Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Naam van Jagter
Kontak nommer
Bedienings area
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by namhunt »

Norton

Ek is bly julle het my nie vergeet nie. Hou my maar op hoogte.

Groete
Daan
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by JACQUES BOTHA »

Oom Leeu:
Julle NAMPROBAC... NAMDCAC... HOE GAAN DINGE DAAR met so klomp toegeweide manen moet dinge net reg loop..
En OOM LEEU sal sorg dat dinge reg loop hy vattiekakie , maar ek is sommer nuuskierig .. is julle al amptelik gestig met n vergadering alias via die internet of vergadering met n doop plegtigheid en naamkry ens..
HOOFMAN OOR 100 SEKRETARESSE EN OUDITEUR ENS...
Ek sien jagters het julle n mooi klompie bevoeg verklaarde manne met toerusting en vaardighede ens..
Ek sien uit om julle manne bietjie hierdie kant van die oranje te sien ..... ek dink daai internasionale skietdag moet ons nie uit die kop verloor nie....
Groetnis Sterkte
JB
 
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: ... NAMPROBAC... NAMDCAC... HOE GAAN DINGE DAAR ...
Jakes

Nee, die eerste vergadering word nog beoog.  So bietjie vooraf voetwerk deur Francois, Oom Frikkie e.a. insluitend myself, is nog nie heel in plek nie.  Sekerlik sal op daardie eerste vergadering besluit word wat die roete is om te loop.  As jy probeer insinueer dat ons dalk eerder by bo-staande organisasies moet aansluit - ons sal alle opsies oorweeg, insluitend om outonoom te bly. 

Van die opsies om te oorweeg is om te sit en wag vir beter dae, alles te kritiseer, te kla en kerm oor alles wat verkeerd loop en af te breek wat ander probeer opbou, maar soos ek ons plaaslike manne uitkyk, dink ek nie dit is die roete wat ons hierdie kant sal loop nie. 

Jy klink na 'n man met baie ervaring, wat kan ons uit julle goeie voorbeeld daardie kant leer, siende dat ons nog in ons kinderskoene is en julle al jare die in die bedryf is?

Luister graag.
Oom Leeu
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by JACQUES BOTHA »

Oom Leeu.
Nee wat ek glo 100% dat julle op die regte spoor is. Julle het die regte kwaliteit manne daar en die heel belangrikste vir my is Julle WIL UITBOU...
Jy weet al lankal ek spoel my bek uit oor afstig en splintergroepies... maar soms is dit nodig om uit te bou en nie te wil wegskram nie..
Die klein verskil is tussen die 2 is die een wil groter gaan en uitbrei die ander in geval van afstig en kleiner word en  persoonlike geskille daarstel vir die afstig doeleindes...krap my gat skurf.  Die bostaande organisasies is sommer klomp nerwe wat ek gebruik om so bietjie te krap ....en reaksie te kry...
Dis ook nie organisasies nie, maar sommer net so geskryf om te vra hoe dit gaan.
"NAMPROBAC... NAMDCAC... "
Ek het sommer net gewonder of julle n afkorting van die naam gaan maak soos wat die geval is by meeste instansies en die afkorting klink dan beter as die hele naam.

maar Keep up the good work....
Ek help graag ....My weggaan by ons vrystaat probleemdier jagtersvereeniging  was ook om die een rede dat daar soveel vergaderinge si wat moet bygewoon word en aktiwiteite wat gemonitor moet word vir die nuwe wapenwet en dat ons daardeur eerder kon terugbeweeg na die moedervereeniging.. dit het logisties sin gemaak en administratief sin gemaak (vir my).
En die teen argument was persoonlike rede's en verskille  en ek wassie lus vir dit nie.
Sterkte daar
jb
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Kalahari »

Fm en Louis102

Ek is net nuuskierig, het netnou die pos raakgelees. Is die vereniging toe gestig en hoe is die stand van sake indien wel?
Ek is nou nie expert nie, maar wil graag leer.

Groete
Johan
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Francois Marais »

Johan

Dinge vorder, stadig maar seker, Louis roei so in die stilligheid....juis more in vergadering met die bestuur van die landbou unie....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Kalahari »

FM

Dankie vir die terugvoer. Jammer ek se nou eers dankie, weet nie hoe dit gebeur het nie, maar nou eers jou pos gelees ???.
Ek sal die spasie dophou. Jy weet nie van verdere verwikkelinge nie?
Indien daar iets gebeur sal ek baie graag by julle span wil aansluit, die ooste (suid-ooste) is maar ver uit julle ander manne se pad ;)

Groete
Johan
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

Kalahari

Jammer, ek lees ook nou eers jou navraag raak. 

