Lisensies

Post Reply
ablm468

Lisensies

Post by ablm468 »

Ek het vandag my lisensies gaan afhaal vir 'n .375 en 223. 2maande gelede aansoek ingehandig en gedink ek gaan minstens 1 jaar wag, kon nie my ore glo toe hulle my se dit is goedgekeur ek moet kom haal nie. Konstabel se daar is addisionele oortyd vir hulle goed gekeur hulle werk elke weeksaand tot 8uur en saterdae tot 3 totdat agterstand afgehandel is. Dit is in Benoni, weet nie of dit dieselde is by ander plekke nie. Hopelik is die lig in die tonnel nie 'n aankomende trein nie.
jmb

Re: Lisensies

Post by jmb »

Ja swaer. Dinge lyk beslis beter. My Pa het net bietjie meer as 2 maande terug aansoek gedoen vir 2 gewere onder Toegewyde Jagter en 'n haelgeweer. Hy het hulle gister gekry. So dinge lyk beter. Interessant is ook dat my DFO hier vertel dat alle handwapen aansoeke onder selfverdediging afgekeur is hier by ons maar dat al die ouens dit op appel gekry het. Praat van 'n mors van tyd. Een ding wat my gat krap is die vingerafdrukke ding. Hoeveel keer moet 'n ou nou regtig jou afdrukke laat neem. Elke keer wat ek iets met die lisensies te doen het is dit afdrukke. Jy dink darem seker dat die goed op hierdie stadium in 'n databasis ingescan is. Dit is elke keer 'n gemors en jy voel soos 'n verbrande krimineel.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Lisensies

Post by theedge »

Dit klink goed
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lisensies

Post by Wouter Roets »

Hallo Almal

Ek het vandag gehoor dat twee van my nuwe lisensies goedgekeur is. Dit het twee en n half maande vanaf ek die gewere gekoop het gevat. Dit is nou n puik Kersfeesgeskenk!
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lisensies

Post by Francois Marais »

Wouter

Is dit ook van daai " Aan Pa, Van Pa " geskenkies gewees, geniet hulle.

Het darm ook so n week terug n haelgeweer lisensie gekry, sal later bietjie fotos opsit, ou Simson Suhl, side-by-side, 16 boor.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Lisensies

Post by BLOK »

Die is alles goeie nuus, eks bly die bespoediging van lisensies vorder dit kan net goie dinge vir ons beteken, En julle manne met die nuwe liksense geniet daai roere. Baie geluk.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lisensies

Post by Wouter Roets »

Francois
Dis maar hy daai!
Het ook vir n Ruger Red Label 12 boor vandag aansoek gedoen. Ek het Donderdag met hom geskiet, FANTASTIES!!!
Hoop hy harloop net so vinnig deur die sisteem!
Groette
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lisensies

Post by Wouter Roets »

Thanks Blog!!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lisensies

Post by Francois Marais »

Wouter

Het jy n Rugeragentskap, of het jy n pel wat een het, as daar nu een O/U is wat ek sal/wil koop, behalwe Beretta se Silver Pigeon, is dit die RED LABLE, wat het jy betaal as ek mag weet??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lisensies

Post by Wouter Roets »

Francois
Vannaf VLT(Pretoria) na Fishers en Shooters hier in Lichtenburg, pelle van my so kan darem die goed testdrive voor die lesensies. R22 000 op die kop. Baie beiendruk met die kwaliteit en pas. Hulle is gelukkig vir groot manne gebou met n lang pull.
Groette
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lisensies

Post by Francois Marais »

Wouter

Baie mooi prys daai, man sal dam laaik om ook eendag as ek groot is ene te he, geniet hom

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lisensies

Post by Wouter Roets »

Dankie Francois
Pryse het darem mooi afgekom met die sterk rand. Was n jaar terug R30000 vir een.
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Lisensies

Post by jmb »

Baie geluk Wouter. Wragtag die eerste ding wat die moeite werd is wat se prys afgekom het oor die wisselkoers. Gewoonlik gaan hulle net op. Skiet jy kleiduif?
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Lisensies

Post by MEERKAT »

So van kleiduiwe gepraat wie van die gogga skieters skiet kleiduiwe?

