My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by BSniperEM »

My eerste Koedoe Bul… (vir die rekord)

Wel… dis eintlik nommer vier maar die eerste drie tel nie, so n vinnige veduideliking is in orde...

2003 – Nag, baie gewere op bakkie, meer as een mens het geskiet, was n gemors en ek glo nou nog nie een van die raak skote was myne maar die manne het so gese. Ook nie my eie geweer.

2017 – Na twee dae van groooot Oos Kaap berge stap , sien ons baie maar kry niks, laaste aand gaan ons met bakkie uit om elkeen darem n vleisie te kry, sommer so naby die huis in n land, jong bul.

2018 Mei – Baie jong bullejie, was net gelukkig om basies in hom vas te loop en op 20m te skiet.

Anyway… 2018 Julie.

Ek en my neef wat al so 15 jaar op familie plaas jag om vir hulle vleis te bring, word die laaste paar jaar nie meer genooi. Lyk my die klein neefies is nou groot en ons dienste vir vleis verskaffing word nie benoding.

Ons gaan nou nie dat family-politics ons jag belemmer en sommer gou-gou reel ons met n ou skoolvriend om vlakte wild en berg Koedoes by hom en sy bure te jag.

My 2018 Jag seisoen het goed afgeskop met n baie lekker groep jag in die Noord Kaap, my roere is reg, my kop is reg en ek het geweet, DIE jaar is my beurt.

Nou oor die jare op die familie plaas het my luck as volg gegaan… Ons begin stap, split op, ek links en neef regs. 10 min later loop hy in Koedoes vas en skiet een. Die volgende jaar gaan ek regs en hy links om die kloof en natuurlik is Murphy daar en hy jaag die Koedoes na my neef toe. Toe nooi my Oom sy vriend saam, ek en my neef slaan dieselle rigting in… en sal dit nou wees dat die gas-jagter in 5 bulle vasloop en een skiet! Ai, maak n man moedeloos!

So breek 19 Julie 2018 aan en ons is vroeg aan die voet van die Oos Kaap berge, die ryp le wit, daar is nie n wolk in die lug en dis amper windstil. My hart klop en ekt nog nie eers begin stap.

Die twee 300’s, Finch en Ntwadumela word uitgehaal. Finch eet 180gr BT’s en Ntwadumela kan nie wag om n 200gr Accubond na n Koedoe te stuur teen 2930fps uit sy True Flite uit nie.

Die drie vans ons (my Oom is ons spotter) split op om so baie groot kom bo op die berg te omsingel. Neef links, ek regs en my Oom reguit na n koppie om vir himself n klip in n bos te kry, op sy gat te sit en te begin glass vir ons.

Dit was nie lank en die doodse stilte word gebreek deur n radio en die woorde “Koedoes, 3 bulle bymekaar”

En dit sal mos nou wees dat my Oom en Neef die naaste aan is en hulle albei het die bulle in sig! Ek is opgewonde maar mismoedig terselfde tyd, Murphy is alweer hier lyk my!!!

Hier is waar ek nou vir my neef moet dankie se, hy roep en se dat hy my 30 min gee om in posisie te kom, en dan gaan hy skiet.

So begin die stalk… en ek loop n baie wye draai om laag te bly en nader te kom. So 2 km later, tussen vlakvarke, rooi ribbokke deur en Koedoe koeie wat hoog bo die bulle staan en eet, is ek so 500m van hulle.

Soos ek die storie tik, sweet ek alweer en my hart klop in my keel, en eks nie eers naby die jagveld nie!!!

Die laaste 120 m gaan ek van crouch na kniee en toe leopard crawl om posisie agter n besem bos in te neem en myself eers te kalmeer.

3 bulle word toe 4…. En 4 raak toe 5!!! Hulle weet nie van my!! Droom ek??? Hoe is dit moontlik dat ek na soveel jare myself in die posisie vind????!!!

Hulle horings ia almal min of meer selfde lengte, en ek range die een wat ek dink is die grootste. 322m

Ek raak rustig en le aan… die Swaro BRH merkie van 345m mooi op die bul geplaas…. 3…2….1… asem uit…. NEEE! Stap en eet hy agter n bos in!!

Ek besluit toe om vir n ander bul, wat lyk of hy selfde afstand is te gaan. Hy kyk reguit in my rigting, staan en bak in die winter son en face my klein bietjie quatering on.

Hier gaan ons… 3…2…1… asem uit…squeeze die Timney saggies soos my matriek-dans-date….BOOOOM!! Die 300 praat, ek voel geen recoil, en sien die bok krom trek van n bors skoot in my follow through.

Janee, en soos enige ervare Koedoe jagter jou sal vertel…. Wie kan raai wat volgende gebeur???

Bul nommer 6 maak sy verskeining in n oopte… net lank genoeg om sy massiewe horings te wys, vir my n pit te druk en saam met sy vriende die pad te vat!!!

My bul hardloop so 200m en gaan le toe soos die bes opgeleide Berg Koedoe in die wereld… in die middle van die pad by n oop hek! Dankie ou grote, en jammer ekt jou seer geskiet!!!

Dit was soos ek al so baie gedroom het, alles behalwe dat ek graag wou he hy moet dadelik val en dat sy horings 60” + moet wees ++>:

Ek range toe weer en neem fotos van die skietplek, en besef ek het fout gemaak… afstand 381m. Gelukkig het ek hom baie laag in die bors gevang, en die Accubond is by sy regte bobeen uit. Nog 3” drop en dit sou mis wees.

My EERSTE Koedoe is nou wel nie n monster nie, maar dit was alles wat mens soek in n Koedoe jag in die berge.

Dankie aan my spotters en my neef dat hy my die kans gegee het om eesrte te skiet!!

Ek wag nog vir die horings se mates, maar hy het n respectable 140kg uitgeslag.

Hiermee n paar foto’s.

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by BSniperEM »

Nog n paar...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Chevvy SS »

Bly vir jou Sniper!
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Springkudu »

Ai, wat 'n lekker storie. Dankie vir die deel, baie spesiaal. Daai is sommer 'n baie mooi bul. Well done, geniet die vleis.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Stephan86 »

Great storie en baie geluk!
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Koos Barnard »

'n Mens jag net een keer in jou lewe jou eerste koedoe (jy het mos gesê die ander drie tel nie). Veels geluk! Dit maak nie saak hoe groot die horings is nie. Jy het gewerk vir hierdie bul en hom geskiet op die manier wat jy graag wou... dis die belangrikste. Ek hoop daar is nog vele koedoes in die toekoms vir jou en die .300's.
Mooi loop
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by ruaanb »

Baie geluk! Ek kan my vereenselwig met daai gevoel.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Supacow »

Is beide 300's se backup koele accubonds?
Ek neem aan Ntwadumela is in Khaki en OD?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
GooseMan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by GooseMan »

Baie Mooi bok en mooi horings!
Baie geluk
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by FHM »

BKSM man begin my snawel ook droograak so met jou storie-lees.
Dis mos hoe n man se eerste kudu moet gaan - myne op hoerskool in die berg geskiet , moes daar uitmekaarhaal en afdra, was amper vrek, maar dankbaar.

Baie geluk ou maat! ;)
Last edited by FHM on Thu Aug 02, 2018 7:13 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Dolf014 »

BSniperEM wrote: en gaan le toe soos die bes opgeleide Berg Koedoe in die wereld… in die middle van die pad by n oop hek!
Jy kan mos nie so n koedoe skiet nie................ hy moes eers sy pelle hier in die Noord Kaap kom klas gee waar om te val!!!!! :laugh: :laugh: :laugh:

Baie mooi storie en baie geluk

Gelukkig is ek klaar met die stigma van "berg koedoe" :confused:
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
ChristoK
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by ChristoK »

Mooi gedoen!
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by toelie »

Bevange skoot en dit is darem n heel aanvaarbare bul daai.

Geluk
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Frederik »

Geluk mooi gegooi.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by savage(P Coetzer) »

Mooi man! Ek sien Mellies pronk daar in die kiekie!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Supacow »

savage(P Coetzer) wrote:Mooi man! Ek sien Mellies pronk daar in die kiekie!
...met n vleisie.....
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by FrancoisW »

Mooi skoot en dankie vir die lekker storie. Baie geluk
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Ashley »

Jou 1ste Koedoe bul is regtig n wonderlike ondervinding vir meeste...
Baie geluk man, storie baie mooi vertel!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Diesel Dog »

Geluk mooi vertel . Ek moet nog my eerste koedoe bull jag het al 'n paar in die Khomas hoogland geskiet .

DD
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Flip Nel »

Baie Geluk, Mooi storie
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by BSniperEM »

Dankie almal!

Ek sit nou eers en lees weer en herleef die hele jag... en toe onthou ek dat my neef ook later n Koedoe geskiet het! :):

Ons stap toe verder en split weer op. Die bulle is maar skaars en hier teen middagete, kom Mellies op n troppie koeie af. Hy radio my en se hy gaan nou eers posisie inneem en wag om te sien of daar nie dalk n bul uitkom, anders gaan hy n mooi koei skiet (n vriend my my het een gesoek vir vleis)

Nou ek ken al my neef en wat hy bedoel met "posisie inneem" hier teen lunch tyd is dat hy eers gaan picnic hou, en dan so uur slaap :laugh: :laugh: Meantime se hy dat hy "hou die Koedoes dop" jajaja!

Na wat voel soos 58 ure... hoor ek Finch se kenmerkende klank annekant die koppie.

Mellies roep en se hy het toe maar die koei geskiet want daar beweeg niks anders rond.

Hy het haar van n klein klipbank, onderste bo in n bos ingeskiet. Definitief nie so goed beplan soos my Bul wat in die pad gaan le het nie! ++>: ++>:

Die 180gr CTBT teen 3100fps het die lang-kop-koei vinnig uit haar herkouende daaglikse roetine gesit met n mooi kopskoot. Sy het regtig n kop soos die 2018 Durban July wenner gehad!! :laugh: :laugh:

Sy het 104 uitgeslag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Geno »

Lekkerte! Geluk!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by BSniperEM »

Supacow wrote:Is beide 300's se backup koele accubonds?
Ek neem aan Ntwadumela is in Khaki en OD?
Mellies skiet 180gr BT en Accubonds afhangende die skoot, bok ens ens

Ek skiet net 200gr Accubonds vir jag en dan ook 190gr VLD vir gongs speel.

Ja, Ntwadumela is myne in Coyote Tan en OD.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by BSniperEM »

But wait.... there is more!!

Dag twee van die jag se storie en pics is oppad sodra ek n kans kry... stay tuned!
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)

Post by Jaco B »

Baie geluk en baie mooi vertel....

Ons wag nou in spanning vir "chapter 2".
Post Reply