Kyk,henslin wrote: Naand Gerhard
Lyk my jy is so half en half Bowtech???????. Kom nou mooi reg met my tooltjie ! Hoe gaan ek te werk om 'n pryslys op slick tricks ( en 'n paar ander goedjies ) van jou verskaffer af te kry ? Sien dat hy dit met slakpos kan stuur.
Wil dit graag vergelyk met die plaaslikke manne. Die diens hier is puik en ek kry die indruk dat die manne regtig nie te kwaai is nie. As dit net oor 'n paar velle gaan, gaan ek die plaaslike outjies se beste ondersteuner word !!
Hier kom nou die 1 000 000$ bekommernis vanaf die beginner. Op watter stadium is jy reg ( akkuraatheid en op watter afstand ) om te begin jagmaak op goete wat bloei ?
30 yarts met 'n 3" groepering - draw 60# - totale pylgewig 470gr ( slick trick magnum 125 ) Sal dit die varkie kan tem ? Het die naweek saam met 'n gesoute boogjagter gespeel en redelik gedoen op 40 yards. Dis bleddie oorsee vir ons manne wat varke skiet !! Daai lengte skoot sal jy nie in die aand op 'n bosvark in ons omgewing kry nie.
Laaste vragie. Daai sokkerbal wat jy jou beseerde ST op getoets het. Is dit geskik om BH op te oefen of wat beveel jy aan ?
Groete
Hier is hulle kontak besonderhede
http://www.archersedge.co.za/?page_id=260
Praat met enige van die manne.
Noem dat ek vir jou die kontak besonderhede gegee het en dat jy graag goed wil laat pos.
Onthou pos geld gaan bietjie ekstra wees baie van die boog winkels in die land kry hulle voorraad by die winkel in elk geval.
Dit is moeilik om te se wanneer n man reg is om met die boog te jag.
Onthou dit is baie moeilik om met die boog akkuraat te skiet in die donker.
Dan skiet mens meer op anker punte as om peep sight te gebruik.
Ek sou oefen tot ek op 20 yards ten minste n appel grote teiken kan raak skiet op 20 yards in die donker. Dan het n man die self vertroue om daai pyl deur die boiler room te jaag in die donker.
Dit is goed om ver te oefen soos 40 tot 50 yards. Dan sien n mens wat se fout mens maak makliker. As jy ook gewoond is om daai afstande te skiet is n 20 yard skoot baie "makliker"
Die bal op die foto is n "broad head bud" wat mens gebruik om jou broad heads in te skiet om seker te maak die broadhead skiet op die selfde plek as die oefen punt.
Laat weet as ek nog kan help.

