Page 6 of 51
Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Jan 04, 2012 8:38 am
by Geno
Ja ou Dawie,
Die goed het seker op 'n stadium bietjie windhond-bloed gekry!

Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Jan 04, 2012 9:20 am
by Dawie D
Geno
Dis nie dalk anders om nie

Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Jan 04, 2012 9:20 am
by Pvdw
ek het die stilte-klank KLIPHARD gespeel
Ek sien al hoe meer hoe daai klank werk.
Ek dink Louis gaan nog baie CD's verkoop juis vir daai klank.
Peet
Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Jan 04, 2012 11:03 am
by Francois Briedenhann
More manne.
Wil my storie met julle deel.Het gister aand so 8 uur veld toe gery lekker staan plek gekry 10min stilte,lig skiet een op 30 meter!!Skop af met vlekkie D sien oog kom ver in maar stadig op so 250m sien ek dit is n klein dier wat so bekruip wag dat hy nog nader kom op 100 meter gee ek hom n kiss of death hy staan op sien dis rooikat skrik so groot skiet somer mis!!!en daar stoot hy gaan vanand weer gaan probeer.Watse klank kan ek vir hom speel moet ek weer by die selle staan plek gaan roep?Groete FB
Re: Hoeveel ??
Posted: Fri Jan 06, 2012 5:11 pm
by paul
Het darem 4 brakke n lift gegee gisteraand.
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 10:35 am
by Pvdw
Manne uiteindelik kan ek ook so 'n post opsit
11 jakke 'n geleentheid gegee gisteraand. Hulle het so mooi stil op die bakkie gel?
Ek wag nou al lank genoeg vir daai meer as 10 jakke.
My seun se eerste een vir die aand. Pragtige reunhond met hare wat lyk of dit gekam is.
[img width=560 height=420]
http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4225.jpg[/img]
My seun met die eerste 8.
[img width=560 height=420]
http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4230.jpg[/img]
Ek met die laaste een vir die aand.
[img width=560 height=420]
http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4235.jpg[/img]
Ons was uit om 'n reun en jong jak te soek wt 2 weke terug agter gelaat is toe my jongste die teef en 2 jonges geskiet het.
Die reun en 1 jonge het weg gekom maar met raad van die Forum( Taffie) het hulle ook darm geleentheid op my Chinese bakkie gekry.
Dankie vir al die raad en hulp manne.
4 reuns opgetel
Een so 2 jaar oud, 2 was 3-4 en die ou skelm moes begin kyk na 7-8 jaar plus.
Twee tewe was 2-3 jaar.
Peet
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 10:56 am
by Beretta
Peet
Mooi man ek sien pa kry ook n beurt of nie eintlik nie
Beretta
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 11:00 am
by Pvdw
Jip gister was pa se aand!pa 7, Louis 4. Hy het gese pa kyk altyd, vanaand is dit pa se beurt. Geld kan nie die tyd saam met jou kinders koop nie. Peet
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 11:26 am
by Beretta
Peet
Sorry man waarmee skiet julle kal
Beretta
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 11:32 am
by Jassie
Mooi gemaak
Jy het net nou die ander dag daarvan gepraat
Groete
JAS
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 11:40 am
by Ian
Peet
'n Man gaan slaap lekker as dit so gaan, baie geluk aan jou en die seuns, ek glo dat 'n mens nie sulke ervarings met die seuns met geld kan koop nie.
Groete
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 3:10 pm
by tafjak
Peeta!
Wat gaan aan? H?l maar die Gauteng-jakkalse kry die wind van voor. Mooi manne, wil gedoen wees om sulke deftige jakkalse(sien net een jonge) 'n lift te gee(dierbaar van julle).
Neem die way point van die laaste foto se teef en 2de laaste foto(teef regs onder) en gaan haal die jonges(of is hulle reeds opgelaai), jy kan nie sulke geld laat rondl? nie!
Ek glo nie die raad wat ek gee sal sulke suksesse meebring nie, eerder dat die manne tussen die jakkalse netjiese planne maak en dit is regtig 'n "osriem onner die hart"! Nee wat, met sulke manne is die stryd klaar halfpad gewen!
Mooiloop
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 3:24 pm
by Pvdw
Beretta dis die HOWA 223 wat so mooi met die jakke gesels
Peet
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 4:16 pm
by Geno
Peet julle YSTERS!!!
Netjies manne, DIS HOE MENS DIE BRAKKE KLOP!!!!!!!!
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 5:04 pm
by johann
Dit vir my mooooi Peet!!!! Dt dam net skaap vleis wat jakkies sooo laat lyk????? Gid gdoen!
Re: Hoeveel ??
Posted: Sat Jan 07, 2012 5:07 pm
by Francois Marais
Peet
Mooi gegooi julle manne, hoop sommer vir nog n paar sulke aande, daai 10+ nommers.....
Mooi loop
Francois
Re: Hoeveel ??
Posted: Sun Jan 08, 2012 10:24 pm
by Louis102
Hier is ook 'n 10+ nommer (van 'n ander aard), wat dalk vermelding waardig is:
[align=center]

