Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Ai, dat ek dit nou iewers moet hoor weer vandag! Ek kan dit net nie kleinkry hoekom daar witjagbakkies gebruik word vir die roep van jakkalse en kaate in die nag.

Okay, dit is seker(ek twyfel sterk) goed genoeg vir van die jagters, maar die klient het seker ook iewers 'n se^. Dit is tog hy wat die betaalwerk en versoek gemaak het om jagter by hom te kry. Daar word al meer onder die kliente gepraat oor die onproffesionalisme van sekere jagters. As jy jou naam nie in die "skindergange" wil hoor nie, bly eerder weg van praktyke soos hierdie. Tensy jy dit maar vir die sports doen en dan ook maar sportsgelde wil ontvang vir dienste gelewer.

Ek sal nooit met ongekamoefleerdebakkie(lees wit of kanariegeel) my dienste verkoop nie.

Mooiloop
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Ian »

Taffie

Stem 100% saam met jou, as ek 'n klip in die bos kan gooi moet hierdie persone se name bekend gemaak word. Binne 'n paar dae sal hulle bakkies vinnig van kleur verander ;D .


Mooi naweek
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by roux cf »

Stem saam!

Niemand sal n jakkals op my plaas jag met n wit bakkie nie.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by cassie_calvinia »

ek voel ook sterk daaroor.
hy gaan wel n paar jakkalse skiet, maar gaan nie die problem oplos nie.
inteendeel, die problem gan vererger met die slim jakkalse.
maar, dit hang ook van die boer af, hy moet dood eenvoudig nie iemand met so bakkie op sy plaas toe laat nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Pappabeer »

Is die groot probleem om vanaf die wit bakkie te roep? Of is die blote rondry met wit bakkie saans reeds n probleem?

M.A.W, as jy wit bakkie met camo net toemaak wanneer jy by jou roepplek kom is dit fine?

Tweede vraag. Wat van die Silwer/ goue ens. Metalic bakkies? Is hulle OK in die aand of ook te opvallend?

Ek hoor graag wat julle sê.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by cassie_calvinia »

metallic blink in die aand as die maan opkom
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Pappabeer

Hoe mmer die bakkie in die agtergrond saamsmelt hoe beter sal dit werk. Kyk sommer in die dag daarna. Alle kleure behoort te werk, almal nie ewe goed nie en wit die minste. Dit is nie die jakkalse wat suksesvol geskiet word wat die probleem veroorsaak nie, maar die jakkalse wat tog inkom en nie geskiet word nie. As hulle die bakkie/voorwerp gesien het en verdwyn sal dit 'n tameletjie wees om die jakkals weer naby te kry.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Louis102 »

Ek sien julle diskrimineer lekker teen die wittes? Met reg hierdie keer. Dis nou een plek waar ek ook met regstellende aksie saamstem, sommer 0% kwota-stelsel plek, vir die vierwiel-wittes, in die Republiek van Tafjak! Hoor-Hoor!
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Martin Marais »

Taffie ek stem 100% saam met jou.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by prohunt »

Stem saam Taffie, ek moes met my Ford 6 maande langer wag net om die regte kleur te kry. As dit by normale voertuigkleur kom kies ek altyd wit, maar vir my bakkie moet ek maar ter wille van die jag iets anders vat.

Groete
Johan
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Cobus(Cobb) »

http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/20131115_143505_zpsc78883d4.jpeg

Dis nou by die laaste kurses.....ek sê maar eerder niks nie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Stefan764 »

Staan net vas, hier gan nou weer n man uitdop met "reuk is baie belangriker as kleur...."
tertius@psgsa.co.za
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Dec 01, 2013 8:10 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tertius@psgsa.co.za »

Naand aan almal.

Ek stem ongelukkig nie saam met die wit bakkie ding nie ek dink net julle weet ma net nie hoe om dit reg te doen met n wit bakkie nie. Ons het baie sukses met ons Ford ranger spierwit.

Ons kan skiet.

Groete Toks
tertius@psgsa.co.za
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Dec 01, 2013 8:10 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tertius@psgsa.co.za »

Ek stem saam oor die reuk want as jy in jou broek gebol het dan ga jy niks skiet nie dan kan jy ma jou geel / swart bakkie vat en huis waarts keer.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Stefan764 »

Naand Tertius (neem aan dis jou naam as ek die mail adres kyk)

Klink of jy n man is wat weet van die bedryf. Vertel ons bietjie meer wie jy is en waar jy skiet?

Lekker aand
Stefan Fouche
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by 243Songdaug »

Ma se tjops......hier is manne wat ons 'n ding of 2 kan leer.

Sien nou eers Stefan se post. Dink dis 'n puik voorstel Stefan.
Ek leer ook nog elke dag iets nuuts.

Deel gerus Tersius.

Groete
Jaco Goosen
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Pappabeer »

Kyk hoe kruip daai G&G camo bakkie weg agter die Isuzu...

Dankie vir die respons Taffie en Cassie.

