Page 6 of 6
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Fri Dec 13, 2013 8:37 am
by Reggie Gerber
Oom Taf
Na ek die foto in die nag geneem het het ek die camo cover half afgehaal en weer op so twintig meter gaan staan met die lig aan. Ek kon duidelik die wit gedeelte van die bakkie sien wat oop was maar nie die deel wat toe was nie.
Groete
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Fri Dec 13, 2013 1:28 pm
by pieter h
Cassie tyd terug in landbouweekblad het Gary(sy van vergeet )raad gegee oor roep en skiet.Hy het groot sukses gehad met jakkalse wat hy in hul eie gebied record en op hul eie roep dan inroep. Groete Pieter h
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Fri Dec 13, 2013 3:52 pm
by Pieter
Nou waar sal ek die camo net gaan soek, my wit bakkie het ek met waterverf "gekamo" werk soos 'n bom, dink nou net, hoe nou gemaak as jy van een punt na ander beweeg en jy ry op jakkie af, hoe nou met daai nette wat eers moet af.
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Fri Dec 13, 2013 7:01 pm
by Ian
Pieter wrote:Nou waar sal ek die camo net gaan soek, my wit bakkie het ek met waterverf "gekamo" werk soos 'n bom, dink nou net, hoe nou gemaak as jy van een punt na ander beweeg en jy ry op jakkie af, hoe nou met daai nette wat eers moet af.
Pieter
Die nette werk bitter goed in die sin dat dit in twee dele is. Die net is in twee dele om net makliker hanteerbaar te maak. Die kajuit en die bak se net velcro aanmekaar vas en as daar geskuif word vou die net agter die "rollbar" in en gooi die punte binne in die bak. Voordele is dat die bakkie binne 'n minuut gekamoefleer is as daar gestop word en weer binne 'n minuut terug vou binne in die bak as daar geskuif word. Nog 'n voordeel is dat die bakkie bly altyd skoon en minder hande-arbeid

. Hier is 2 foto's hoe dit werk.
Die kamoefleer materiaal bestel ek as jy nie kan kry nie en ek het ook vir 'n paar manne op die forum al vir hul bakkies gemaak.
Groete