Page 10 of 106
Re: Lisensies
Posted: Thu Jun 28, 2012 10:01 am
by Reggie Gerber
More manne
Ek het gister my aansoek vir n .22 bruno ingegee by die Ladysmith polisie stasie met die motiveering gebaseer op my dedicated sports shooting status.
Sal julle op hoogte hou van sy beweegings. Ek besoek eenmal n week die DFO om op die stelsel te kyk as ek n aansoek in het.
Groete
Reggie
Re: Lisensies
Posted: Thu Jun 28, 2012 12:22 pm
by Frederik
Het vandag my 270 se aansoek ingedien en ook my .22 se kaartjie opgetel 31 dae presies na ek aansoek ingedien het.

Kom mons kyk hoe vinnig die 270 sal gaan.
Re: Lisensies
Posted: Fri Jun 29, 2012 9:24 am
by Armand Steenkamp
Frederik,
Ek het vanoggend oor aansoek gedoen vir my 243 se liksens! Ek hoop saam met jou!!
Groetnis
Re: Lisensies
Posted: Fri Jun 29, 2012 9:53 am
by Fanie
Ek moet se dat dit baie bemoedigend is dat aansoekers hulle lisensies gouer kry !
Die adjudant by ons poelies stasie se hulle aansoeke word deesdae goedgekeur in 'n paar weke, en dit is baie goeie nuus.
Ek het ook intussen so bietjie goeie nuus gekry. die apelraad gaan blykbaar nou na my goed kyk, ek sal in die volgende week weet of ek my kriminele status hou en of ek weer 'n gewone mens kan wees, so die' van julle wat spaar duime het, hou vas !
Re: Lisensies
Posted: Fri Jun 29, 2012 1:05 pm
by Cornelius
Manne,
Ek was die 12 Junie baie opgewonde die dag toe ek hoor my lisensie is goedgekeur maar is deesdae weer baie teleurgesteld met die proses nadat dit goedgekeur is. Ek wag vir my lisensie kaartjie en het nou al 3 verskillende terugvoering gekry oor die status van die kaartjie in n kwessie van 2 dae. My polisie kantoor het my nou verwys na die Provinsiale Polisie kantoor om te hoor of hulle nou al die kaartjie het maar geen geluk nie. EK het geskakel x4 geen antw. 5de probeer slag toe tel iemand die foon op maar praat nie met my nie en hoop ek sit die foon neer aan my kant wat toe nie gebeur nie - foon word toe in my oor neergesit. 6de probeer slag bestaan die nommer nie wat eintlik maar net beteken hulle het die telefoon lyn uitgetrek - heel gerieflik ne.
Dis jammer dat baie van ons polisie manne en vroue hard werk om ons te help en dan kry jy weer die een of twee vrot appels wat nie dieselfde moeite wil doen nie.
Maar n aanhouer wen so ek gaan aanhou probeer.
Groete
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 12:48 pm
by Fanie
Goeie nuus !
Die apelraad het die onbevoegverklaring omgekeer en soos ek verstaan is dit reeds van die stelsel af verwyder danksy twee persone wat hulle uitgesit het om die probleem op te los.
Wat ek sukkel om te verstaan is hoe kan daar in dieselfde organisasie lede wees wat klaarblyklik hulle toewy om kwaadaardig op te tree om mense te benadeel terwyl ander absoluut die teenoorgestelde is.
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 12:50 pm
by Sako75
Ek het my 22 Hornet lisensie binne 4 weke gekry. Die tydsverloop vanaf ek hom ingedien het todat hy by my plaaslike polisiekantoor was 4 weke.
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 12:59 pm
by DWB
Oom Fanie, ek is so bly ons het nie meer 'n krimineel in ons midde nie

Wat 'n verligting!
Manne, s? net bietjie waar julle die goed indien dat ons kan verstaan hoekom dit so vinnig gaan.
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 1:11 pm
by Fanie
DWB, ek dink hulle is bang ek kry 'n te hoe pos in die staatsdiens met so 'n rekord, wat die volgende ding sou wees waarop ek aanspraak sou maak

Lekker droogmaak en dan kan ek ook as voorheen benadeelde met so 6 - 10 miljoen vergoedings paket aftree... dink net hoeveel vriende ek dan sou he !
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 1:41 pm
by Marc
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 1:44 pm
by matewis
Baie bly vir jou part Fanie, hou hom nou innie rooi!!
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 1:55 pm
by Fanie
Daar is nou 9 jaar se koele wat uitgeskiet moet word

Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 2:56 pm
by BRNO (Pierre)
Dit is baie goeie nuus Fanie. Ek was sommer saam met jou bekommerd oor die storie. Het al gewonder hoekom het jy haar nie regtig geslaan nie, dan was dit alles immers die moeite werd gewees
Ek wens so ek kan saam met julle manne van drie en vier weke praat. My 243 se aansoek is 5 Junie in, en daar word nou voorberei om dit finale oorweging. Kaptein Nortier is nou nie n man wat opstelle skryf nie, maar in sy eie manier het hy maar gese ek moet rustig wees, die aansoek loop mooi. Dit sou darrem lekker gewees het as ek einde van julie iets kon gaan plat trek met die nuwe roertjie.
Sonder om die onderwerp te skaak. Indien my lisensie goedgekeur is, maar ek het nog nie my kaartjie nie. Sal dit onwettig wees indien ek met die wapen rondry en dit gebruik?
Re: Lisensies
Posted: Tue Jul 03, 2012 3:08 pm
by Armand Steenkamp
Pierre,
My 308 se liksens is goedgekeur. Ek het ook nie n kartjie nie. Die dfo het my n gewaarmerkte print out gegee en gese ek kan maar met die roer rond ry. Wie is ek nou om nog vrae te vra!
Groetnis
Re: Lisensies
Posted: Fri Jul 06, 2012 12:18 pm
by Herman Venter
Hallo manne,
Ek kry nou die sms, kan iemand my dalk s? wat dit beteken?
SAPS message: Your Licence REF. 4402741 has been finalized. Contact your relevant DFO before collecting. Please do not reply to this SMS
Groete
Herman
Re: Lisensies
Posted: Fri Jul 06, 2012 12:20 pm
by DWB
HOU OP BRAG DAMMIT
Dit beteken gaan tel jou kaartjie op!
Re: Lisensies
Posted: Fri Jul 06, 2012 12:22 pm
by matewis
Weet nie wat dit beteken nie maar kon erger gewees het!
Nie dalk my SMS na jou foon gestuur nie?
Geniet dit, kannie wag vir die dag wat ek daai post nie!
Re: Lisensies
Posted: Fri Jul 06, 2012 1:03 pm
by Frederik
Herra,
Dit beteken jou lisensie is goedgekeur maar jou kaartjie moet nog geprint word en dan nog na jou lokale DFO toe gaan.
Re: Lisensies
Posted: Fri Jul 06, 2012 1:40 pm
by Cz_apie
DWB wrote:
Manne, s? net bietjie waar julle die goed indien dat ons kan verstaan hoekom dit so vinnig gaan.
Laat ons ook kan weet waar die "wonderwerke" plaasvind

Re: Lisensies
Posted: Wed Jul 11, 2012 9:19 am
by G-force
Alles laasweek ingedien:
Het section 21 permitte gekry vandag vir
My 338 lapua,my 870 remmie haelgeweer,my .375 en my vrou se Glock 17 en my swaar se Glock 17 en Walther P22 pistool.

Dankie Kapt Nortier en kie.
Re: Lisensies
Posted: Wed Jul 11, 2012 11:50 am
by Marc
G-force wrote:
Alles laasweek ingedien:
Het section 21 permitte gekry vandag vir
My 338 lapua,my 870 remmie haelgeweer,my .375 en my vrou se Glock 17 en my swaar se Glock 17 en Walther P22 pistool.

Dankie Kapt Nortier en kie.
Mooi man, bly om te sien die goeie diens gaan voort

Re: Lisensies
Posted: Wed Jul 11, 2012 2:15 pm
by DWB
G?,
Deel bietjie met ons hoe jy dit regkry!
My 9.3x62 se aansoek is gister in.
Re: Lisensies
Posted: Wed Jul 11, 2012 2:41 pm
by G-force
DWB wrote:
G?,
Deel bietjie met ons hoe jy dit regkry!
My 9.3x62 se aansoek is gister in.
Bou n goeie verhouding op met jou DFO en vra mooi laat hy/sy die aansoeke gou gou invat.Gauteng North het darem ook vir Kapt Nortier wat die dinge hanteer en hy speel nie by die werk nie,hy werk lekker vinnig.
Re: Lisensies
Posted: Wed Jul 11, 2012 2:52 pm
by DWB
Nee wat, van Piet Retief gaan dit na Neslpruit en van daar na Pretoria...
Doen jy jou Tydelike aansoeke self?
Re: Lisensies
Posted: Wed Jul 11, 2012 3:01 pm
by G-force
DWB wrote:
Nee wat, van Piet Retief gaan dit na Neslpruit en van daar na Pretoria...
Doen jy jou Tydelike aansoeke self?
Nee,ek gebruik vir n ou met die naam van Emcee.Hy doen moeite en as hy onseker is dan ry hy na die CFR toe en praat met die manne wat die besluite neem.Elke liewe sent werd.