Knou goggas af
MEERKAT
Chopper

Re: Lisensies

Post by Chopper »

Naand s?.

Vir my is daar eerder ges? dat ek weer in Februarie moet bel!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lisensies

Post by Wouter Roets »

Hallo Johan
Dit is goed om weer van jou te hoor! Hoop dit gaan so bietjie rustiger daar by jou.
Ek het so bietjie begin rondspeel op SAJWV dae daarmee en dit is dam verslawend. Ek het die Red Label so in Maart bestel en hy het toe so in in September hier aangekom. Ek het gister by ons Kooperasie n meganiese en handslinger gekoop. Ek het ook 4 bokse duiwe gekoop, so nou moet ek maar wag totdat my pel van die geweerwinkel weer kom kuier!
groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Lisensies

Post by KSV »

Majuba,

Het myne laasweek gaan haal.  Dit was so maand na ek gehoor hy is goedgekeur.

Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Lisensies

Post by WOLF »

Manne
Ek het die 13de Desember 2010 aansoek gedoen vir my 243.Die lisensie is goedgekeur op die 13de Mei 2011 en ek het die lisensie die 15de Junie gaan afhaal by die DFO hier in Calvinia.Inaggenome die groot dae wat daar was is die vyf maande glad nie te lank nie.MOet se dat die GIRLTJIE wat die DFO is haar werk ken en altyd help waar sy kan.Sy was nou al selfs twee keer in Kimberley om aan agterstallige lisensies te gaan werk.Toe ek gister myne gaan haal het was daar n boks vol hernuwings wat net afgehaal moet word.
WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Lisensies

Post by Pvdw »

Hi manne, die is nou goeie nuus. Meeste posts was nou wel in Des 2010 maar ek het verneem hulle werk nou weer oortyd om in te haal.

Het iemand anders dalk onlangs iets ingehandig of terug gekry. Deel asb met ons hoe lank jy gewag het.

Ek handig volgende week myne vir 223 in en sal smile as ek hom oor so 2-3 maande kan kry.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Lisensies

Post by Christo Els »

Ek gaan self volgende week weer probeer een ingee
Sal maar kyk hoe lamk dit gaan neem. sulke nog eers met my bevoegheid wat al in 2008 ingegee is
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Lisensies

Post by GERT vd M »

Aansoek ingedien 26 jan 2011. Goedgekeur 16 mei 2011(het reeds bevoegdheid en toegewyde status) Probleem is nou dat die +%#@&*& lisensie geprint moet word, want daar is glo n helse backlog en stukkende printers (pretoria johannesburg) 
                                                        GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: Lisensies

Post by james 303 »

Bel vandag cfr my lisensies is goed gekeur vir handwapen en haelgeweer kon my ore nie glo nie en dit het laas maand daar aangekom. .Die beste is laas week bel ek om te hoor waar is my aansoeke toe se hulle my 303 is vir consideration maar die handwapen en shotgun nognie ek sou gedink het my 303 sou nou approved gewees het maar toe anders om nou wil ek net weet hoekom sloer hulle met die geweer?
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Lisensies

Post by Christo Els »

Geluk louis 303  :D
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: Lisensies

Post by james 303 »

Vandag weer gebel my geweer lisensie is goed gekeur. .Hulle se ook dat hulle junie se kaartjies klaar gedruk het dit is seker kaarte van wapens wat in mei goed gekeur is so iets...is nie presies seker nie..hulle se dat die kaarte "behoort" 3 weke te vat
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Lisensies

Post by Pvdw »

Geluk L303 nou kan jy lood gooi. Ek het so 2-3 weke terug nuwe een ingehandig vir my 223. Ek gaan vir eers maar wag vir 'n maand of 2 voor ek weer bel. Kan nie wag nie.

My vrou se handwapen is op die 14de Junie goed gekeur en sy het lisensie voor einde van Junie gehad, so ek dink jy kan dalk gelukkig weer met die 3 weke belofte.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply