Page 2 of 2

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Tue Aug 18, 2009 3:19 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...How about translating the code for our English speaking members?  Or maybe Ambessa is more bilingual - shall we ask him to do it?
Eish, ingels is maar my vreemde taal and used strickltly for self defense... ;)

Ek weet Britsman sal 'n baie goeie job maak (with the help of mac21?)...

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Tue Aug 18, 2009 3:24 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
britsman wrote:        Well done.

              groete en sterkte
...stem saam met Britrsman. Knap gedaan.

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Tue Aug 18, 2009 7:22 pm
by Louis102
Francois Marais wrote: Louis
Dink jy ons moet aan so iets werk hier by ons, weet nie of dit nou al nodig is nie, maar miskien hoe gouer hoe beter. Laat weet maar, dit help mos nie ons registreer op di SA register nie????
Francois

Ek dink ons moet eerder 'n saamtrek re?l hier in Namibi?.  Dan kan ons bietjie die manne van die muise skei op die skietbaan en 'n jakkalsjaggie iewers organiseer.  Die manne van oorkant die Gariep kan kom saam kuier as hulle 'n pakslae op die skietbaan sal kan vat.  ;)

My opinie, op ernstiger noot, is dat ons op die selfde register registreer.  Hoekom nie?  Dis juis die verskeidenheid van mense op die forum, wat dit 'n wenresep maak.  Die lekker van die tegnologie is ook dat dit die w?reld so klein maak.  Namibie?rs behoort ook maklik gelys te kan word vanaf die register indien ons wel 'n aparte lys nodig het. (om bv. by ons boereverenigings te sirkuleer)  Ons deel tog die selfde waardes, so waarby sal enige een baat as ons 'n apparte register begin?

Verduidelik miskien bietjie meer, miskien verstaan ek nie heeltemal wat jy bedoel nie.  Of dalk kyk ek iets mis.

Sterkte
Louis

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Tue Aug 18, 2009 8:58 pm
by Louis102
projag wrote: Lyk dan daar is nie jagters nie.??? Of waar is die groot kanonne al gereg. --- kyk ek op die verkeerde plekke?
Projag

Baie goeie vraag waaroor ek self wonder.  Ek het gehoop jy kon my help met die antwoord.

Louis

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Tue Aug 18, 2009 9:01 pm
by britsman
Louis,
               
Louis102 wrote: How about translating the code for our English speaking members?  Or maybe Ambessa is more bilingual -
              So tussen ons (Mac & Ambi ) sal ons dit kan doen.

      groete,
                 brits

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Tue Aug 18, 2009 11:22 pm
by tafjak
Francois
Quote from: Francois Marais on August 18, 2009, 11:27:53 AM
Louis
Dink jy ons moet aan so iets werk hier by ons, weet nie of dit nou al nodig is nie, maar miskien hoe gouer hoe beter. Laat weet maar, dit help mos nie ons registreer op di SA register nie?
Registreer op die Register, dit sal dit tog nie saak maak waar jy die jakkalse wil skiet nie. Amerika het tog nie jakkalse nie en net miskien kan ons(jy) gevra word om golden jackals in Tanzania te gaan skiet, wat 'n voorreg sal dit nie wees nie.

Taffie

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Wed Aug 19, 2009 9:37 am
by Francois Marais
Taffie

Thanks vir die uitnodiging, het reeds so gedoen.

Mooi loop
Francois

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Fri Aug 21, 2009 1:54 pm
by Ambessa
Hallo Britsman / mac21
britsman wrote:...So tussen ons (Mac & Ambi ) sal ons dit kan doen.
...I will follow the cue.

Mooi loop.

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Wed Nov 18, 2009 8:06 pm
by Ambessa
Hallo almal

Na 'n stilte van 5 weke is daar nou 29 name op die lys.

Mooi. Dalk is daar nog 'n paar wat dit oorweeg...?

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Sat Nov 21, 2009 9:28 pm
by Ambessa
Hallo almal

...en toe is daar 30 met Jaracal.

Dit is 2 1/2 dosyn.

Mooi en sterkte aan julle almal.