Vertel ons meer van jou skietysters Tertius
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Jakkalsgat »

Naand Kots

Is jy politikus in wording of versamel jy seels? As Taffie vir jou se witbakkie werk nie kan jy maar weet witbakkie werk nie! Die manne is egter oop vir ooreding maar se tog net by watter boere jag jy sodat die manne nie hul tyd daar gaan mors met slim jakkals nie.

Welkom hier ek hoop jy geniet dit.

Groete
Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Pappabeer

Weet jy dat die hierdie topic nie gekom het van jagters nie(ek is allemins die voorbeeldigste jagter), maar van kliente. Vrydag was die laaste strooi toe klient my vertel van jagter wat by hom aankom met nuwe D4D en toe us die spierwit. Die jagter het nie jakkals kon jag/skiet nie. Wat my die meeste kwel is dat geen jagter(hoe goed ook al) vir daardie klient sal jag met die gebruik van witbakkie nie.

Mooiloop
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Blackie Swart »

Stem saam met Taffie.Het self n Wit jag bakkie maar maak seker dat ek dit heeltemal toemaak met my kamoeflering.Geen wit steek uit nie.Het self al ondervind dat n jakkals kom baie makliker in as ek my bakkie toemaak.As ek dit nie doen nie,hardloop hulle of weg of kom glad nie in nie.meeste kere was die wind in my guns en kon hulle my nie ruik nie, so ek voel die ding van reuk werk nie vir my nie.Maar net my 1cent.
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by roux cf »

Tertius,

Jy is nou baie slim met al die stories van reuk en so aan en so aan.

Ek is maar n groentjie in die jakkalsjag bedryf, ma het baie vinnig geleer
Dat n wit/geel/silwer bakkie nie werk nie. Veral nie in die karoo nie!

Ek weet nie waar jy tussen die jakkalse speel nie, maar kan jou verseker dat jy jou agterent sonder n spieel sal sien met n wit bakkie in die karoo.

As wit dan geen probleem is nie, hkm jag al die voltydse jagters wat ek ken of van weet dan nie met wit bakkies nie???

Ek persoonlik dink dat n ou wat met n wit bakkie roep en skiet maar min van vlekkie weet.
Jammer as ek iemand in die gesig vat, maar die wit bakkie ding is al oor en oor in die veld bewys.

Groete,
CF Roux

P.S. Ek skiet met n silwer bakkie wat ek met waterverf swart geverf het reeds omdat die jakkalse die ding sien!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Geno »

tertius@psgsa.co.za wrote:Naand aan almal.

Ek stem ongelukkig nie saam met die wit bakkie ding nie ek dink net julle weet ma net nie hoe om dit reg te doen met n wit bakkie nie. Ons het baie sukses met ons Ford ranger spierwit.

Ons kan skiet.

Groete Toks
More Tertius.

Kom ek verduidelik in 'n manier wat jy sal verstaan (as ek so na jou http://www.psgsa.co.za/ website kyk)

Iemand wat 'n boukontrakteur is, wat met net die beste materiaal bou, soos bv. Afrisam of Lafarge sement, se geboue sal jare lank bly staan, en min krake en so aan vorm.

Nou kry jy die flybynight boukontrakteur, wat nie by die NHBRC geregistreer is nie, wat sommer die cheapste sement gebruik, soos bv. BB cement. Sy gebou sal opkom, maar hoe lank gaan hy hou?

Volhoubaarheid is die sleutel in roep-jag!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Geno »

Pappabeer wrote:Kyk hoe kruip daai G&G camo bakkie weg agter die Isuzu...
Presies. Kyk ook hoe staan die wit trokke uit teen die agtergrond.
Goed, beter, 6millimeter!
Danie Lombard .243

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Danie Lombard .243 »

Ek sien hier kom weer n ding wat moontlik kan uitloop op n stry en baklei. En dit oor kleur.

Die konsep van donker bakkie vir nag jag en ongediertes is gepas. Dit is net beter. Die van julle wat dit voorstel en endoseer is reg en praat waar.

Nou wonder ek oor dievolgende. Ek jag al baie baie jare suksesvol ongediertes met n wit bakkies. Dit is nie net by my gejag nie maar vir baie jare by n vriend van my. Ons albei het met skaap geboer. Die vriend boer steeds met skaap. Ek kom agter dat daar gepraat word van die kleiner manne wat dit sommer so op klein skaal doen, ek verwys na ongedierte jag oukies met wit bakkies.
Ons area wat ons gejag het was ongeveer 12000ha Daar was n tyd wat ons so te se elke aand gejag het. Altyd met sukses en dit met n wit bakkie. Daar word steeds by my asook by die ander vriend gejag met wit bakkies.

Nou wil ek nie se dat jy met n wit bakkie moet jag nie, ek se ook nie dat n donker bakkie verkeerd is nie. Moet ook nie dink dit is dom beginner onosel oukies wat met wit bakkies jag nie.

Moet ook asb nie my kasty omdat ek met n wit bakkie jag nie, ek kasty jou nie oor jou donker bakkie. As jy suksesvol is is ek bly en as ek suksesvol is wees bly vir my.

Terloop, ek jag nie vir kliente nie maar vir myself op my eie grond.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Geno »

Oom Danie,
Watse jagmetode ge bruik jy?
Ry en lig / Roep en skiet/ windhonde?
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply