Page 47 of 51
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 2:48 pm
by Francois Marais
Armand
Alleen gejag. Almal geroep. Het op een stand di 20 rondte magasyn leeggeskiet
Johan
Daaar is n redelikke duik in die getalle, maar daar is nog oor
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 2:50 pm
by NicoSmit
Hoe haal jy asem met daai klomp hier reg onder jou neus?
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 2:59 pm
by Marc
Appels !
Daai is 'n karos op sy eie FM
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 3:01 pm
by Francois Marais
Marc
Omtrent ja. Hehe
Nico
Is net n tydjie dan ruik jy dit nie meer nie. Sit seker hoog genoeg. Het my nog nie werklik gepla nie
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 3:06 pm
by sako 30-06
Francois Marais wrote:Manne
Ek het toe laasweek gestop op 169 vi 9 nagte. Hiervan was 146 in 7 nagte op een plaas.
Mooi loop
Francois
Word die velle verkoop of word alles tot niet gemaak?
Uitstekend gedoen.
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 3:07 pm
by G-force
Francois Marais wrote:Marc
Omtrent ja. Hehe
Nico
Is net n tydjie dan ruik jy dit nie meer nie. Sit seker hoog genoeg. Het my nog nie werklik gepla nie
Die reuk van geld pla min mense.

Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 3:27 pm
by Francois Marais
Sako
Boer wa ek geskiet het, het almal laat slag. Wat hy met die velle gaan maak het ek nie gevra nie.
Mooi loop
Francois
Re: Hoeveel ??
Posted: Tue Nov 25, 2014 5:37 pm
by hendrik steenkamp
Hallo Francois watter omgewing is hulle geskiet seker bees wereld?
Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Nov 26, 2014 2:45 am
by Francois Marais
Hendrik
Was op n wildplaas. Maar in bees wereld ja.
Mooi loop
Francois
Re: Hoeveel ??
Posted: Thu Nov 27, 2014 9:31 am
by Jan-Hendrik
Dankie vir die foto....lyk of Ge lekker moeg was daar;-)
Re: Hoeveel ??
Posted: Fri Nov 28, 2014 5:02 am
by Geno
Ek het gisteraand hierdie klompie teenaan Fourways Jhb geskiet. Daar is 'n dik span!
Ek het slegs 3 of 4 ure gejag. Hulle is almal binne 500m van mekaar gedood.
Re: Hoeveel ??
Posted: Fri Nov 28, 2014 8:20 am
by Capt. Yoda
Geno wrote:Ek het gisteraand hierdie klompie teenaan Fourways Jhb geskiet. Daar is 'n dik span!
Ek het slegs 3 of 4 ure gejag. Hulle is almal binne 500m van mekaar gedood.
Sjoe somer so langs my huis

Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Dec 01, 2014 12:24 pm
by Francois Marais
Ons kon ook gisteraand weer n paar laai.
Mooi loop
Francois
Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Dec 01, 2014 12:35 pm
by tafjak
Fransman
Jy sal daarie 223 se spring moet rek. Schalk se flitsie was ma flou
Dankie vir die saamneem en lekker gesels.
Mooiloop
Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Dec 01, 2014 12:58 pm
by Ian
Lekker lekker FM en almal.
Groete van deur tot deur.
Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Dec 01, 2014 3:39 pm
by Francois Marais
Tx Taf. Moet vi julle dankie sê. Veilig ry. Ons praat weer
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Dec 06, 2014 6:21 pm
by Geno
Ons het laasnag 15 jakkalse geskiet waarvan 13 opgetel is.
Dit was ek, Ludwig en Gé.
Ludwig is siek soos 'n hond en het steeds deurnag gedruk. Yster!

Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Dec 06, 2014 6:23 pm
by Sarel
Baie mooi!!
Ludwig te veel see siek stories gelees op die forum??
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Dec 06, 2014 10:24 pm
by Jakkie 321
Mooi G watter klanke het jy gebreuk?
Re: Hoeveel ??
Posted: Sun Dec 07, 2014 5:34 am
by Geno
Meestal VlekkieD & RooiD as wegspring klank.
Daarna kos en is elke slag die kos verander as daar geskiet is.
Re: Hoeveel ??
Posted: Thu Dec 11, 2014 7:48 am
by NicoSmit
Gisteraand 3 gekry 2 kon ek optel 1 jonge en 1 ouer een met 'n draad strik om sy agterlyf no 3 verloor in die lang gras al drie op een staanplek gekry Die donderweer het ons toe ingehaal en moes maar op pak op staanplek 2
Re: Hoeveel ??
Posted: Fri Dec 12, 2014 6:35 am
by Jan-Hendrik
Daai draad lyk vas.Het jy n verduideliking?
Re: Hoeveel ??
Posted: Fri Dec 12, 2014 7:50 am
by NicoSmit
Moet 'n strik wees waar in hy gevang was en los gebreek het ek het nou nie te veel aan daai stink hond gepeuter nie het hom defnitief 'n guns gedoen om hom te skiet
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Dec 13, 2014 12:10 am
by theedge
Het woensdag weer die dimmer laat werk het 8 laat val - op twee plekke geroep en kon net die kleintjies kry 4 en 4 ouers was nie lus om saam te werk nie
Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Dec 17, 2014 9:09 am
by Riaan Kriel
Ek het sondag-middag toe ons gaan kyk het na 'n vriend se beeste 'n jong jakkalsie langs die kraal geskiet seker so 18:00 se kant. Helder ligdag en seker 50m vanaf die werker se huis langs die beeskraal.
Ek het maandag-aand so 2 lede van die laerskool se gr. R klassie gekry. Hulle het net mooi opgekleur en die tandvleis moet nog jeuk so klein was hulle. Die grotes is duidelik BAIE slim en ligsku. Hulle kom uit die bloekombos en effens in na die roeper, as jy lig aansit, flash hulle oog en kyk weg en maak skoon met spoed terug in die bos. Iemand het hulle mooi geleer. Die boer reken niemand anders het in die laaste 2 jaar daar geskiet nie. Een het so skelm ingekom dat ek geen oog gesien het nie om net sy "F. JOU" blaf op 20-tree vir my te blaf en toe volspoed gat skoon te maak. Geen fluit, roep niks kom hom stop nie.
So 21:00 begin daar windjie roer, groot stofstorm volg en toe begin dit reën. 23:00 toe reën dit steeds en net al hoe harder. Ek het opgepak en gery. Terwyl ek ry het ek wraggies nog 2 sien draf in die reën net toe ek uit die plaas uit ry. Kon nie glo dat met die reën en stof dat hulle steeds buite draf nie.