Ons hervat op dag 2 van ons Neefs Jag…
Nou hierdie gaan nie so exciting wees soos daai Koedoe bul jag… maar kom ek begin met die stats:
2 x jagters, te voet!
1 x pensionaris turned “spotter” (my Oom)
1 x 1000 hektaar jag kamp
1 x Custom .243 Ackley (aka Lelik)
1 x Stock Standard Weatherby Mark V .270 Win (aka Reaper)
Eind telling: 9 bokke en 3 varke
2 x mis skote
0 x kwes skote
Soos ons by die plaashek uitstap, en die boer vra ons een laaste keer “Ouens is julle seker julle wil stap-jag, my bokke is wild??” besef ek ons het n taak te verrig vandag en alles moet in plek val.
Net voor ons split, Mellies regs en ek links (sien julle n patron hier?)… vra Mellies vir my: “Challenge?? Verste Kopskoot??”
Ek se dis reg en stap aan. Wag n bietjie…. Ons moet darem op n gelyke speelveld wees!! “Mellies, draai daai Z5 se vergroting af na x12 dan is die challenge aan!!
En so draai ek my rug op my neef, kry so lekker smile op my gesig, en dink saggies by myself… vandag gaan die ou boring 270 vir n 243 Ackley wys wies baaaas! Hahaha
Eerste op die spyskaart is Rooi Ribbok, siende dat hulle nog kromrug in die son op die oostelike hellings van die rantjies staan, is dit die beste tyd om hulle te kry.
Dit was nie lank en ek spot 2 troppe so 2km aan die anderkant van die jagkamp. Tyd die stalk te beplan.
Kyk, as Lady Luck saamjag en Murphy bly weg, dan is dit darem lekker. Ek begin net my stalk toe my Oom roep op die draadloos dat hy n trop nader aan ons gespot het. Ek loop toe in daai rigting en le aan op n rammetjie, afstand… 331m.
Dis die lekker ding van Ribbokke wat se olie nog koud is… Die hele trop staan doodstil asof hulle van wax gemaak is en net daar vir n uitstalling is. (en neee, ek het nie n knaldemper op nie)
Die skoot breek die koue oggend stilte en ek skiet die ram heeeeeltemal mis, so kop is darem bitter klein op daai afstand. (vir my altans)
Ek laai toe maar n 130gr Accubond vir n blad skoot, en Reaper stuur hom teen 2980fps downrange en hy val na so 10m morsdood.
DSCN5752.jpg
Nie lank daarna hoor ek n skoot in die verte… Mellies roep en se dis n misskoot wat hy op n Springbok ooitjie gemaak het.
Ek begin toe maar die lang stalk agter baie wilde Blesbokke aan. Die goed is so wild hulle skrik vir mekaar as die een dalk net poep in die trop… en dan sit hulle sommer nog n km of twee tussen my en hulle!!!
Uiteindelik kan ek naby genoeg kom en skiet toe my eerste Wit Blesbok Ram ooit. Baie happy.
DSCN5755.jpg
Weereens hoor ek n skoot van n klein kalibertjie iewers ver, en dis Mellies, die keer darem n Springbok gedrop. En nie lank daarna skiet hy ook n Wit Blesbok ooi met n baie mooi “Saddle” van bruin op haar rug.
b047a5d9-f9e3-4741-bcbb-c633ae6e69b4.JPG
Net so vir info… die spesifieke Ooi… die boer is n paar jaar terug R400k vir haar aangebied… maar daai bubble is lank al gebars en Mellies drop haar vir R1200 hahaha
So gaan die dag aan en ek stalk van ver af n klein vark wat alleen eet. Kry seker een van die lekkerste skiet plekke om van af te skiet, en kon selfs n video van die skoot maak.
Skiet hom in die regter oog met n 130gr BT. Ek dink hy was dadelik dood!
Nie lank daarna, kom ek op Frikkie en Cedric af, twee varke wat “frolic” in die stof op so 200m! Ek skiet vir Cedric eerste, en soos varke baie keer maak as die een drop en bietjie skop nog, die aander staan rond en kyk hom aan! Ek hoor hoe skree Frikkie vir sy boyfriend… “KOOOOOM CEDRIC, DIE MAN SKIET OP ONS BL*&KS£$M”
Maar dit was n fout ou Frikkie… en ek stuur hom ook vark Hemel toe met hartskoot in die bors.
Intussen het Mellies ook n ribbok geskiet.
Die dag trek water en ek kort nog n springbok maar hulle is mal wild en kom nie verby my nie.
Ek besluit toe ek gaan eerder n RHB skiet en begin die trop stalk. Kry toe n lekker plek bo op n koppie en maak myself tuis vir n kopskoot. 272m. Dis nou nie baie ver volgens sekere mense, maar tot op die punt behoort dit die challenge te wen!
Hulle weet nie van my en staan rustig in die laat middag son. Die 130gr BT vang die Bul net onder sy regter oor, en hy val in sy eie vellies net daar neer.
Dit blyk ons is klaar gejag en die boer kom met sy Cruiser om bokke te laai, maar oppad na die Noorde van die kamp waar Mellies is… hoor ons iemand en iets wat kwaad is en oorlog maak!
Mellies en Lelik het op n paar Springbok ramme afgekom, en ek hoor 3 skote binne 30 sekondes. Klink soos n SA Jagters skiet dag met die 50m vryhand na die Wildebees teiken!
Die resultaat…. Sien foto hieronder. Almal so 200m.
Wat n dag van stapjag, 12 diere tussen ons twee. Die 270 het die 243 AI pak gegee met die verste kopskoot en geen bokke is gekwes nie!
Mens kan nie vir beter vra nie!
Dankie Mellies en Oom Lawry, weereens n bevange jag en kuier saam met julle!
Ek sit sommer n paar ander nice pics by, een van my stap roete, my nuwe gunsteling mes ens...