Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Hugo »

junglejulian wrote:.Al waar ek kan dink dit werk is as jy uitsluitlik vir die trofee jag en nie omgee oor die vleis nie.vir n skouermontering behoort so n bok makliker te slag agter op die haarlyn van die nek

Julian

Ek reken as iemand n trofee dier so ophang gaan daar meer as net paar merke agterbly op die trofee, jy gaan die hele kuip vol swart merke los as j sulke tension op die vel plaas veral om die nek en die gesig.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by henning »

Eugene wrote:Johan, ek hang altyd 'n bok onderstebo vir die bloed om uit te loop waar die nek en kop afgesny is..... Dis maar al hoekom ek kan dink dat ons manne dit anders om doen....

Dalk bloei oorsese bokke en varke nie.... ;) >:D
Ek stem.

Daardie ander metode dink ek gaan die bok te los hang en rond beweeg of draai as jy aan hom begin werk.
Dan moet jy hom van vooraf vang dat hy stil staan.

Groete
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by ROBBIE1 »

Ek dink daars paar redes om n bok aan die skeen te hang.
1. Bloei beter uit,
2. Pens uithaal is verseker makliker,
3. As iets besmet met mis, is dit n rib, en kan dit afgesny word, nie duur vleis soos die boud nie,
4. Eties lyk dit net nie korrek om n dier aan sy nek te hang nie, dis nie n galg nie!
5. Abattoir voorskrif bepaal dat n dier aan die agterbeen gehang word.

Dis nou maar net 5 wat ek gou aan kan dink.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Johan Nel »

ROBBIE1 wrote:Ek dink daars paar redes om n bok aan die skeen te hang.
1. Bloei beter uit,
2. Pens uithaal is verseker makliker,
3. As iets besmet met mis, is dit n rib, en kan dit afgesny word, nie duur vleis soos die boud nie,
4. Eties lyk dit net nie korrek om n dier aan sy nek te hang nie, dis nie n galg nie!
5. Abattoir voorskrif bepaal dat n dier aan die agterbeen gehang word.

Dis nou maar net 5 wat ek gou aan kan dink.
Robbie as ons op abattoir voorskrifte moes werk tydens jagte, sou die oorgrote meerderheid manne knie diep in die moeilikheid gewees het, maar dis nie heeltemal die norm wat geld nie, gesonde verstand wel, dus is nommer vyf nou nie heeltemal vir my so geldig nie ++>:
Hoe dit ookal sy, my afleiding wat ek maak is dat vir ons is dit primêr maar 'n voorkeur of afkeur aan 'n bepaalde metode, lyk dit vir my, wat bepaal hoe om die bok gehak word. Ek moet saamstem mbt die wegkeer van die massa bloed wat mens kry by 'n long en hartskoot dier. Ek het al telkemale waargeneem dat waar 'n bok 'n hart en/of longskoot geskiet is, daar 'n massiewe hoeveelheid gestolde bloed uit die borskas stort wanneer die borskas oopgesny word. Dit maak vir my sin dat dit dalk beter kan wees, in so 'n geval, dat die bok kop ondertoe hang en die bloed so stort, teenoor deur die maagholte en dalk oor die boude wanneer dit kop boontoe sou hang.
'n Saak wat ek wel oor wonder en dit is oor die relevansie van hang en uitbloei (Hier het ek nie 'n kundige opinie nie, ek vra ouens wat meer daarvan weet). Ek kan insien dat wanneer 'n bok geskiet en dadelik keelgesny word, dat dit sin maak om die agterlyf dadelik gelig/gehak te kry, dat die bloed kan uitvloei. As ek egter 'n bok geskiet het en na 'n uur by die slagplek met die bok kom en afslag, watter mate van uitbloei kan nog plaas vind? Om die scenario van die hart/longskootbok hierbo te neem, daardie bloed wat uit die borskasholte stort is al klaar gestol. Gaan 'n bok dus noemenswaardig uitbloei na so 'n verlengde periode van dood tot slag/hang?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Foxcreek »

As jy 'n bok aan sy kop ophang, en jy het hom klaar afgeslag (binnegoed uit,pote, kop en vel af), waaraan gaan jy hom dan hang, want sy kop is dan verwyder?

