Page 2 of 5

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 13, 2024 2:48 pm
by Frederik
Lekker Zane, mooi vleis al die pad.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 13, 2024 3:38 pm
by J le Roux
Screenshot_20240613_153642_Gallery.jpg
Bosvelder skiet 'n BWB bul in die Vrystaat 8)

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 13, 2024 3:55 pm
by Ockert1992
Middag julle,

Kon darem ook laasweek my rekening oop maak met die 2:

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jun 18, 2024 7:40 am
by Dolf014
Ockert1992 wrote: Thu Jun 13, 2024 3:55 pm Middag julle,

Kon darem ook laasweek my rekening oop maak met die 2:
Ockert; Waar skiet mens n gemsbok?
Daniel; WAAR SKIET MENS n ELAND????? Langs die gemsbok!!! ::) ;D

Geluk Ockert, twee swaar diere daai gewees.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jun 18, 2024 7:36 pm
by pwdejager
Ons het laas week gaan jag naby Rietbron en was verstom oor hoe baie reen hulle gekry het. Ek het nog nooit die karoo so nat gesien nie. In die een kamp kon ons op verskeie plekke nie deur die bos nie, omrede dit nog baie nat en modderig was. Water het ooral gestaan.

Ons het n baie suksesvolle jag gehad, en twee nuwelinge kon ook hulle eerste bokke skiet.
WhatsApp Image 2024-06-15 at 12.55.12_69eb901f.jpg
WhatsApp Image 2024-06-15 at 13.51.24_a0805a25.jpg
WhatsApp Image 2024-06-15 at 13.51.51_40371d2d.jpg

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jun 18, 2024 7:38 pm
by pwdejager
Nog so paar mooi bokke
WhatsApp Image 2024-06-15 at 13.51.23_cd8205e4.jpg
WhatsApp Image 2024-06-15 at 13.51.54_6d5128f5.jpg
WhatsApp Image 2024-06-15 at 17.39.29_381ddf8d.jpg

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jun 18, 2024 8:05 pm
by Louisdewet
Die Karoo is bitter mooi op die oomblik. Selfs Laignsburg tot Beaufort Wes is mooi groen. Hierdie bokke kom uit Hofmeyr laas naweek.
Image
Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Tue Jun 18, 2024 8:08 pm
by Louisdewet
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jun 19, 2024 6:54 am
by Frederik
Geluk raak ek nou lus vir so springbok jag in die karoo.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Wed Jun 19, 2024 7:11 am
by PhilManders
Dit lyk baie lekker. Wat was gemiddeld die afstande waarop jy daai springbokke geskiet het?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 10:37 am
by Capt. Yoda
Ons het ook gisteraand van ons jag by C.G.O.G outfitters by Gariep af gekom, wat n plaas of plase!

Tussen 7 manne het ons dam die volgende oor 4 dae laat bakkie ry.

3 Koedoes
1 Rooibok
3 Springbokke
1 Gemsbok
1 Waterbok
5 RHB
3 SWb
3 Varke
1 Eland
1 Bllesbok

Ek het nie baie fotos van die ander manne nie maar hier is my RHB en SWB wat ek op die laaste middag geskiet het, daai 108gr ELD skiet n springbok se kop van sy lyf af so ekt maar daai fotos gelos.

7.jpg
6.jpg
4.jpg
Daar word 310 dae uit n jaar by die outfitters gejag so daai bokke is wild as hul n cruiser sien rond ry, ons het hulle later maar in die berge begin voor sit wat nogal diep lekker was

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 10:38 am
by Capt. Yoda
Jongman se eerste Koedoe
2.jpg
1.jpg

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 11:08 am
by Gian_dP

Capt. Yoda wrote:Jongman se eerste koedoe
Baie geluk! Lyk of julle baie lekker gejag het!

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 11:11 am
by Kaalvoetthysie
Capt. Yoda wrote:Jongman se eerste Koedoe
2.jpg
1.jpg
Aitsa! Baie geluk


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 1:03 pm
by J le Roux
PhilManders wrote: Wed Jun 19, 2024 7:11 am Dit lyk baie lekker. Wat was gemiddeld die afstande waarop jy daai springbokke geskiet het?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Goeie dag Phil

In ons geval in die OVS oop vlaktes met bakkiebekruip metode 2 naweke gelede het die springbokke op 180+ en Blesbokke op 250+ gewei as jul hul ooit binne skoot kry stilstaan.

