Page 2 of 6
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 7:50 am
by cassie_calvinia
Danie
soos Oom taf se, dit is nie die sukses volle jakkalse wat pla nie, dit is die wat jou sien, en nie geskiet word, wat jou R15000 per jaar kos.
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 7:54 am
by G-force
Kan mens in n wit hemp en broek loop en jag bedags of is daar beter kleure vir dit?
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 8:35 am
by tafjak
Toks en Danie
Sal julle 2 dan vir my kan se watter kleur/kamoeflering die beste sal werk?
Ek sien niemand het gese dat dit nie sal werk nie, dat dit net die kleur is wat die moeilikste wegsteek in die dag of nag. Jakkalse se oee is nie so goed soos katte s'n nie. Ook dat dit onproffesioneel is om so by kliente aan te kom en daarmee te jag.
Nou, vir van die kliente is dit 'n snaakseheid om enige jagter daar te he, wat nog te se of die voertuig gekamoefleer is. Maar, daar is kliente wat die praktyk ken en nie sommer daarvan oortuig sal word dat 'n ongekamoefleerde die werk sal doen nie. Kliente skinder onder mekaar en mag jy net in die gesprek genoem word(as jy skuldig is hieraan) en dis baie moeilik om kliente weer te oortuig. Hulle onthou sommer nou skierlik baie goed van jakkalse/katte wat jy misgeskiet het of nie kon inroep toe jy witbakkie gebruik het.
Wonder ek nou ewe skierlik waarom kamoefleerdrag so gewild is? Gebruik julle 2 kamoefleerdrag?
Mooiloop
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 10:01 am
by Katefbessie
Cobus(Cobb) wrote:http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/20131115_143505_zpsc78883d4.jpeg
Dis nou by die laaste kurses.....ek sê maar eerder niks nie.
Kabous.... My bakkies sou nie wit gewees het as ons ou kalant DAWIE MALAN besluit het om vir ouboet groenewaldt aan te stel om my bakkie te was nie!!!! Al my harde moeite om my bakkie te verf daarmee heen!
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 10:05 am
by HennieC
Die volgende post gaan seker wees dat net sekere maak voertuie gebruik kan word bv. Toyota en Isuzu wat die beste sal wees.
Of gaan dit wees die tipe kaliber geweer wat moet gebruik word.
Almal moet seker iewers begin en as jy nie 'n donker voertuig het nie moet jy seker dit wat jy het maak werk tot jy weer jou voertuig gaan vervang.
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 10:07 am
by Geno
HennieC wrote:as jy nie 'n donker voertuig het nie moet jy seker dit wat jy het maak werk tot jy weer jou voertuig gaan vervang.
Ja, maak hom werk deur nette te gebruik, of die waterverf-resep te gebruik.
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 10:12 am
by HennieC
Dit is wat ek in gedagte het. As my werks bakkie sy kilos gedoen het en terug gaan gaan ek my baas se ek soek 'n donker bakkie
Sal maar solank dink aan wat se rede ek sal gebruik vir "hoekom 'n donker bakkie"
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 10:25 am
by BLOK
Dit is nie die een wat jy geskiet het wat die camo of donker kleur of waterverf of watookal voor gewerk het nie, maar eerder die een wat jy nie gesien of skiet het nie en weggekom het.
Dan met oom Freddie se toestemming haal ek sommer sy vorige skrywe aan van n ander topic af.
"Manne, Ek wil ook n eiertjie le oor wit bakkie.
Waneer jakkie inkom en ons gewaar hom betyds en hou gedimde lig op hom is daar nie n manier dat hy jou bakkie sal raaksien al is hy watse kleur, want die lig is die beste camo. Maar wat vandie een wat staan en kyk van die kant af. Hy staan en kyk en neem notas. Die wit bakkie moet aandag trek met sy donderslag daarby. As die bakkie donker was reken ek hy sou meer op die roeper gekonsentreer het. Ligte sien hulle elke aand van 5 na 10 kilos ver tot naby. As daar baie jakkies is sal die wit bakkie baie jakkies skiet, maar dit is nie wat tel nie soos Taffie en Louis en almal al gese het. Wat tel is hoeveel geleerde manne agter bly. In kgalagadi sal n jakkals miskien tjops van jou braavleisvuur af steel. Sal hy dit op n karooplaas by die opstal doen. Nee , hy het geleer om bang te weesv vir mense. Sal n wit bakkie hom vinnger leer. Ek glo so.
Ons spandeer duisende op die beste gewere, stoele, ligte, camo klere ens maar wil verskonings uitdink om met wit bakkies te jag.
By my het ek self geleer dat lig/roep/bakkie/menssku jakke my R40 000 plus n jaar kan kos. So self of sal enigiemand anders nie by my met n wit bakkie jag nie. Hierdie is slegs my mening."
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 11:14 am
by tafjak
HennieC
Het julle jakkalsprobleme?
Katefbessie
Hahaha, ja onthou te goed dat Henry jou guns probeer doen het. Die foto wat Cobus geplaas het was nie om die manne gas te gee nie. Eerder om te demonstreer hoe witbakkies uitstaan teen die agtergrond. Ook nie dat dit die praktyk is by die eienaars nie en het ek heelwat kamoefleer- en skadunette op die bakkies gesien.
Mooiloop
Ps. Danie Lombard243??
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 11:22 am
by Katefbessie
[quote="tafjak"]Katefbessie
Hahaha, ja onthou te goed dat Henry jou guns probeer doen het. Die foto wat Cobus geplaas het was nie om die manne gas te gee nie. Eerder om te demonstreer hoe witbakkies uitstaan teen die agtergrond. Ook nie dat dit die praktyk is by die eienaars nie en het ek heelwat kamoefleer- en skadunette op die bakkies gesien.
quote]
Dankie oom Taf! Ek verf myne maar elke keer met die ou waterverfies, maar ek sien dat die verf maar ook agterbly in die krap merke. Ek is tans besig om 'n geldjie bymekaar te skraap om hom ook maar toe te plak, maar sal graag by oom en die ander ware kenners wil weet watse kleur die beste sal wees?
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 11:34 am
by tafjak
Katefbessie
Weet jy, ek is onseker watter kleur die beste werk - net wat nie werk vir my nie. Ek het reggekom met swart, bruin, groen en rooi.
Praat met Blok, hy het iewers gepraat van dat jy die viniel kan opspuit en dan is die sakie opgelos. Dink dit sal heelwat goedkoper as plak en waterverf op die einde wees.
Mooiloop
Mooiloop
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 11:44 am
by Danie Lombard .243
Camo en donker is beter bakkie kleur.
Wit en ligter kleur bakkies is verkeerd. Onprofesioneel. Laat kliente dink die jagter weet niks en het geen vermoe nie.
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 11:51 am
by tafjak
Danie
Hahaha, moenie so ernstig wees nie. Ek ken 'n paar manne wat kan jag en hulle gebruik witbakkies, nie seker of hulle in maanlig enige nette gebruik nie.
Kom ons hoor wat dink die kliente, ek het sterk vermoede wat hulle(die meeste) dink.
Mooiloop
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 11:56 am
by Katefbessie
Blokkie Blokkie Blokkie kom lui asb jou Klokkie!!.... Oom Taf ek wil nie oom se draad steel maar kan Blok sommer hier kom vertel van die Viniel?!
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 12:09 pm
by tafjak
Katefbessie
Jaja, laat hy vertel. Miskien kan ek meer teenkanting kry vir die draad. Dog ons gaan so biekie koppestamp, maar seker te laat in die jaar vir dit.
Mooiloop
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 12:19 pm
by NicoSmit
Ek het Donderdag gesien 'n wit bakkie is baie beter my wit Corsa het langs 'n donker gun metal Isuzu gestaan en die Isuzu se haelskade het meer gewys as die wit bakkie s'n!
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 12:23 pm
by cassie_calvinia
koop n ou landy, met hom kan julle oor berge, deur riviere, en heal kan maar slaan.
ek sal 'n nuwe bakkie darm te jammer kry om so te offroad!
ps:ry net n kan olie saam vir die diwwe!
maar, die mooi van die saak is, as die diwwe nog olie lek, dan weet jy sy olie is nog reg, as hy ophou, gooi so punt in!
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 12:26 pm
by johans
tertius@psgsa.co.za wrote:Ek stem saam oor die reuk want as jy in jou broek gebol het dan ga jy niks skiet nie dan kan jy ma jou geel / swart bakkie vat en huis waarts keer.
hoekom wil jy nou in jou broek bol?