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Wed Nov 25, 2009 8:29 pm
by Ambessa
Hallo almal

...en toe is daar 33 (voorlaaste aansluiting was twee jagters).

Dit is 2 3/4 dosyn.

Wie twyfel nog aan hierdie inisiatief?

Soos altyd, mooi en sterkte aan julle almal.

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Thu Nov 26, 2009 12:23 pm
by tafjak
Ambessa

Jy hou hierdie spasie mooi dop en reg so ook. Daar is 'n area in die Ooskaap(Crodock/Graaff-Reinet/Nieu-Bethesda/Middelburg) wat nou sterk leun op Professionele jagters om die jakkalsgetalle laag te hou. Nou al 3jagters wat vir sekere tye van die jaar gekontrakteer is. Dit is nog net die punt van die ysberg, dinge raak al warmer om jagters in die hande te kry. So, ons sal dan hierdie spasie gebruik om die nuus oor te dra.

Taffie

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Thu Nov 26, 2009 6:44 pm
by Ambessa
Hal Tafjak
tafjak wrote:...Jy hou hierdie spasie mooi dop en reg so ook...  ...wat nou sterk leun op Professionele jagters om die jakkalsgetalle laag te hou... ...al 3jagters wat vir sekere tye van die jaar gekontrakteer... ...die punt van die ysberg, dinge raak al warmer om jagters in die hande te kry... ...hierdie spasie gebruik om die nuus oor te dra.
Dankie, goeie gedagte om die info deur te gee.

Ons moet die info hier bymekaar hou dan is dit makliker om die vordering en aktiwiteite te volg.

Ambessa

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Fri Nov 27, 2009 2:05 pm
by CHRIS
Taffie ek hoor Jason wat op kursus was begin ook nou in Middelburg skiet, ek is baie bly, want die beste ou van Middelburg het nou geretire en ons ander skiet net hier om die kooi(vroeg uit en 12h00 in bed.

groete
Chris

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Fri Nov 27, 2009 3:50 pm
by Cois
Chris

Jong jy moet se as julle nog jagters soek, kan altyd daar verby kom. ;D ;D ;D

Groete
Cois

Re: Professionele Gedragskode

Posted: Fri Nov 27, 2009 3:59 pm
by JACQUES BOTHA
COIS
SJIE SJIE KYK HOE BREK DIE JONGMAN NOU !!! (MOOI GEDOEN HOOR)
CHRS
EK IS NOU NIE N PRO WAT VOLTYDS JAG NIE, MAAR IS AL SO 10 JAAR PLUS IN DIE JAKKALS JAGTERY BETROKKE EN WAS SOMMER NET SO AANDJIE UIT MERT COIS. EK IS BEINDRUK MET DIE MANNETJIE HY HET GEDULD EN AS BOER KEN HY DIE VELD EN NATUUR, HY IS EEN VAN DIE TOP JONG MANNE WAT EK AL GESIEN HET IN DIE VELD, EN EK HET AL N PAAR MANNE GELEER EN N PAAR JONG MANNE WAS AL UIT SAAM MET MY . HIERDIE COIS WIL JAG EN DIE BONUS IN DIE PAKKET IS HY HET VOORGEVOEL.. OP DIE EERSTE STOP PLEK DINK EK SO SAGGIES BY MYSELF COIS HIER GAAN NIKS GEBEUR NIE...TOE EK UITKLIM OM ROEPER UIT TE SIT, SE COIS VIR MY DIT LYK NA N DOOIE KOL DIE, MAAR KOM ONS PROBEER MAAR...
DIE OU HET MOOI NAAM GEMAAK AMPER 20 IN DRIE NAGTE UITGEHAAL EN HY VERSTAAN WAAROOR JAG GAAN...
COIS SE GELUK AAN DIE MANNE WAT JOU TOUWYS GEMAAK HET EN  WEES TROTS OP JOUSELF.. JY HET MOOI GELEER EN IS NOGSTEEDS BEREISD OM MEER TE LEER SONDER OM WINDGAT TE WEES.  GELUK COIS,,,JY IS OP DIE REGTE PAD ..

tAFFIE EN TOMCAT AS JULLE N MAN SOEK ... DINK MAAR SELF..