Hallo manne,
Die jagseisoen het die afgelope naweek afgeskop vir my.
Saterdag-oggend het ek vir Vosman gevat om 'n takbok te skiet op dieselfde plaas waar ek 3 jaar gelede my takbok geskiet het.
Dit het taai gegaan, deurdat daar nie vreeslik baie skietbare ramme was nie, en ons het op die ou end die grootste "beskikbare" ram geskiet.
Daar was wel 'n wit ram wat massief was, en ons het 3 keer op hom afgekom. partykeer tot +-60m van hom af, maar die eienaar het dit duidelik gestel dat ons hom nie mag skiet nie.
Daai wit bok was 3jaar terug ook al daar, en toe al nie beskikbaar nie.
Ons het op 'n kol 'n jongerige ram bekruip. Hy was vas aan die slaap, en ons kon 'n video maak van hoe Vosman hom met die geweerloop teen die gat druk om wakker te word! Die ram het rustig opgestaan, en toe hy agterkom wat aangaan het hy een brul gegee en weggehol!

Hier is Vossie se bok:
Die aand is ons na 'n veeplaas toe om te gaan jakkalse roep.
Vosman, Trigger, en Viperian was saam met my. Janjak, sy seun en Natie het ook aangesluit om te kom help op die 5500ha.
Op die eerste staanplek, terwyl Viperian die roeper uitgesit het, het ek 'n jakkals +-120m langs hom opgetel. Ek het die jakkals geskiet.
Ek het goeie reaksie op Black Back Jackal gekry, maar die jakkalse wou nie inkom nie. Ek het toe vir Jason om raad gevra, en hy het ges? ek moet naderskuif.
Ons het nie die jakkals gaan optel nie, ek was redelik haastig om te skuif.
Ons het nader geskuif, ma nie naby genoeg nie, en toe weer 'n slag nadergeskuif. Trigger was in die stoel, en die jakkals reun het baie skelm ingekom sonder om oog te wys.
Trigger het hom langs die roeper geklop. Tafjak6 en Klein Hasie combo het hom gerol.
Ons het geskuif na waar twee ander jakkalse gereageer het op my roepe vir die reun. Ek het weggespring met Rooi-Alleen, en hulle het geantwoord. EK het na 'n paar minute oorgegaan na Klein Hasie Combo, en die eerste een het kliphard oor die gesny- en gebaalde land ingehol.
Viperian was die slag in die stoel, en het die jakkals effe mis geskiet. EK het oorgegaan na Coyote pup, en die jakkals het vasgesteek agter 'n baal, met net haar boude wat uitsteek. Ek het vir Ian ges? om die jakkals reg in die boude te skiet. Die skoot het geloop, en die jakkals het morsdood neergeslaan. Die 75gr V-Max kwes nie sommer 'n jakkals met my .25-06 nie!
Ek het aangehou met Coyote pup, en die teef se sussie het toe ook ingehol. Die keer het Ian 'n baie netjiese skoot geskiet, en die tefie is ook bokveld toe.
Ons het geskuif na waar die jakkalse lammers vang naby die een opstal, maar die honde het kwaai tekere gegaan vir die roepery. Daarna nog een staanplek gemaak, maar slegs reaksie baiue ver in die buurman se grond gekry.
Hier is die 3 wat Ian en Trigger geskiet het saam met 'n lam wat Vrydag-aand gevang is.
Vosman, Ian, en Trigger: Julle is great ouens, en enige tyd welkom om saam met my te kom jag!
Groete,
Eugene