Page 2 of 3

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Tue Jan 20, 2015 11:43 am
by Askari
Ek het my aansoek gedurende November ingedien vir 'n 45-70 Marlin Guide Gun. Drie en 'n half weke later die kaartjie in my hand gehad

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Tue Jan 20, 2015 11:45 am
by soundzmad
Waar is jy Askari?

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Jan 22, 2015 6:59 pm
by junglejulian
Askari is ook vanaf Bloemfontein.

Ek het n lisensie aansoek 17 desember 2014 ingee en hy het by die stasie gele tot 9 Januarie 2015.10 januarie in PTa ontvang en Hy is gister goedgekeur.Ek kry maandag my kaartjie(Help baie as jy n springbok in die jagseisoen by jou Dfo afgelaai het).
Moet Se Parkweg stasie is baie effektief.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:37 pm
by JuanPaul
junglejulian wrote:Askari is ook vanaf Bloemfontein.

Ek het n lisensie aansoek 17 desember 2014 ingee en hy het by die stasie gele tot 9 Januarie 2015.10 januarie in PTa ontvang en Hy is gister goedgekeur.Ek kry maandag my kaartjie(Help baie as jy n springbok in die jagseisoen by jou Dfo afgelaai het).
Moet Se Parkweg stasie is baie effektief.
Bly vir julle part, smaak my ek moet Bloem toe trek myne is 25 Nov ingehandig en 18 Des by CFR en lĂȘ nou nog daar as "recieved".

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:27 pm
by Plaashaas
My vroutjie se pistool is al van die 25st Desember al vir "consideration" !! Ek dink die Col. Prinsloo saak gaan alles weer vertraag.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:32 pm
by ruaanb
Darem sms vandag gekry dat hulle nou aandag aan hom gee daar by pta.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Fri Jan 23, 2015 6:24 am
by goodstuff
More more,
Dink my lisensie was n record - by CFR 17 Desember 2014, goedgekeur 5 Januarie, kaartjie geprint die 12de Januarie en ek het gister my kaartjie opgetel by my local DFO.
O0

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Fri Jan 23, 2015 7:39 am
by Askari
soundzmad wrote:Waar is jy Askari?
E's van Bloem. Doen altyd my lisensies deur Bayswater SAPS. Nog nooit probleme gehad.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Fri Jan 23, 2015 9:46 am
by ruaanb
goodstuff wrote:More more,
Dink my lisensie was n record - by CFR 17 Desember 2014, goedgekeur 5 Januarie, kaartjie geprint die 12de Januarie en ek het gister my kaartjie opgetel by my local DFO.
O0
liewe ouers....lucky fish.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Fri Jan 23, 2015 11:56 am
by Hein (Haan)
Ek het my lisensie die 15 Des in gegee, vandag n sms gekry dat hy aandag geniet by die CFR.
Hoop dit gaan nou gou.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Fri Jan 23, 2015 12:01 pm
by Frederik
Het enige iemand dalk Garfontein DFO se direkte nommer?
My aansoek ingedien 15 Des en hy le nogsteeds daar laaste wat aan dit gewerk was, was die 8ste Jan.
Moet se dit is die eerste keer dat dit so gaan daar vorige twee aansoeke sou nou al goedgekeur gewees het.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Fri Jan 23, 2015 1:40 pm
by JacoW
Nee menere, julle is net bederf... My aansoek ingegee 22 Oktober amper drie maande by provincial gele en uiteindelik gister n sms ontvang dat hy by die CFR ontvang is... gaan lekker in Limpopo...

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Sat Jan 24, 2015 8:50 am
by Armand Steenkamp
JacoW selle hier by my... My aansoek le nou al langer as 2maande by die DFO..

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Mon Jan 26, 2015 9:45 am
by Hein (Haan)
Dis lekker as die plaaslike DFO sy werk doen, kan regtig nie kla oor Vryburg se DFO nie.
Hy sorg darem dat die papiere gou by die CFR uit kom.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Wed Feb 18, 2015 5:42 pm
by vlakvark1
Middel November aansoek ingegee vir my Howa 6.5x55. aansoek eers einde Januarie na cfr
vanaf Nelspruit
Laasweek vrydag gehoor aansoek is goedgekeur
Kaartjie gister gedruk en vandag gekry met my vuurwapen ;D ;D

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Wed Feb 18, 2015 7:05 pm
by Rudiejacobs
Ag ek wens nog!

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Wed Feb 18, 2015 8:23 pm
by ruaanb
9 dae na myne goedgekeur is maar nog geen kaartjie nie......

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Feb 19, 2015 10:04 am
by vriell
Wag nou al vanaf 4 Nov. Toe ek navraag doen gister word ek meegedeel dat geen navraag inligting
Gekommunikeer mag word nie en net te wag vir sms.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Feb 19, 2015 10:14 am
by matewis
Myne al 5 weke sedert sms vanaf CFR op 14 Jan. Lyk my ek het iewers onder 'n tafel beland..

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Feb 19, 2015 10:29 am
by Frederik
Nee wat hulle is maar weer besig in lae rat ingehandig 15 Des en is nou eers by file confirmation.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Feb 19, 2015 11:18 am
by Swede
Frederik wrote:Nee wat hulle is maar weer besig in lae rat ingehandig 15 Des en is nou eers by file confirmation.
Frederik wat beteken file confirmation?

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Feb 19, 2015 11:28 am
by HeinrichPrinsloo
Dit is n nuwe seksie wat hul opp gemaak het

Email vanaf n person by CFR -

"Its true that is a new section which was just open and that is where application from provincial send to, on arrival at head office it have that status. It will change to receive at cfr once they got it before they send to relevant section." "

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Thu Feb 19, 2015 11:58 am
by Swede
HeinrichPrinsloo wrote:Dit is n nuwe seksie wat hul opp gemaak het

Email vanaf n person by CFR -

"Its true that is a new section which was just open and that is where application from provincial send to, on arrival at head office it have that status. It will change to receive at cfr once they got it before they send to relevant section." "
Dankie nou verstaan ek ;D

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Tue Feb 24, 2015 2:32 pm
by soundzmad
vriell wrote:Wag nou al vanaf 4 Nov. Toe ek navraag doen gister word ek meegedeel dat geen navraag inligting
Gekommunikeer mag word nie en net te wag vir sms.
Dit het vir my die reuk van 'n leun.... :o Nog nooit daai probleem gehaad van stasie tot by sentraal nie. Ek sal die bevraagteken as ek jy is.

Re: Lisensies nou gouer. Koop nou!

Posted: Tue Feb 24, 2015 2:37 pm
by MichielC
soundzmad wrote:
vriell wrote:Wag nou al vanaf 4 Nov. Toe ek navraag doen gister word ek meegedeel dat geen navraag inligting
Gekommunikeer mag word nie en net te wag vir sms.
Dit het vir my die reuk van 'n leun.... :o Nog nooit daai probleem gehaad van stasie tot by sentraal nie. Ek sal die bevraagteken as ek jy is.

Bel maar net weer, ek het gisteraand gebel, en my aansoek status is met my meegedeel, nie wat ek wou hoor nie.

Ek wag ook al van 4Nov af.