuns om n oorbietjie se nek reg te kry en joune is "spot on" As ek mag vra wie het hom vir jou so mooi op gestop?
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: Oorbietjie

Post by JoevR »

Dankie Kallie. Dit is gedoen deur Dieter Oschenbein, Highveld Taxidermist. Die man is nie die goedkoopste nie, maar sy werk is kwaliteit.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
axe942
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm

Re: Oorbietjie

Post by axe942 »

Baie netjies Joe !
Hannes

9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Oorbietjie

Post by Kallie404 »

Dankie dat jy laat weet het......ek moet erken ek het gedink dit is of Highveld of Nico v Rooyen!! In my beskeie opinie die twee bestes in SA,o ja en natuurlik  Trans african taxidermists.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
Henk01

Re: Oorbietjie

Post by Henk01 »

Joe

Dankie, dit is nou regtig n troefee wat die die "justice" doen.
George22250
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:54 pm

Re: Oorbietjie

Post by George22250 »

baie mooi en geluk.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Oorbietjie

Post by Frederik »

Baie netjies dit is nou een van die trofee diere wat ek nog nie gejag het nie met kliente of self.
Maar van die wat ek in die veld gesien het is, is dit 'n baie groot ene. Baie geluk en jy kan trots wees en sit hom maar innie boek jy het die plek verdien. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Oorbietjie

Post by worshond »

Hierdie Een was Gister deur Angus Muarry van die VSA Plat getrek, dit kan dalk die Nuwe Nommer 1 in Rowland Ward wees on wag net omte hoor.
[img width=360 height=480]http://i1006.photobucket.com/albums/af1 ... ge0012.jpg[/img]
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Oorbietjie

Post by Frederik »

Ja dit lyk of hy heel bo in die boek gaan kom  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply