Page 7 of 51

Re: Hoeveel ??

Posted: Thu Jan 12, 2012 10:35 am
by Geno
Hawu! Tomma is kwaad! Mooi man!

Re: Hoeveel ??

Posted: Thu Jan 12, 2012 11:44 am
by Dawie D
Tomma het gespeel toe hy klien was, nou speel hy definatief nie meer nie.

Wurg hulle Sakkie

Re: Hoeveel ??

Posted: Thu Jan 12, 2012 2:33 pm
by Ponkie
Middag manne!

Kon darem Dinsdag-aand 'n reun. 3 jonges en 'n kat omdop. Gisteraand klompie springbokke geskiet en 3 jonges raakgery en hulle ook omgedop.

Groetnis
Ponkie

Re: Hoeveel ??

Posted: Thu Jan 12, 2012 3:20 pm
by Dawie D
Ponkie

Daai ou paar springbokkies gaan seker werk daar by die "varisty" om die nodige verversings mee te bekom.

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Jan 13, 2012 1:03 am
by Ponkie
Dawie

Jit Jit, hoe vang jy my nou uit! Haha!

Reen het my nounet uit die veld gejaag, kon darem dinsdag-aand se origes omdop. nog 3 jonges en die helper-reun. Weet glad nie hoekom die teef nie eers my antwoord nie. Kon haar nerens kry nie. Helper-reun het sommer so skrou skrou ingehol na die roeper toe kleinjak distress aan was.

Groetnis
Ponkie

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Jan 13, 2012 6:40 am
by WillemS
Ponkie

Lyk my daai 22-250 is kookwater! Spoed maak skiet in die nag net makliker.....

Willem

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Jan 13, 2012 10:52 am
by Dawie D
Ponkie

Ek het nogal so gedink.

Steur n bietjie groete daar aan Ou Ponkie

Dawie

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Jan 13, 2012 8:21 pm
by Ponkie
Willem

Ja ek geniet die 22-250 vreeslik baie in die nag. Self met die springbok skiet is dit baie lekker, mens hoef soveel imnder te kompenseer vir wind en afstand. Ek het dinsdagaand 'n jongetjie op 370m geklop wat vir my sit en tjank het en 'n ander een op 300m. Ek het nie rangefinder gehad nie, maar met die 22-250 hoef ek net soveel minder toe te gee. Met die 308 sal ek NOOIT so skoot waag in die nag nie.

Dawie, ek sal vir die ouman so se!

Groetnis
Ponkie

Re: Hoeveel ??

Posted: Sat Jan 14, 2012 4:40 pm
by Freddie101
Ponkie
Maar jy gooi mooi !!

Re: Hoeveel ??

Posted: Sun Jan 15, 2012 12:46 am
by Geno
Naand manne,
Ek's op my 3de staanplek vir die nag.
Staanplek 1 het ek 5 geskiet, en op staanplek 2 kon ek met 'n gesukkel hulle ma ook 'n lift aanbied.
Ek hoop die weer hou tot die son opkom...

Re: Hoeveel ??

Posted: Sun Jan 15, 2012 12:11 pm
by MEERKAT
[img width=560 height=420]http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... 14foto.jpg[/img]

Slegs 3 van die jakkalse is reuns
Ouderdom : Wissel tot 5 jr
Een is nog in veld
Klanke: Vlekkie d , Glen owen (Taffie , baie onderskatte klank) , sopkop (Louis 102 Uitstekende klank) , dg2 , Dolfyntjie

Knou goggas af
MEERKAT

Re: Hoeveel ??

Posted: Sun Jan 15, 2012 1:40 pm
by Ian
Meerkat

Nee wat, jy is die jakkalse se baas, baie geluk. Wanneer gee jy 'n kurses?

Groete

Re: Hoeveel ??

Posted: Sun Jan 15, 2012 4:28 pm
by Ponkie
Oom Wallie

Mooi gegooi! Net bly dit was nie op my plaas nie! Haha!

Groetnis
Ponkie

Re: Hoeveel ??

Posted: Sun Jan 15, 2012 6:57 pm
by Geno
Netjies Oom Wallie! Bitter goed gedoen.
Vertel meer oor "Dolfyntjie" asb?

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Jan 16, 2012 7:58 am
by Geno
More manne.

Hier's die spannetjie wat ek kon kry.
[img width=360 height=480]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal ... -00609.jpg[/img]

Teef, 5-6jr
[img width=360 height=480]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal ... -00610.jpg[/img]

Een jakkals (ek vermoed die reun) kon ek nie opspoor in die lang gras nie.

Groete,
Eugene

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Jan 16, 2012 9:35 am
by Raven
Aitsa,

EK sien die manne looi die jakke noiu lekker weer.

Ek slegs enetjie omdop, maar daar is nog 'n paar op die plaas wat rondloop weer. As ek net genoeg tyd kry dan gesels ek weer hier saam.

Raves.

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Jan 16, 2012 3:18 pm
by Ponkie
Middag manne

Gisteraand was die wind vreeslik sterk, maar ekt so ver gery tot by die boer,ek moes toe maar jag. Kon darem weer 4 jonges laat bakkie ry. So my totaal vir die laaste 4 aande se uitgaan is 15 jakkalse en 1 kat. Daarvan was 13 jonges, 1 ou reun en 1 helper-reun. Die jonges is opgedeel in 3 werpsels. 6 uit die een. 4 uit die ander en 3 uit die laaste werpsel. Die laaste werpsel se jonges loop al redelik wyd verspreid en ver van hulle nes af. Hulle is ook fisies die grootste, so ek sukkel om hulle te locate. Kon glad nie op hulle kleur se dat dit jonges is nie.

Klanke wat vir my gewerk het was Elsneus,BBJ,Rooi-D,Vlekkie D/9. Jakbaklei 1&4, Kat/jak baklei. Ore4,Hasie Glen owen, Vlakhasie DG2, Scrubhare, Rabbit duet en crying jack. Die klank waarmee die meeste jonges sneuwel was Elsneus en op hulle reaksie speel ek Kleinjak distress.

Ek het egter elke keer met die bedoeling gegaan om die ouers eerste te skiet, maar kry nie reaksie uit hulle nie. Elke staanplek langer as 'n uur gemaak om te kyk of hulle nie dalk nie langer vat om te kom soek na die jonges nie, maar steeds niks. Wat doen julle manne soos Oom Taf/Louis/Meerkat om die groottes te dop?

Groetnis
Ponkie

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Jan 16, 2012 4:38 pm
by Louis102
Ponkie wrote: .... Ek het egter elke keer met die bedoeling gegaan om die ouers eerste te skiet, maar kry nie reaksie uit hulle nie. Elke staanplek langer as 'n uur gemaak om te kyk of hulle nie dalk nie langer vat om te kom soek na die jonges nie, maar steeds niks. Wat doen julle manne soos Oom Taf/Louis/Meerkat om die groottes te dop? ....
Ponkie, die beste benadering gaan baie afhang van hoe en wat jy onlangs geroep het in daardie omgewing.

Die afgelope maand of so was ek baie gelukkig deur sommer met kos weg te spring en dan (soms toevallig) op die regte plek op die regte tyd te wees.  Ek het 'n paar tewe met kleintjies so omgedop, voor ek die kleintjies kon kry.  Dink maar dis maar 'n kwessie dat die druk op jakkals stelle om kos aandra baie hoog was tot nou, dit gaan egter spoedig tot 'n einde kom.

Ek het in die verlede goeie sukses hierdie tyd van die jaar gehad waar van die kleintjies reeds afgehaal was, deur 15-20 min met kos te begin, kort stukkie baklei / vreet, lekker tussenpose, Elsneus.  Gee dan sommer 'n goeie 10 minute stilte na Elsneus en probeer iets soos Bakjak geveg of selfs enige van die ander baklei / vreet klanke.  Dink die truuk nou is om hulle van nou af met nuuskierigheid te uitoorl?, veral as die kleintjies reeds gesneuwel het.  Die druk van kos aandra is weg, beskermingsdrang is laag, territoriale agressie baie minder.  Wat andersins oorbly is lekker sosiale roepe en bly weg van kos (veral as jy kos reeds baie gebruik het in daardie omgewing).

Maar my nederige opinie.

Groete
Louis

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Jan 16, 2012 4:53 pm
by tafjak
Ponkie

Vlekkie E dop die ouers.

Re: Hoeveel ??

Posted: Tue Jan 17, 2012 8:53 am
by sakkievanheerden
Dankie Taf daar is weer n lekker tipe vir ons.Ou Boertjie het gisteraand hier in Tarkastad by n ou 8 jakke laat Landie ry,baie bly vir hom en die boer.
Groete
Sakkie van Heerden

Re: Hoeveel ??

Posted: Tue Jan 17, 2012 12:29 pm
by Louis102
Sakkie, hou tog net dop dat hy nie nou loop dikstingel raak daar in Tarka nie, asb!

Re: Hoeveel ??

Posted: Tue Jan 17, 2012 2:32 pm
by Boertjie
Louis

Dit is nie n probleem.Sakkie wil my nie saamvat Renoster toe nie.Hy is seker bang ek roep sy girls in.
Lyk my hy wil ook maar nie als deel nie.Ek het gesien hoe hy 4 gehaad het een aand,net vir homself.

Boertjie
PS Geno ons kan daar ook n draai loop maak.

Re: Hoeveel ??

Posted: Tue Jan 17, 2012 3:04 pm
by Dawie D
Boertjie en Sakkie

As julle 2 minder in die Rino rond le sal daar ook meer jakke in Tarka om val.

Re: Hoeveel ??

Posted: Tue Jan 17, 2012 3:11 pm
by Boertjie
Dawie

Jy verstaan nie,Sakkie wil my nie saam vat nie.Hy wil weer almal vir homself hou.
Ek het 2 aande gejag hier en trek op 12 vir die 2 aande

Boera

Re: Hoeveel ??

Posted: Tue Jan 17, 2012 3:16 pm
by Dawie D
Mooi Boera

Wurg hulle