Ek dink steeds dat so iets gestig moet word, maar die motifering om baie tyd en aandag daaraan te spandeer, ontbreek bietjie op hierdie stadium. 

Ek het reeds vir 'n webtuiste betaal, maar het die site ge"crash" voor ek nog oordentelik begin het.  So die ding is steeds nie aanlyn nie en ek kon nog nie die grondwerk wat ek daarop wou doen, begin nie.  En my "service provider" vee nou sy alie af aan my probleem.  Ek het die uitvoerende raad NLU oor hierdie ding, onder andere, gaan toegespreek, maar kan jou s? dat ons geen ondersteuning van hulle moet verwag nie.  Hulle siening is dat een van hande in onskuld was.  Hulle wil geensins by die beheer van ongediertes betrokke raak nie, die boere moet maar vir hulle self sorg.  Hulle het egter onderneem dat ons van hulle kommunikasie kanale gebruik maak as ons so iets stig en daar is geleentheid om onsself so te bemark.

So, enige iemand wat wil help is welkom.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Kalahari »

Louis

Dankie vir die terugvoering, ek waardeer. Ja nee, harde en baie dae ondankbare werk sal dit wees.
Dit is jammer dat die Nlu nie hulle weg oopsien om betrokke te raak nie, ek bedoel,......................... jy weet wat ek bedoel. Hulle is immers 'n liggaam wat die produsent verteenwoordig en die produsent betaal daardie ledegeld en die ongediertes vreet ook aan daardie geld wat die ledegeld moet betaal >:(.

Ek hoop en glo dat dit wat jy aanpak suksesvol sal wees, sterkte.
Ek sal op die uitkyk bly vir enige nuus.

Kalahari
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

Kalahari

Ja dis seker bietjie suur druiwe, maar hulle kan duisende spandeer om hulle self te promofeer op "road shows" so jaar of wat terug, maar hulle is nie bereid om een sent te spandeer op dit wat die kleinvee boer se gatsak die meeste seermaak nie.  Ongediertes kos die kleinvee lede van die NLU meer as die toe grens en veediefstal saam, hulle erken dit.  Voordat die kleinvee produsent egter nie om hulp aanklop by hulle aanklop nie, gaan die NLU niks doen nie.

Ek het voorgestel dat ons inligting sessies hou en vars idees rondom ongedierte beheer na die produsente vat - dit kan nie soveel kos nie.  Ek het verder voorgestel dat ons gesamentlik kursusse aanbied, maar hulle is nie eers bereid om 'n borg te help soek hiervoor nie.  Hulle is ook nie bereid om te help met enige verdere navorsing oor die gedrags patrone en beheermetodes nie.  Jammer, hulle reken ek/ons kan op eie onkoste voortgaan, hulle sal nie in my/ons pad staan nie en selfs hulle "strukture" gebruik, maar verder geen hulp van hulle kant nie.

Vandaar my effe siniese uitkyk op die hele saak.  Indien ons NLU-leierskap, hoekom moet ek verder sukkel op eie houtjie?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
rouxan
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sun Nov 04, 2012 12:23 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by rouxan »

EK SAL OOK GRAAG DEEL WIL WES VAN DI OPERASIE
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Frikjordaan »

Louie

Wat sou die rede wees dat die Karasburg Streeks Landbou Unie nie die stig van so 'n Ongedierte bestrydings forum wil ondersteun nie?
hoor graag.
Mooi loop
Oom Frik
Karasberge Namibi
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

Jammer Oom Frik, jammer, sien nou eers jou vraag.

Ek het al baie pakslae gekry omdat ek redelik uitgesproke oor gebrek aan samewerking is, so ek moet maar versigtig wees wat ek s?. 

Ek dink daar is regtig plek vir so iets, ons moet net die regte voertuig vind om so iets van stapel te stuur.  Ek dink die beste beginpunt is dat ons tegnologie moet gebruik en 'n aanlyn gespreksgroep van stapel moet stuur.  Dit sal help dat ons 'n gesamentlike visie en doelwitte kan formuleer van presies dit wat ons wil doen.  Dink Oom daar is 'n groot genoeg behoefte vir so iets?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply