Page 2 of 2
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Wed Apr 23, 2014 11:07 am
by ROBBIE1
Nee Nico stem vir daai Doom!
Ding met meer as 4 en minder as 2 pote sukkel om in my omgewing te oorleef!
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Wed Apr 23, 2014 11:08 am
by NicoSmit
Wag tot daai ding sy m@#r strip en jou byt dan is hulle nie meer so oulik nie
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Wed Apr 23, 2014 2:37 pm
by Lamtjop
Dit is n fluweel spinnekop nie gevaarlik vir die mens nie!
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Wed Apr 23, 2014 5:53 pm
by Giepie
Blykbaar is hulle nie gevaarlik vir die mens nie. Die byt kan dalk 'n lelike seer veroorsaak. Hulle is relatief klein, 20-30mm.
Terloops, ek is nie 'n kundige nie. My seun moes as deel van sy studies uitkenning deeglik doen. Hy wys my maar net na die regte rigting. :-) Ek hou my maar net slim.
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Thu Apr 24, 2014 12:13 am
by LongWolf
Tarzan wrote:Kan iemand die een identifiseer
Dit blyk deel van die velvet familie te wees.
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Thu May 01, 2014 6:27 pm
by morne smith
Pragtige spinnekop Ian
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Thu May 01, 2014 6:35 pm
by morne smith
As jy hom nie gaan eet nie, moet hom nie doodmaak nie!
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Thu May 01, 2014 7:01 pm
by Tarzan
Ai, dit gee my darem weer so bietjie hoop om te hoor daar 'n paar ander manne wat nie net belang stel om koedoes te beskerm sodat hulle geskiet kan word nie. Dit gee my groot plesier om al hierdie klein goedjies ook in die rondte te sien. Tussen die volk en die doom sien ek nie juis 'n toekoms vir die "nuttelose klein diere en insekte" nie. My volk roei ook alles uit wat hulle skelm kan eet of wat kwansuis gevaarlik is. Dis regtig jammer. Dankie manne.
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Thu May 01, 2014 7:18 pm
by Hugov
Ek is baie lief vir my 8 poot pelle het nou 7 van hulle
Mexican Redrump
Curly hair
Chaco golden knee
Pink zebra beauty
Panama blonde
Indian ornamental
Chilean rose
Groete H
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 02, 2014 8:12 am
by Roger
grill tot in my onderbroek, wat nou skoon gemaak moet word...
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 02, 2014 8:15 am
by Frikkiedbr
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 02, 2014 12:15 pm
by morne smith
Komaan Roger. Los die bang en gril vir die meisies
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 02, 2014 2:52 pm
by Hercules Louw
Ian wrote:Ek en my seun ry Donderdagaand 'n draai en stop by die plaashuis en hy sien die Bobbejaan spinnekop by die agterdeur. Ek het dit laas gesien in 1990 by Madimbo en dit is seker een van die mooiste diere met agt bene.
Ian, jou bobbejaanspinnekop het my laat terugdink aan my diensplig dae. Ons het as 'n gemeganiseerde veggroep in Jan - Feb 1980 naby Messina in die bosse op 'n gereedheidgrondslag gelê tydens die onafhanklikwording van Rhodesië. Om so in die veld gekamoefleer onder skadunette vir 'n paar weke te wag dat iets moet gebeur, is erg vervelig.
Die manne het toe agtergekom daar is baie skerpioene en bobbejaanspinnekoppe. Die spinnekoppe se gate was rond en regaf, die skerpioene se gate was ovaal en skuins in die sand in. Dit was sulke reuse skerpioene, langer as van jou polsgewrig tot by jou vingerpunte. Die goed is toe natuurlik uitgegrawe en dan saam in 'n dixie gegooi. As hulle nie wou baklei nie, is die dixie net so effens warm gemaak oor 'n esbit vlam, dan was daar aksie. Die skerpioene het meestal gewen, daai gif is net te dodelik.
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 02, 2014 4:10 pm
by Tarzan
So ver ek weet, vat 'n bobbejaan spinnekop 'n maat totdat een sterf
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 02, 2014 4:17 pm
by Chevvy SS
Tarzan wrote:So ver ek weet, vat 'n bobbejaan spinnekop 'n maat totdat een sterf
Loop sit dan daai een terug, buite Suid-Afrika!
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Sat May 03, 2014 9:18 am
by Ian
Hercules Louw wrote:
Ian, jou bobbejaanspinnekop het my laat terugdink aan my diensplig dae. Ons het as 'n gemeganiseerde veggroep in Jan - Feb 1980 naby Messina in die bosse op 'n gereedheidgrondslag gelê tydens die onafhanklikwording van Rhodesië. Om so in die veld gekamoefleer onder skadunette vir 'n paar weke te wag dat iets moet gebeur, is erg vervelig.
Hercules
Ek was daar by Madimbo tussen Messina en die Kruger Wildtuin. Ons het ses maande daar in die veld gebly en ek het 'n monster van 'n Bobbejaan spinnekop daar gevang. Ek het nou weer water in hulle gate gegooi om hulle te vang en dit het baie goed gewerk. Ek en Majoor Taylor het skerpijoene gevang en hulle by die Bobbies gesit en dit was 'n gesig gewees om te sien hoe donder 'n Bobby 'n skerpijoen op.
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Wed May 07, 2014 5:32 pm
by theedge
Ian wrote:Ek en my seun ry Donderdagaand 'n draai en stop by die plaashuis en hy sien die Bobbejaan spinnekop by die agterdeur. Ek het dit laas gesien in 1990 by Madimbo en dit is seker een van die mooiste diere met agt bene.
Stem maat baie mooi
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Thu May 08, 2014 7:39 pm
by morne smith
Stem beslis saam
Re: My nuwe troeteldier
Posted: Fri May 09, 2014 7:43 am
by Eugene
Ek het nie enige fobie oor spinnekoppe nie, maar daai groot gelerige spinnekoppe wat mens in die bosveld kry en wat 'n web tussen die bome aan weerskante van 'n pad span, laat my 'n natkol in my broek los....
Veral as jy skemer agter op die bakkie staan en een van daai met die helfte van die web in jou gesig kry!
Dan skree ek soos Oscar en my meisiekind.....

Re: My nuwe troeteldier
Posted: Sat May 10, 2014 6:46 am
by morne smith
Jy praat nou van die wawiel spinnekop Eugene?