[/align]
Ek en ou Boertjie het hom met 'n goeie staanplek en die Pikante Haas uitoorl?, op nuwejaars-dag nogal. Die teef (was ook sommer 'n ou tannie) het ek so maand vroe?r geskiet, maar hy het my daardie slag uitoorl?. Elke hond kry egter sy dag, lyk dit my. Hy is so paar honderd meter vanwaar die teef geskiet is, ingeroep.
Re: Hoeveel ??
Posted: Sun Jan 08, 2012 10:54 pm
by Ian
Beste Louise
Daardie het verseker 'n groot aandeel in baie verliese gehad. Lekker om te sien dat hul nie meer skade gaan maak.
Groete
Re: Hoeveel ??
Posted: Sun Jan 08, 2012 11:14 pm
by tafjak
Louis
Ai tog! Wat sou die ou besiel? Lyk my die ou en jy boer ewe lank op Kuduberg.
Mooiloop
Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Jan 09, 2012 1:39 am
by Jaco Swart
More manne.
Ek en Theo kon darem vannaand weer 3 laai en 1 waaroor ons nie seker is nie agterlaat.
Die wind was egter baie erg en dit was maar reenerig. Die eerste 2 het amper in die bakkie vasgehardloop. Ek sal foto's later in die oggend laai.
Groetnis
Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Jan 09, 2012 9:04 am
by Boertjie
Taffie
Daardie ou was darem langsaan by oom Dries geskiet.Weet nie was hy net vrek honger of net dom nie, maar hy het met n spoed roeper toe gehardloop.
Boera
Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Jan 09, 2012 10:33 am
by Dawie D
Boertjie
Met sulke tande dink ek hy was vrek honger
Jy het seker n suig,suig klankie gebruik

Re: Hoeveel ??
Posted: Mon Jan 09, 2012 11:20 am
by Boertjie
Dawie
Ek dink ons moet daardie klankie saamvat na Geno toe.
Re: Hoeveel ??
Posted: Wed Jan 11, 2012 3:59 pm
by Louis102
tafjak wrote:
Louis
Ai tog! Wat sou die ou besiel? Lyk my die ou en jy boer ewe lank op Kuduberg.
Mooiloop
Taffie, oor die ouderdom mag jy dalk reg wees, kan dalk sy eerste lewenslig in '98 aanskou het? Dit is wanneer ek heir aangeland het. Net nie so seker dat dit op Kuduberg was nie, maar wie weet, genoeg tyd gehad om v?r rond te loop?
Mooiloop
Re: Hoeveel ??
Posted: Thu Jan 12, 2012 10:33 am
by tafjak
Ja
En daar verongeluk Tomcat sommer 15 van die goete een aand in Graaff-Reinet, lyk of die ou na die vankansie kook.
Mooiman!