Ek het al altwee maniere probeer en met die kop na bo swaai die karkas vir my te veel rond terwyl jy slag. Sodoende slag 'n man nie mooi nie.Jy sukkel om die vel vinnig en effektief te verwyder en klomp vleis bly op die vel agter. Met die boude na bo is die karkas vir my baie beter "ge-anker" en swaai nie so rond nie en so slag ek die mooiste met geen vleis wat op die vel agterbly nie.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Koos Barnard »

Nou wil ek duiwelsadvokaat speel. Het sommige manne dan nog nie geleer om self die pens uit te haal nie - in die veld voor jy die bok laai. Geen bok van my word so met opgeblase pens opgehang nie. As die plaaseienaar nie pense in die veld wil laat le nie maak ek voor die tyd 'n reeling en dra swartsak saam. Dan haal ek die pens uit sit dit in die swartsak en as die bakkie kom laai ons alles op.
Mooi loop
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Johan Nel »

Koos Barnard wrote:Nou wil ek duiwelsadvokaat speel. Het sommige manne dan nog nie geleer om self die pens uit te haal nie - in die veld voor jy die bok laai. Geen bok van my word so met opgeblase pens opgehang nie. As die plaaseienaar nie pense in die veld wil laat le nie maak ek voor die tyd 'n reeling en dra swartsak saam. Dan haal ek die pens uit sit dit in die swartsak en as die bakkie kom laai ons alles op.
Mooi loop
Koos,
Ek gaan maar die aas vat en eerlik antwoord. Nee, ek het nog nooit nie. Ek besef wel die meriete daarvan. Ek moet ook eerlik beken dat die afslag van die diere eers die afgelope paar jaar vir my erns geword het, bedoelende dat ek self my bokke afslag. In die verlede het ek wel hand bygesit, maar dit beskou as die slagters se joppie. Nie meer nie, so 'n tydjie terug was ek by 'n omie waar ek 'n rooibok geskiet het, in Messina se wereld. Daar was nie krag daar tensy hulle die kragopwekker aansit nie. Hulle het ook nog 'n vleiskamer wat basies 'n oop vertrek is met gaas en ogiesdraad toegespan. Uiteraard werk so 'n vertrek slegs goed in die winter. Met ons vertrek wou ons die bok gou boude en blaaie sny. Die oom was half opgetrek teenoor my oordat ek nie in staat was om die boude met slegs 'n mes los te sny nie. Ek moes vinnig op standaard kom met hom!
Die ander manne moet maar ook kom antwoord hier... :-[
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by NEGE3 »

Stem saam met jou Koos. Maak ook maar so.
By meeste van die plase waar ek jag het die gidse gewoonlik twee rigting radios en die bok word baie gou opgelaai. Ek dink dit kan ook afhang van die terrein waar jy jag. In berge en klowe kan dit egter 'n ander storie wees. Ek moes eenkeer 'n eland omtrent opsny om hom berg af te kry. Sal nooit weer so groot dier in sulke terrein skiet nie. Dit was omtrent 6 ure se werk om daardie bok bergaf te kry. ++>:
Groete,
Koos de Beer
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Koos Barnard »

Johan
Vir 'n eerlike antwoord het ek baie respek.

Nege3
Ek moes my buffel self so uitmekaar sny - was dom genoeg om dit in die berge te skiet. Die plaaseienaar was 'n jongman van die stad, hy het niks gedoen nie. Daar was net twee werkers op die plaas. Hulle pad gekap vir die bakkie. Dus was dit ek, die huisbediende en die plaaseienaar wat staan en kyk het. Ek was net mooi klaar met die uitmekaar sny toe die twee plaaswerkers daar opdaag. Ek het een boud gevat en begin stap. Toe ons by die bakkie kom het die GPS gewys die buffel le 800m soos die kraai vlieg maar ons moes met die kontoere langs stap dus verder. Dit was baie harde werk.

Die laaste koedoe wat ek uit 'n berg gedra het was in Suidwes (2005 dink ek). Ek het hom laatmiddag geskiet, pens uitgehaal en plaasopstal toe gestap nadat ek my baadjie oor hom gegooi het. Die eienaar se toe die jakkalse sal my koedoe met baadjie en al opeet ons met hom gaan haal. Op die plaas was daar een jong Herrero werker, dis al. Die plaasbaas en sy pel was glad nie gretig om hand by te sit nie. Ek het die koedoe toe daar opgesny en terwyl die ander manne lig die bul stuk-stuk sowat 200m afgedra tot by die berg se voet. Behalwe vir een blad het ek alles afgedra. Hoop nie ek hoef dit gou weer te doen nie.
Mooi loop
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by henning »

Johan Nel wrote:
Koos Barnard wrote:Nou wil ek duiwelsadvokaat speel. Het sommige manne dan nog nie geleer om self die pens uit te haal nie - in die veld voor jy die bok laai. Geen bok van my word so met opgeblase pens opgehang nie. As die plaaseienaar nie pense in die veld wil laat le nie maak ek voor die tyd 'n reeling en dra swartsak saam. Dan haal ek die pens uit sit dit in die swartsak en as die bakkie kom laai ons alles op.
Mooi loop
Koos,
Ek gaan maar die aas vat en eerlik antwoord. Nee, ek het nog nooit nie. Ek besef wel die meriete daarvan. Ek moet ook eerlik beken dat die afslag van die diere eers die afgelope paar jaar vir my erns geword het, bedoelende dat ek self my bokke afslag. In die verlede het ek wel hand bygesit, maar dit beskou as die slagters se joppie. Nie meer nie, so 'n tydjie terug was ek by 'n omie waar ek 'n rooibok geskiet het, in Messina se wereld. Daar was nie krag daar tensy hulle die kragopwekker aansit nie. Hulle het ook nog 'n vleiskamer wat basies 'n oop vertrek is met gaas en ogiesdraad toegespan. Uiteraard werk so 'n vertrek slegs goed in die winter. Met ons vertrek wou ons die bok gou boude en blaaie sny. Die oom was half opgetrek teenoor my oordat ek nie in staat was om die boude met slegs 'n mes los te sny nie. Ek moes vinnig op standaard kom met hom!
Die ander manne moet maar ook kom antwoord hier... :-[
Johan, jy moet vir jy n hand vleis saag kry wat saam met jou gaan as jy jag. Ek gaan jag nooit sonder myne nie.
Jy sal verbaas wees wat jy kan vermag met so n hand vleis saag, en hy werk vinnig, sonder moeite.

Groete
Henning
Last edited by henning on Sun Mar 02, 2014 8:35 pm, edited 1 time in total.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by TOKELOS »

Hier is ek darem nie skuldig nie. Nie seker maar oor ek so vol geite is oor my vleis.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Johan Nel »

Ek stem Henning. 'n Leatherman saaglem op die multitool werk ook nogal handig as niks anders byderhand is nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by henning »

Johan Nel wrote:Ek stem Henning. 'n Leatherman saaglem op die multitool werk ook nogal handig as niks anders byderhand is nie.
Johan, hoe sit ek nou lekker en glimlag oor jy met jou leatherman.
n Leatherman was darem nie wat ek in gedagte gehad het nie maar, soos jy se, dit sal nogal help as jy in die knyp is.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by wlm »

Koos Barnard wrote:Nou wil ek duiwelsadvokaat speel. Het sommige manne dan nog nie geleer om self die pens uit te haal nie - in die veld voor jy die bok laai. Geen bok van my word so met opgeblase pens opgehang nie. As die plaaseienaar nie pense in die veld wil laat le nie maak ek voor die tyd 'n reeling en dra swartsak saam. Dan haal ek die pens uit sit dit in die swartsak en as die bakkie kom laai ons alles op.
Mooi loop
Koos
Gelukkig het ek mak perde. Ek het 'n Gemsbok sowat 'n kilometer ver van die bakkie geskiet tussen die ysterklip-koppe. Ek en my twee plaasmanne was gelukkig voorberei met skoon voersakke, messe en saag. Ons het die gemsbok se pens en harsslag verwyder, sonder om die bok af te slag die boude en blaaie afgesny. Die boude en blaaie is in skoon voersakke gesit en oor die een perd se saal gelaai. Nadat die ribbes af gesaag is, is die nek/rugstring en die ribbes oor die ander saal gelaai. Die harslag en die pens (net die mis uit geskud) is in 2 voersakke gegooi en oor die skouer gedra.
Ek weet daar is manne wat my sal roskam oor die vel se stukkend sny maar my vleis het silwerskoon en sonder moeite by die bakkie gekom.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by PWV »

wlm wrote:

'n Boer maak 'n plan!! ><)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Eugene »

Ek dink mens raak lekker gemaklik met die slagters en hulp op party jagplase en verleer dan soms om sekere goed self te kan doen....

Het verlede jaar op 'n plaas gejag wat nie normaalweg laat jag nie en die slagters glad nie opgelei is om bokke te slag en te "cape" nie.... Het my amper 'n uur gevat om die eerste gemsbok te "cape" en die binnegoed uit te haal! :-[ Dit het darem hier teen die 3de gemsbok weer bekend begin voel, maar ek is daai aand redelik vroeg slaapsak toe.... Ek verkies maar om die bok met die agterbene op te hang en dan die pens uit te haal. Dis juis my "pens" wat my verhoed om dit sittende of gebukkende, in die veld te doen..... ;)
Aim small, miss small
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Fritz »

Pieter Willem Vorster wrote: Ek het 'n Gemsbok sowat 'n kilometer ver van die bakkie geskiet
Sjoe oom Pieter daai is darem 'n lang skoot al was dit van die bakkie af!!!! :laugh: :laugh:
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by PWV »

Fritz Hagen wrote:
Pieter Willem Vorster wrote: Ek het 'n Gemsbok sowat 'n kilometer ver van die bakkie geskiet
Sjoe oom Pieter daai is darem 'n lang skoot al was dit van die bakkie af!!!! :laugh: :laugh:
Fritz Hagen, ek weet nie waar en wanneer ek dit gesê het nie, maar as jy die gereedskap het, kan jy dit doen! 8)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Eugene »

Pieter Willem Vorster wrote:

Ek sê mos altyd om nie 'n 308 vlak te kyk nie..... ;) ;) ;)
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Eugene »

BRNO (Pierre) wrote:Ruhan verneuk lekker!! Met daai mooi fotos het hy my arm gedraai om sy .375H&H by hom oor te koop, teen n massiewe prys :angel:

Ek spot sommer. Hierdie is regtig mooi fotos!!

Wanneer ek in die veld is, en sit en rus erens, of voorsit ens, en my geweer staan erens teen die mik van n boom, kry ek myself gereeld dat ek n foto of twee neem.
Peer, vertel bietjie watter kamera het jy! Om daai lelike gewere van jou af te neem, het mens seker 'n redelike sterk lens nodig.... ;) ;) ;) >:D >:D >:D
Aim small, miss small
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by VdWalt »

Eugene wrote: Ek sê mos altyd om nie 'n 308 vlak te kyk nie..... ;) ;) ;)
As dit met 'n 308 was, het die gemsbok net 'n blou kol gehad....bo op sy rug.... ++>:
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by ROBBIE1 »

Ek haal nooit pens in die veld uit nie. Oral waar ek jag word die bokke vinnag gelaai, ekt werklik nog nooi vir n uur vir n bakkie gewag nie, dis vir my net plain weg swak bestuur dan, die plaas eienaar moet gereed wees, hy weet mos hyt jagters! Jy kan pens uithaal, maar wat van stof as hy vervoer word?

Een ding wat min mense nog van bewus is, is die nuwe gesondheid wet op wild. Die boere sal maar almal aandag aan hulle slagplekke moet begin gee. Daar is gesondheid voorskrifte wat nagekom moet word, en ja dit gaan geld kos, maar dit is tot voordeel van almal, veral die jagter wat se vleis net onder beter omstandighede en meer higienies geslag sal wees. Dis wel koel in die winter, maar om so in die oopte te slag, tel n karkas bakterie op, en verkort dit die leeftyd van jou vleis.

Bergskiet is maar n probleem, dis ook hoekom ek dit haat met n passie!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Koos Barnard »

Robbie
My jagtery verskil so ietwat van ander mense s'n. Ek jag alleen, soms baie ver van bakkies of mense af, en op plekke soos by my twee vriende in die Moordenaarskaroo is daar nie selfoonontvangs of tweerigting radio's nie. Dan dra 'n springbok of vaalribbok net soveel makliker as jy die pens en sommer die harslag alles uithaal. Ek hou maar daarvan om dinge op my eie te doen. Vriend Org Hamman het my al baie vertel dat die oorlog lankal verby is, ons hoef nie meer swaar te kry en te sukkel nie, maar solank my gesondheid hou is dit maar die manier wat ek verkies. Maar... selfs al word my bok binne 'n uur gelaai verkies ek steeds om die pens so gou as moontlik uit te haal. Die stof-ding is darem nie so 'n groot probleem nie, glo my ek is nogal vol fiemies maar ek het nog nooit met vuil vleis gesit nie.

So doen elke man maar die ding op sy manier. Solank ons net aan die jag bly, dis al wat tel.
Mooi loop
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by ROBBIE1 »

Nes jy se Koos, dis die selle soos n man wat n tent wil opslaan in die bos, en die ander een wat n bediende soek om sy skottelgoed te was en bed op te maak!

Lekker jag!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by BRNO (Pierre) »

Eugene wrote:
BRNO (Pierre) wrote:Ruhan verneuk lekker!! Met daai mooi fotos het hy my arm gedraai om sy .375H&H by hom oor te koop, teen n massiewe prys :angel:

Ek spot sommer. Hierdie is regtig mooi fotos!!

Wanneer ek in die veld is, en sit en rus erens, of voorsit ens, en my geweer staan erens teen die mik van n boom, kry ek myself gereeld dat ek n foto of twee neem.
Peer, vertel bietjie watter kamera het jy! Om daai lelike gewere van jou af te neem, het mens seker 'n redelike sterk lens nodig.... ;) ;) ;) >:D >:D >:D
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/BBJag015.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/BBJag014.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/BBJag013.jpg
Veiligheid eerste manne!
Post Reply