Skietafstande hang af van hoe wakker en wild die bokke al geskiet is, jagmetode area ens.

In die bosveld is blesbokke en springbokke maar dom en redelik vervelig om te skiet omdat dit nie hul natuurlike habitat is nie. In die vlaktes kom hul egter tot hul reg en moet jy weet van wind lees en koeel trajekte.

Op diesefde Vrystaatplaas was daar rooibokke. Hulle was weer so mak dat niemand besluit het om een te skiet nie.
Screenshot_20240620_130521_Gallery.jpg

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 5:13 pm
by PhilManders
J le Roux wrote:
PhilManders wrote: Wed Jun 19, 2024 7:11 am Dit lyk baie lekker. Wat was gemiddeld die afstande waarop jy daai springbokke geskiet het?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Goeie dag Phil

In ons geval in die OVS oop vlaktes met bakkiebekruip metode 2 naweke gelede het die springbokke op 180+ en Blesbokke op 250+ gewei as jul hul ooit binne skoot kry stilstaan.

Skietafstande hang af van hoe wakker en wild die bokke al geskiet is, jagmetode area ens.

In die bosveld is blesbokke en springbokke maar dom en redelik vervelig om te skiet omdat dit nie hul natuurlike habitat is nie. In die vlaktes kom hul egter tot hul reg en moet jy weet van wind lees en koeel trajekte.

Op diesefde Vrystaatplaas was daar rooibokke. Hulle was weer so mak dat niemand besluit het om een te skiet nie.
Screenshot_20240620_130521_Gallery.jpg
Het daai broer van my hom darm gedra?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Thu Jun 20, 2024 8:00 pm
by Glocked
17189060420011.jpg
17189060227780.jpg
Het 2 weke gelede so vinnige uitstappie gehad vir Blesbokke in die Chrissiesmeer omgewing. Eerste bokke geskiet met die 6.5PRC, was 2x blesbokke.

Die lang naweek in die berge spandeer wes van Naboomspruit. Ek het dit goed gedink om die 6.5 oor die skouer te dra, "PH" styl, en dan sit plek te kry iewers in die klowe en koedoes te soek, te kan beplan en te probeer bykom van daar af, soos in MeatEater :laugh:

Ek was amper dood om daai swaar roer so rond te dra, maar nietemin, dit was die moeite werd. Kon die unieke bul skiet, op 459m. Baie spesiale bul en ervaring gewees.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Fri Jun 21, 2024 7:17 am
by Apie
Image
Springbok ram
Walk and stalk 45m skoot
6x45 gelaai met 100gr Interlock @ 2600fps
Quartering towards gestaan
Koeël is op voorpunt van skouer in en agter laaste rib aan teenoorgestelde kant uit.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Fri Jun 21, 2024 8:26 am
by JF123
Meeste plekke waarvan ek weet raak ongelukkig as mens 'n "tagged" bok skiet. Jy is duidelik iemand met konneksies. Dui die rooi oormerk iets spesiaal aan?

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Sun Jun 23, 2024 8:39 pm
by Apie
JF123 wrote:Meeste plekke waarvan ek weet raak ongelukkig as mens 'n "tagged" bok skiet. Jy is duidelik iemand met konneksies. Dui die rooi oormerk iets spesiaal aan?
Nee wat, dis al ‘n redelike senior ram en hy het genoeg kans gehad om ‘n nageslag te laat!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 10:53 am
by saswart
EK het bietjie die naweek in die verre Noorde gaan jag. Hierdie 3 ramme gekry. Groot ram was 26 7/8 en 27 3/8. Foto's ongelukkig nie beste nie, moes maar self probeer met timer.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 10:57 am
by Jaco vdW
Baie mooi rooibokke!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 12:48 pm
by Frederik
Massiewe rooibok baie geluk.

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 1:10 pm
by DWB
Liewe genade Mr Swart!!!!!!!! Welgedaan!

Re: 2024 Jag Fotos

Posted: Mon Jun 24, 2024 1:22 pm
by Glocked
Jis dis 'n m@#rse rooibok daai ! Goeie werk !