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 12:40 pm
by NicoSmit
Ek het so ou Landy dink dit was 'n 2,7 side valve ses silinder gehad maar ek verskil oor die kan olie ry liewerste 'n paar kanne petrol saam hel daai ding was swaar op petrol jy kon nie eers met 'n calculator sy petrol verbruik uitgewerk kry nie en sy top spoed was 80km/h O amper vergeet ek hy was ook wit
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 1:07 pm
by Jassie
Ek hoor dat 'n jakkals 120 keer beter as 'n mens kan ruik (beslis baie beter as ek al is dit nie 120 keer nie) en kom ons glo dis waar en Jakkalse lê die hele dag op hoë grond in sy kerngebied, beslis nie om net te ruik nie, maar om te kan sien wat aangaan. So ons kan aanvaar dat hy nie heel blind is nie en moontlik beter as 'n mens kan sien ook.
Ek dink nie dus verregaande om te redeneer dat hy minstens net so goed as 'n mens kan sien. Of sy sig nou nie so kleurvol is nie weet ek nie, maar hy hardloop hom beslis nie die hele tyd disnis teen bosse en graspolle nie, selfs nie eers in die nag nie. (Hy gebruik beslis nie net sy reuk sintuig om die bosse en gras te "sien" nie.)
As ek, met my eie swak sig, dan nou die spierwit bakkie heel maklik in donker lig kan sien in die nag, hoekom sal 'n jakkals nie kan nie.
Ek dink hy sien beslis die donker voertuig ook in die nag, maar assosieer nie so maklik dat dit uit plek is in die omgewing waar daar meer sulke donker kolle is nie.
Die jakkals wat gaan sukkel om die wit voertuig in die nag te sien en met gevaar te assosieer, sal heel maklik van kant gemaak kan word, selfs van die donker voertuig af.
Groete
JAS
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 2:58 pm
by .220 Swift
Jakkals en kat jag is vir my 'n hobbie.
Ek maak geen geld daaruit nie en het geen verskuilde agendas nie.
Doen dit al vir jare.
En dit word al hoe moeiliker - nie makliker nie.
Wat wel verander het, is die hoeveelheid ouens wat tot die "hobbie" toegetree het. Om roofdiere te jag, is anders as om wildsbokke te jag . Dis hoekom ek dit geniet. En anders as wildsbokke, het roofdiere die vermoe om 2 en 2 baie vinnig bymekaar te sit. Ek kan ook my hande in onskuld was en se "dat ek nooit misskiet nie" (ha,ha, want ek is nie geld gedrewe om skote te waag nie) en nie 'n wit bakkie ens gebruik nie. So as dit nie ek - en ouens soos ek is wat die jakkalse leer nie - wie is dit? Nie een van die ouens wat - soos ek - die ding reg probeer doen, gebruik wit bakkies nie. (As jy dit op jou eie grond doen en die risiko is vir jou eie sak, dis jou besigheid )
Want dit lyk my, die meeste ouens begin - soos ek - opmerk dat ons deesdae met 'n anderster tipe jakkals te doen kry - veral hier in die Karoo. Hier is hulle kwalifaaid!
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 3:06 pm
by Armand9
By ons is dit fataal om die roeper op di bakkie se dak te sit,wat nog te se van n wit bakkie gebruik.
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 3:11 pm
by Dawie Malan
My bakkies sou nie wit gewees het as ons ou kalant DAWIE MALAN besluit het om vir ouboet groenewaldt aan te stel om my bakkie te was nie!!!!

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 4:14 pm
by Abrie Smit
Ek wil net vra, die wit bakkie ding. Is dit ook nie aan te beveel om met 'n wit bakkie tot op jou staan plek te ry al gooi jy die bakkie toe op die staanplek met kamo lap.
Tweede vraag. Wat is die norm by skiet van jakkalse. Skiet die manne met knaldempers of nie en hoe beinvloed die klap van 'n geweer die jakkals wat vir jou staan en kyk maar jy weet nie van hom nie. ( Jy is besig met sy maatjie) Ek is nie 'n voorstaander van 'n knaldemper nie, alhoewel ek vir my jakkals skiet gewere wel laat opsit het.
Dan wil ek net vir Louis baie dankie sê vir sy geduld Vrydag en Saterdag. Hy het vir ons 'n kursus aangebied in Keetmanshoop. Het baie by hom geleer en van dinge wat ons nie eens van geweet het nie of nie na opgelet het nie.
Mooi dag
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Posted: Mon Dec 02, 2013 6:41 pm
by tafjak
220 Swift
Dankie vir die sinvolle redenasie - klink of die manne nog lekker saam gaan gesels.
Mooiloop
Ps. Sien nou eers jou "location"